Beeld van ’n vrou: Katherine Johnson

Beeld van ’n vrou: Katherine Johnson deur Corlia Fourie. Hooffoto: Shutterstock/Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Katherine Johnson is op 24 Februarie 2020 op die ouderdom van 101 oorlede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Beeld van ’n vrou: Katherine Johnson

Katherine Johnson se wiskundige talent was so formidabel dat sy die berekeninge moes nagaan wat die eerste rekenaars by NASA gemaak het. Die ruimtereisiger John Glenn het byvoorbeeld daarop aangedring dat sy die data moes nagaan voordat hy in 1962 die eerste Amerikaner geword het wat in die Friendship 7-ruimtetuig om die aarde gereis het. Haar berekeninge was ook net so belangrik vir die sukses van die Apollo-maantuig soos Neil A. Armstrong se eerste tree op die maan.

Katherine het op 24 November 2015 die presidensiële medalje vir vryheid vir haar werk in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama, ontvang. Sy het dit  stellig as haar grootste verering beskou, want dié besondere vrou het die toekennings ingeryg, nie net eredoktorsgrade nie, maar ook NASA-eerbewyse. ’n Nuwe Nasa-sentrum, die Katherine G. Johnson Computational Research Facility, is ook na haar vernoem.

Katherine is op 26 Augustus 1918 in White Sulphur Springs in Wes-Virginië, Amerika, gebore, die dogter van Joshua en Joylette Coleman. In ’n tyd toe die meeste swart Amerikaners skaars hul hoërskoolloopbane voltooi het, het Joshua geglo geleerdheid is die hoeksteen vir sukses en het besluit dat ál sy kinders universiteitsopleiding moet kry. Met dié doel voor oë het hy sy hele lewe lank oortyd gewerk.

Katherine het geglo haar sukses was te danke aan die atmosfeer in haar ouerhuis. Waar ander kinders gespeel het, was “die mense in my huis altyd besig om iets te leer. En ek het baie van kennis gehou”.

Om op te tel en af te trek, was vir haar groot pret. Haar intense belangstelling in syfers het daartoe gelei dat sy verskeie standerds “gespring” het. Op tien was sy al reg vir die hoërskool.

Haar pa het besluit dat sy slim dogter die beste skool moontlik moet bywoon, en hy en sy gesin het getrek sodat sy die hoërskoolkampus van die histories swart West Virginia State College kon bywoon. Haar pa se ondersteuning het vir Katherine geweldig baie beteken. Dat hy die regte besluit geneem het, was duidelik toe sy op 14 haar laaste skooleksamen afgelê het. En hoewel sy in wiskunde uitgeblink het, het haar ma haar ook al die tradisionele take geleer wat gewoonlik met “vrouewerk” vereenselwig word.

Die hoërskoolhoof het die eerste saadjies vir haar loopbaan in die ruimte geplant. Katherine het so ywerig op skool en ook ná skool aan projekte gewerk dat dit in die winter dikwels donker was wanneer sy huis toe gegaan het. Die hoof het dan saam met haar gestap en die konstellasies aan haar uitgewys. ’n Familievriend en ’n lektor by die universiteit, het van Katherine se gawe vir syfers geweet en haar oortuig dat wiskunde haar toekoms is. Sy het gou die hele sillabus onder die knie gekry en ’n mentor in prof. W. W. Schiffelin Claytor gekry. Hy was die eerste swart Amerikaner wat ’n Ph.D. in wiskunde behaal het. Hy het vir haar gesê dat sy in die wieg gelê is om navorsingswerk in wiskunde te doen. Katherine het op 19 met die hoogste lof gegradueer en dieselfde jaar nog (1937) het sy as onderwyser by ’n swart openbare skool in Virginië begin werk.

Sy vertel dat sy op skool en universiteit goed gevaar het omdat sy so nuuskierig was. “Ek het altyd vrae gevra, selfs as die onderwysers en lektore my geïgnoreer het. My hand het doodeenvoudig in die lug gebly totdat daar aan my aandag gegee is.”

Toe Wes-Virginië besluit om die universiteite vir gegradueerdes te integreer, het hulle dit stil gedoen. Daar was geen aankondiging of koerantberigte nie. Dr. John W. Davis het Katherine en twee swart manstudente gekies om aan die toonaangewende West Virginia-universiteit te studeer. Hoewel Katherine in daardie tyd ’n belangrike besluit oor haar toekoms geneem het, het sy tog vir ’n nagraadse wiskundeprogram ingeskryf. Maar reeds aan die einde van die eerste sessie het sy haar besluit aangekondig: Sy en haar man, James Francis Goble, wil met ’n gesin begin en sy sien nie kans om terselfdertyd verder te studeer nie.

Toe haar drie dogters hul babaskoene ontgroei het, en kanker by James gediagnoseer word, het sy weer gaan skoolhou. Haar oudste dogter, Katherine Moore, vertel dat haar ma elke middag reguit huis toe gekom het om haar pa te versorg. Sy het dit tot op die einde met die grootste liefde gedoen en nooit gekla nie.

Intussen het NASA se voorganger, die National Advisory Committee for Aeronautics, (NACA) in 1935 die “ongewone” stap gedoen om vroue aan te stel. Dié vroue moes vervelige en presiese werk doen soos die meet en die berekening van toetse in die windtonnel. In ’n tyd voor elektroniese rekenaars het die vroue die werkstitel van “rekenaar” gekry.

In die Tweede Wêreldoorlog is ook swart vroue as “rekenaars” aangestel. NACA was so in hul skik met die resultate dat hulle die “rekenaars” ná die oorlog behou het. Die wit en swart vroulike wiskundiges het ná die Tweede Wêreldoorlog in afsonderlike groepe vir vlugnavorsing bly werk.

In 1953 het ’n familielid vir Katherine vertel dat daar poste vir “swart rekenaars” by die Langley Research Center’s Guidance and Navigation Department is. En dis hier waar Katherine se merkwaardige wiskundige vermoëns die beste gebruik kon word. Daar was nog nie ’n Amerikaanse ruimteprogram nie en vlugnavorsing is by Langley gedoen. (Dit was die voorloper van Houston se Johnson-ruimtesentrum.) Net twee weke nadat sy op ’n proefbasis daar aangestel is, is sy ’n projek in vlugnavorsing aangebied en haar tydelike werk het gou permanent geword. Haar werk was hoofsaaklik om groot syferkolomme te balanseer en komplekse berekeninge in haar kop te doen.

Die volgende vier jaar het sy die data van vlugtoetse ontleed en ook die data in die swart bokse van neergestorte vliegtuie ondersoek. Sy was so te sê klaar met dié werk toe haar man in Desember 1956 aan kanker oorlede is. Drie jaar later is sy met kolonel James A. Johnson getroud. Die pastoor van hul kerk het hulle aan mekaar voorgestel.

Volgens Katherine was die “swart rekenaars” die beste, want die manlike ingenieurs het verkies om saam met dié groep te werk. Katherine dink dis omdat al die swart vroue naskoolse opleiding gehad het, terwyl sommige van die wit vroue nooit op universiteit was nie.

Katherine het in ’n onderhoud in 2011 vertel dat die vroulike wiskundiges nooit dieselfde respek as die manlike ingenieurs gekry het nie, maar dit het haar nie gepla nie. “Vroue kan enigiets doen wat mans kan doen. Soms het vroue selfs meer verbeelding as mans. Mans gee nie aandag aan die besonderhede nie. Hulle stel net in die antwoord belang, nie in die stappe wat jy volg om daarby uit te kom nie.”

Sy het toegegee dat sy geweldig hard gewerk het, “maar,” het sy bygevoeg: “ek het elke etenstyd brug gespeel”. Sy het daarin geglo dat jy harde werk met pret moet afwissel om goeie resultate te kry. Maar dan was dit ook altyd vir haar heerlik om met syfers te goël.

In 1957 is die Russe se Spoetnik 1 die ruimte in. Dit was die wêreld se eerste kunsmatige satelliet. Spoetnik was min of meer so groot soos ’n strandbal en het 83,6 kg geweeg. Die satelliet het binne 98 minute om die aarde gewentel. Dié lansering het nuwe politieke, militêre, tegnologiese en wetenskaplike ontwikkelinge meegebring. Spoetnik het die begin van die ruimte-eeu en die ruimteresies tussen Rusland en die Verenigde State ingelui.

Die afvuur van die satelliet het ook ’n hele omwenteling in Katherine se lewe meegebring. Daar was druk dat Amerika nie agter moet raak nie. In 1958, die jaar ná Spoetnik 1, het Katherine meegewerk aan die Amerikaanse dokument Notes on Space Technology.

Toe die ruimteprogram ’n aanvang neem, was sy in ’n span saam met manlike ingenieurs en die mans het opdragte gekry, maar niemand het haar gevra om die vergaderings by te woon nie. Toe sy vra om ook by te wees, is daar gesê dat vroue nie dié vergaderings kan bywoon nie. “Is daar ’n wet daarteen?” wou sy weet, “want as daar nie so iets is nie, gaan ek.”

Katherine het ondervinding van rekenmasjiene gehad voor sy by NACA aangesluit het en daarom was sy goed voorberei toe die agentskap dié tegnologie begin gebruik het. NACA was ook aan die begin bang om op elektroniese rekenaars staat te maak, veral omdat die berekeninge die lewe of dood van die ruimtevaarders sou beteken. Hulle het meer vertroue in Katherine se vermoëns gehad.

Op daardie tydstip was sy die regte mens op die regte tyd op die regte plek, ook omdat sy maklik nuwe tegnieke baasgeraak het as “rekenaar” het Katherine die trajek vir Alan Shepard, die eerste Amerikaner in die ruimte, uitgewerk vandat die vuurpyl afgevuur is totdat Shepard in die see geval het. As haar berekeninge uit was, sou NASA nie weet waar om hom op te pik nie.

Selfs nadat NASA elektroniese rekenaars begin gebruik het, het verskeie ruimtevaarders haar gevra om die berekeninge voor hul ruimtevlugte persoonlik na te gaan. Daar was groter vertroue in haar vermoëns as in dié van die rekenaars.

Sy het tot in 1986 vir NASA gewerk waar daar altyd aanvraag was vir haar wiskundige vermoëns wat sy uiteindelik met elektroniese rekenaarvaardigheid gekombineer het.

Verskeie webwerwe

Vir nog verhale oor sterk vroue, loer hier.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.