kategorieë: Dra dit soMode

Bederf jou bates

Hoe anders kan ons vrouwees vier, as deur elegante onderklere. Deesdae is daar bra’s en broekies wat by enige uitrusting of liggaamstipe pas. Wanneer ’n vrou onderklere dra waarvan sy hou, voel én lyk sy goed. Maar wie sê gemaklik kan nie ook mooi wees nie? Bederf jouself en dra alle soorte kant en sy sagkuns teen jou lyf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vir ’n bloes met ’n lae hals, kies ’n bra wat jou borsgleuf beklemtoon.
Hierdie sagte, draadlose bra, bied gemaklike ondersteuning terwyl jou borste natuurlike vorm behou (H&M, R199).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Sagte kantbroekie kan jy onder enigiets dra en altyd sexy voel (Playtex, R229.95).

Wie sê onderklere moet net onder jou klere gedra word? ’n Kamisool lyk net so vroulik by ’n broek met ’n kantsoom afgerond met sy. Boonop laat die sagte satyn jou die hele dag soos ’n droom voel (H&M, R529).

’n Nagrok sê jy is sexy, maar gemaklik en jy’t goeie smaak (Cotton On, R399).

Hierdie lyfbroekie is ’n wenner wanneer jy daardie kurwes onder ’n noupassende rok wil beklemtoon. Met ’n ligte ondersteuning om die middel, bied hierdie broekie gemak, maar met die soomlose voorkoms van ’n “g-string” (H&M, R199).

Met die regte ondersteuning kan jy selfs wanneer jy oefen op jou beste lyk en voel. ’n Goeie sportbra laat jou oor een iets minder bekommer wanneer jy met daardie sweterige kardio besig is (Triumph R399,95).

Deel
Gepubliseer deur
Daniela du Toit

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.