kategorieë: WenkeSkoonheid

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Sonette Donker, eienaar van skinid.co.za, sê wat die grootste foute is wat ons almal maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Jy maak nie jou botteltjies toe of draai nie jou doppies behoorlik vas nie. Dit kan veroorsaak dat aktiewe bestanddele (soos Retinol, vitamiene C, salielsuur, sonskerm en vitamiene E), onaktief word en jy sal nie die resultate sien waarvoor jy betaal het nie. Skadelike bakterieë kan ook in jou produkte groei wat vel-sensitiwiteit en irritasie kan veroorsaak. Dit kan selfs tot erge teen-reaksies lei, soveel so dat medikasie nodig raak. Só, maak jou potjies en botteltjies styf toe!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Jy los jou produkte in sonlig of in ’n warm, klam badkamer. Dit kan veroorsaak dat jou produkte af gaan en vreeslike vel-irritasie veroorsaak.

3 Jy los produkte in die warm stort wat nie behoorlik toegedraai is nie. Dit kan veroorsaak dat muf hierin groei en vel-irritasie veroorsaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4 Jy spandeer geld aan serums of rome met aktiewe bestanddele wat in potjies is. Produkte soos serums wat aktiewe bestanddele bevat, moet altyd in lug- en ligvrye verpakking wees. Met ander woorde, botteltjies wat donker is of wat nie lig deur laat nie.

5 Jy los borsels, van lyf- tot elektroniese gesigborsels, in die stort. Jy moet dit egter in die son los om te keer dat bakterieë daarop groei. Gebruik TCP-mondspoelmiddel waarmee jy jou borsels minstens een keer per maand kan steriliseer om dit te verhoed.

6 Jy gebruik te veel of te min produk. Dit kan verhoed dat jy resultate sien. Volg altyd die riglyne op die verpakking of luister wat jou terapeut sê.

7 Jy hou sonskerm vir langer as ’n jaar. Die bestanddele kan onaktief raak en jy kan brand. Kyk na die vervaldatum van die sonskerm.

8 Jy gebruik te min sonskerm.

9 Jy maak ’n produk oop, gebruik n bietjie en gebruik dit weer na twee jaar. Produkte moet gewoonlik binne twee jaar vandat dit gemaak is, gebruik word. Ou produkte kan tot vel-irritasie en allergieë lei.

Lees ook: Bevogtig jou somervel

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.