Romerige gebakte botterskorsies deur Vickie de Beer. Foto’s: Neil Corder
Genoeg vir 6.
Bestanddele
- 3 klein botterskorsies
- 45 ml (3 e) botter, gesmelt
- ’n hand vol vars tiemie
- ’n hand vol vars salieblare
- 2 vet knoffelhuisies, fyn gekap
- 170 ml (1/3 k) crème fraîche
- 50 g (½ k) gerasperde parmesaankaas
- 50g (½ k) dennepitte (opsioneel)
Metode
- Kook die botterskorsies in ’n groot kastrol met water tot nét sag (sowat 10 – 15 min.). Verwyder uit die kastrol en laat effens afkoel voor jy dit middeldeur sny en die pitte verwyder.
Voorverhit die oond tot 180 °C. - Pak die skorsies met die gesnyde kant na bo in ’n groot oondskottel. Verdeel die gesmelte botter, kruie, knoffel en crème fraîche tussen die botterskorsies, giet dit in die holte,
asook ’n bietjie oor die res van die botterskorsies. Geur met sout en swartpeper. - Bak vir 10 min., haal uit en strooi die parmesaankaas en dennepitte oor. Sit weer vir sowat 15 min. terug in die oond tot die kaas gesmelt is en die dennepitte begin verkleur. Sit
voor met gebraaide hoender, lam- of beesvleis.

