kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Begin jou eie Airbnb

Airbnb is ’n  aanlyn gemeenskapsmark wat dit vir mense regoor die wêreld maklik maak om enigiets, van vakansiehuise tot ’n kamer, te bespreek. Airbnb tree op as die middelman tussen die huurder en die verhuurder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As jy ’n verhuurder wil word, lees verder!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Navorsing

Die eerste stap wat jy moet neem wanneer jy dit oorweeg om ’n Airbnb te begin, is om navorsing oor jou omgewing te doen. Is daar baie ander Airbnb’s? Wat bied hulle aan?

Webwerwe soos Airdna verskaf area-spesifieke Airbnb-data, met besonderhede oor die aantal gashere en huurgeld in die omgewing, besettingskoerse per persentiel, die gemiddelde prys per aanbiedingstipe, inkomste per kamertipe en prysveranderinge volgens seisoenaliteit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gaan na Airbnb se webblad en lees wat die gaste se kommentaar is op beskikbare huise om meer inligting te kry oor dit waarna kliënte soek.

Nog iets wat jy veral moet navors, is die wetgewing en reëls in jou area. Sekere munisipaliteite en huiseienaarsverenigings verbied persoonlike verhuring. Jy gaan ook aansoek moet doen vir ’n besigheidslisensie vir belastingdoeleindes.

In terme van versekering bied Airbnb wel gasheerbeskermingsversekering aan, maar maak seker jy weet presies wat dit behels sodat jy dekking kan ontvang indien nodig. Sodra dinge bedrywig raak, sluit verborge kostes dinge in soos weeklikse skoonmaakdienste en verwelkomingsgeskenke vir gaste – ’n goeie manier om ’n goeie resensie te kry.

Daaglikse operasie

In die meeste gevalle sal iemand die gaste moet ontmoet en sleutels verskaf. Die meeste gaste wil graag by aankoms gegroet word.

Navrae sal betyds beantwoord moet word. Gaste se probleme tydens hul verblyf sal ook dadelik opgelos moet word. In elke geval moet jy ook self beskikbaar wees, óf jy sal iemand nodig hê om die werk vir jou te doen.

Neem tyd om uit te vind hoe jou besigheid sal werk voordat jy geld spandeer om jou spasie gereed te maak.

Persoonlike spasie

Om vreemdelinge binne jou huis te hê, is iets om aan gewoond te raak. As jy baie reëls het wat jou gaste moet volg, gaan jy minder besprekings kry. Jy sal ook soms onder die reëls van jou gaste moet leef, so wees bereid om by hul skedule in te pas.

Wees ook bereid om diere weg van gaste te hou totdat jy weet jou gaste is gemaklik met hulle. Bepaal hoe spasie gedeel gaan word. As daar net een leefarea is, moet jy bereid wees om te deel.

Foto’s

Nadat jy als gereed gekry het vir jou gaste en jy is reg om jou plek te lys, is dit tyd om foto’s aanlyn te plaas. Hier is ’n paar wenke vir wanneer jy foto’s neem:

  • Neem jou foto deur die dag vir natuurlike lig, maak al jou gordyne oop en sit al die ligte binne die huis aan.
  • Staan in die hoek van ’n vertrek en neem ’n foto om die wydste hoek moontlik te kry.
  • Neem baie foto’s van verskillende hoeke sodat jy die beste een later kan kies.
  • Dek jou eetkamertafel.
  • Neem foto’s van binne en buite.
  • Gebruik die beste foto as jou hooffoto.

Jou advertensie

Wanneer jy jou titel kies, maak seker jy beantwoord jou gaste se vrae. Verhuur jy ’n huis of ’n kamer? Onthou ook om te sê of dit naby aan enige toeristebestemmings geleë is.

Let wel: Airbnb laat slegs 500 karakters toe in jou beskrywing. Gebruik die spasie oordeelkundig om jou huis te bemark. Die ergste ding vir ’n gas is om by jou huis op te daag en te sien jou beskrywing pas glad nie by jou huis nie. Gebruik ’n gedetailleerde beskrywing wat feitelik en eerlik is.

’n Paar ekstra goed om in jou huis te hê vir jou gaste

  • Verwelkomingsmandjie (wyn, koekies, koffie …)
  • ’n Boek met die reëls en kodes (WiFi)
  • ’n Paar tydskrifte of boeke
  • Goeie kwaliteit handdoeke
  • Gebottelde water en koffie/tee met ’n ketel in die kamer

Lees ook: Wenke vir ’n huislike gastekamer

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.