Genoeg vir 1 middelslag- tert (4-6 mense)
Spelt het minder gluten as gewone meel en gee ’n heerlike smaak aan die tert.
Bestanddele
Tertdeeg
- 50 g botter
- 80 ml (⅓ k) water
- 210 g speltmeel, te kry by gesondheidswinkels
- 2,5 ml (½ t) sout
- 5 takkies tiemie, blaartjies afgestroop
- 10 ml (2 t) vinkelsaad
Vulsel
- 45 g botter
- 2 rooi-uie, dik gesny
- 300 g rooi beet, geskil en in kwarte gesny
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 60 ml (¼ k) balsemiekasyn
- 15 ml (1 e) bruinsuiker
- 2 takkies tiemie
- 4 vars vye of pruime, in kwarte gesny
- 125 g crème fraîche
- 30 ml (2 e) Dijonmosterd
- 200 g bokmelkkaas
- hand vol basiliekruid
Metode
- Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit ’n 10 cm x 35 cm-losboomriffelpan met kleefwerende kossproei.
- Verhit die botter en water tot kookpunt. Haal van die hitte af.
- Meng die speltmeel, sout, tiemie en vinkel in ’n groot mengbak. Voeg die watermengsel by en roer totdat dit ’n deeg vorm.
- Knie tot die deeg heeltemal sag is en rol tot 5 mm dik uit. Voer die voorbereide tertpan met die deeg uit. Sny oortollige deeg af.
- Bak vir 10 min. of tot liggoud.
Vulsel
- Verhit die botter in ’n kastrol oor matige hitte. Braai die uie, beet en knoffel vir 8-10 min. daarin of tot gekaramelliseer.
- Voeg die balsemiekasyn, bruinsuiker, tiemie en 500 ml (2 k) water by.
- Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut vir 25-30 min. of totdat die mengsel verdik en die beet gaar is.
- Meng die crème fraîche en Djionmosterd in ’n mengbakkie. Smeer die mengsel oor die gaar tertdeeg.
- Pak die beet en uie, die vye en die bokmelkkaas om die beurt in die tertkors. Bak vir 15-20 min. of tot goudkleurig.
