kategorieë: WenkeSkoonheid

Sonskerm en branderige oë

Ek het onlangs sonskerm (’n baie goeie een) te naby aan my oë gebruik. My oë het so getraan en vir ’n paar uur lank geswel dat ek besluit het om hierdie artikel te skryf (en volgende keer meer simpatiek gaan wees as my kinders kla oor sonskerm wat hulle ogies brand)!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dr. Ian Webster, dermatoloog en eienaar van die aanlynwinkel dermastore.co.za, gee raad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Definisie van jou oog-area: die vel rondom en naby jou oë en ook jou ooglede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Mense met sensitiewe oë en vel rondom die oë moet eerder fisiese sonskerms gebruik en versigtig wees om dit te naby aan hul oë te wend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is ’n fisiese blok?

  • Dit bevat mineraal-bestanddele soos titanium-oksied (beskerm teen UVB, maar nie teen volle spektrum UVA nie), of sink-dioksied (beskerm teen UVB en UVA).
  • Die superfyn natuurlike metale wat ’n lagie bo-op jou vel vorm (en nie geabsorbeer word nie), sodat die UV-strale nie jou vel kan binnedring nie.

Hoekom laat sonskerm jou oë brand?

  • Chemiese/nie fisiese sonskerm bevat chemiese bestanddele soos preserveermiddels (wat nodig is om die produk se integriteit te behou).
  • Sonskems wat alkohol bevat kan ook jou oë irriteer, so vermy sonskerms wat dit bevat naby jou oë.
  • Fisiese sonskerms sal minder geneig wees om jou oë te irriteer en as dit in jou oog kom, sal dit ook minder irriterend as ’n chemiese sonskerm wees.

Hoe verskil sonskerm vir jou oë van sonskerm vir jou gesig of lyf?

Dit is spesiaal geformuleer vir die dunner en meer sensitiewe vel rondom jou oog-area. Dit word ook so gemaak dat die nie hardloop en smeer en so in jou oë beland nie.

Hoe lyk die ideale sonskerm vir jou oë?

  • Hoë faktor SPF50+
  • Breë spektrum wat teen UVA en UVB beskerm
  • Droë aanraak formule met ’n mat afwerking sodat dit nie smelt en in jou oë loop nie
  • Fisiese blok of een met minder chemiese bestanddele. Die meeste sonskerms bevat ’n mengsel van fisiese en chemiese bestanddele.

Probeer hierdie produkte

Oogkundige groep Mellins i-Style, deel raad oor hoe om jou oë tydens die somermaande te beskerm. Lees meer onder.

6 feite oor visie en die uitwerking van die son op jou oë

  • Jou oë kan sonbrand kry.
  • UV-sonstrale wat weerkaats is net so gevaarlik soos direkte sonstrale.
  • Water weerkaats tot 100% UV-sonstrale.
  • Oggend (08:00 tot 10:00) en laatmiddagson (14:00 tot 16:00) is twee keer meer beskadigend as die middaguur om 12:00.
  • 5-10% van velkankers ontwikkel op die ooglid as gevolg van oormatige blootstelling aan UV-sonstrale.
  • Bewolkte dae kan net so skadelik wees vir jou oë omdat ongeveer 40% van UV-sonstrale jou oë in die buitelug bereik.

Daar is gewoonlik ’n rede vir die duur prys wat mens soms vir ’n sonbril betaal en dit het gewoonlik te doen met die kwaliteit van die lense en die raam. Daar is egter baie goedkoper sonbrille beskikbaar wat soortgelyke beskerming bied as die duurder handelsname. Dit is belangrik om te onthou om altyd ’n sonbril te kies wat UV-beskerming bied en wat ten minste 99% tot 100% UVA- en UVB-strale blokkeer, of wat sê ‘UV400-beskerming’. Die rede is dat langdurige blootstelling aan die son se strale tot oogprobleme soos katarakte, kanker van die ooglid, skadelike vergroeisels op die oog self, en keratitis (of sonbrand van die oog), kan lei. Dit kan selfs die agterkant van die oog beskadig.

Volgens die Amerikaanse Visieraad (US Vision Council), kom 5-10% van velkankers op die ooglid voor as gevolg van oormatige blootstelling aan UV-sonstrale. Fel sonlig tydens die somer kan amok maak met visie en ooglede, maar dit is ook belangrik om te onthou dat verskeie ander faktore benewens skadelike sonstrale die ooglede kan aantas.

Probeer hierdie nuwe sonbrilstyle wat albei UV-beskerming bied:  Foto’s Tom Ford (SDM Eyewear)

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.