Beeld van ’n vrou: Margaret Roberts

Beeld van ’n vrou: Margaret Roberts deur Corlia Fourie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Margaret Roberts, die kruiekoningin van Suid-Afrika, se naam was baie jare lank sinoniem met ’n gesonde leefstyl, geurige kragkosse en plante as natuurlike geneesmiddels. Sy is op 4 Maart vanjaar op 79 ná ’n kort siekbed oorlede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met baie geesdrif en liefde vir kruie en ’n gesonde lewe het sy lesings by verskeie instellings gegee, onder meer by die Margaret Roberts Herbal Centre op haar plaas by De Wildt naby die Hartbeespoortdam. Sy het ook vir plantkunde- en biologiestudente aan die Universiteit van Pretoria klas gegee, TV- en radioprogramme aangebied, sowel as bydraes vir tuintydskrifte geskryf.

Ná kruie het organies gekweekte groente en vrugte met ’n hoë vitamien- of minerale-inhoud as supervoedsel vir ’n gesonder lewe bygekom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy het die kruiesentrum 35 jaar gelede begin en dit saam met haar dogter Sandy opgebou uit ’n paar vervalle geboue en dorre veld na hoe dit nou is.

Julia Lloyd, subredakteur by Country Life, en Margaret het vriende geword nadat sy jare lank saam met die kruiekoningin aan artikels gewerk het, eers vir Garden and Home en toe vir Country Life. Julia beskryf Margaret as ’n sonderlinge vrou.

“Sy het soveel entoesiasme oor plante gehad en soveel energie dat jy net nie kon byhou nie. Margaret is seker een van die onselfsugtigste mense wat ek geken het. Sy het nooit omgegee om haar kennis oor plante met almal te deel nie.

“Sy het haar laventelversameling begin met vyf lote wat sy by haar ouma gekry het. Sy het klein begin en met harde werk so ver gekom. Sy het van die begin af organies geboer, jare voordat daar so ’n begrip was. Op haar plaas is nooit chemiese sproei of kunsmis gebruik nie.”

Ek was een keer, jare gelede saam met ’n groep tuinentoesiaste by so ’n lesing, of dalk sou Margaret dit eerder ’n praatjie genoem het. Dié stylvolle, maar terselfdertyd aardse vrou, was fleurig geklee in ’n wit-en-blou rok met ’n stringetjie pêrels om haar nek.

Sy het nie net oor kruie gepraat nie, ook gesê watter groente en vrugte goed vir bepaalde probleme is. Sy het onder meer wortels, roosmaryn, koejawels, suurlemoene, lemoene, pekanneute, sonneblomsade, bruin rys en tiemie as energievoedsel aangewys. Dis nie dat my geheue so goed is nie. Sy het vir ons groep fotostate oor die medisinale gebruik van kruie gegee. Wenke wat ek nou nog het – agterin ’n resepteboek geplak.

Ná die lesing is ons na haar kleurryke tuin waar jy omgeef is deur die geure van laventel, tiemie, roosmaryn, rose, roosmalvas en baie ander geurige plante. Sy het vertel hoeveel moeite sy gedoen het om die beste variëteit van elke plant in die hande te kry.

By die Margaret Roberts Herbal Centre is daar nou buiten kruie en groente ook ’n restaurant wat Sandy Roberts, Margaret se jongste dogter, begin het en nou bestuur, asook ’n apteek met natuurlike produkte, ’n feëgalery, ’n winkel waar heerlike geregte, geurige velrome, badprodukte en –olies gekoop kan word, ’n Zen-sandtuin en ’n kapel.

Margaret se belangstelling in plante is nie saam met haar kruiesentrum gebore nie. Dit kom al van die sewentigerjare toe sy die eerste organiese kruietuin in Suid-Afrika begin het op ’n groot plaas in die Rustenburg-omgewing waar sy en haar man gebly het en waar haar drie kinders, Peter, Gail en Sandra, grootgeword het.

Sy het die tradisionele kruietuin naas ’n massiewe groentetuin geplant. Sy het die sade van goeie pampoen-, skorsie-, patat- en boonvariëteite, asook nie-geneties veranderde mielievariëteite bymekaargemaak en dit vorm vandag ’n erfenis van betroubare en beproefde groentesoorte.

Haar eerste baie gewilde TV-program het in dié tyd begin en die tuinboukenner Keith Kirsten het haar gevra om ’n hoofstuk in een van sy tuinboeke te skryf. Daarna het die uitgewer van die boek, Jonathan Ball, haar gevra om ’n boek te skryf en dié boek, Book of Herbs, is in 1983 gepubliseer.

In 1995 was haar Herb of the Week-program baie gewild. By een geleentheid het ’n ekonomie-professor aan die Universiteit van Kaapstad haar gebel en gesê: “Jou program is daarvoor verantwoordelik dat Suid-Afrikaners elke Vrydag laat vir werk is. Skuif die program na Saterdag.”

Margaret se passie vir die erfenissade wat sy bymekaargemaak het, het tot haar dood geduur en sy en haar dogter Sandy het hul eerste saadbank in 2005 gebou. Sandy sal die unieke en waardevolle saadversameling in 2025 vir die nageslag plant.

Margaret is op 1 Julie 1937 gebore en haar ouers het na Brooklyn in Pretoria getrek toe sy vier was. Sy het matriek aan Pretoria High School for Girls geskryf waar sy in haar matriekjaar ’n prefek was.

Sy het fisioterapie aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer, haar praktiese werk by die Pretoria Algemene Hospitaal (nou Steve Biko-hospitaal) gedoen, en eers by die Johannesburg-hospitaal gaan werk.

Ná haar troue het sy nog verskeie jare haar fisioterapieloopbaan voortgesit, aan die hoof van ’n departement wat twee hospitale bedien het, terwyl sy terselfdertyd haar drie kinders grootgemaak het.

In dié tyd het sy ook ’n suksesvolle pottebakker- en handwerk-ateljee op die plaas begin wat as die Roberts Pottery and Craft Industry in Quiet Places bekend was.

Margaret het saad en boeke van Engeland se Herb Society bestel en uiteindelik kon Suid-Afrikaners ook kruietuine maak van die kruie wat sy die land ingebring het.

Sy het haar kruiekennis deur Britse kursusse uitgebrei en oorsese kruie goed leer ken. Sy het ook kruietoere na Engeland onderneem om by veral Kew en Wisley die antieke kruietuine van naderby te bekyk. Op dié manier het sy ook gesertifiseerde saad en foto’s by haar versameling kon voeg en kruie, ook die inheemse Afrikakruie, het ’n durende passie geword. Sy het meer as veertig boeke geskryf, almal topverkopers en baie van die boeke het sy met haar eie botaniese tekeninge geïllustreer.

Haar “laventelboek” beskryf in detail die verskeidenheid variëteite van laventelplante wat sy gekweek het. Die Margaret Roberts-laventel is die gewildste laventelplant in Suid-Afrika en ’n topverkoper. Margaret en Sandy het die twee variëteite Margaret Roberts-laventel as ’n nalatenskap aan Suid-Afrika geskep. Haar eksperimente met basiliekruid, tiemie, roosmaryn en mentversamelings het heelwat nuwe variëteite tot gevolg gehad.

Margaret het ook ’n huishoudelike naam geword deur haar produkte by Woolworths. Die kontrak het oor twintig jaar gestrek terwyl sy as ontwerper en handelsnaam vir die winkelgroep gewerk het. Dis in die tyd dat Suid-Afrika-ners plaaslik en oorsee so lief geraak het vir haar besondere en maklik bekombare kruieprodukte.

Besoektye: Die Margaret Roberts Herbal Centre is Woensdae van 08:30 tot 16:00 vir die publiek oop, asook die eerste Saterdag van elke van elke maand.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.