kategorieë: WenkeMode

Belê in ’n goeie handsak – kyk uit hiervoor

5 wenke om ’n goeie handsak te kies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Belê in die beste opsie wat jy kan bekostig

In teenstelling met ’n rok wat ’n modestelling maak en wat waarskynlik net een keer gedra gaan word, kan ’n belegging-handsak vir verskeie geleenthede gebruik word en selfs na ’n volgende geslag oorgedra word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: 8 wenke vir daardie perfekte denimpaar

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Kies leer

Leer is een van die min dinge in die lewe wat beter raak met ouderdom. Dit bly in jou kas en ontwikkel sy eie karakter met tyd. Leer is ook ’n organiese produk wat oor eienskappe soos buigsaamheid en duursaamheid beskik. Hoogs gekwalifiseerde leervakmanne verstaan dat elke stuk leer met sorg hanteer moet word, en daarom spesiale aandag skenk aan elke stap van die vervaardigingsproses – as resultaat sal dit weerspieël in die gehalte van die leersak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Hoe om ’n duursame sak te identifiseer

Die proses om ’n duursame handsak te identifiseer kan soms uitdagend wees, daarom deel die kenners ’n paar handige wenke om te oorweeg:

• ’n Duursame handsak sal ’n goeie gehalte-voering hê wat voorsiening maak vir die feit dat die meeste vroue “alles-behalwe-die-kombuis-opwasbak” in hul handsak pak. ’n Groter voering is minder geneig om uitgewerk te raak. Soliede en reguit stiksels moet ’n duursame garingdraad bevat – die spasiëring tussen die steke is ’n goeie aanduiding en hoe nader aan mekaar, hoe beter. Bestudeer die handsak noukeurig om te verseker dat dit versterkingstiksels bevat op die dele van die sak wat die meeste “straf” gaan moet verduur.

• Goeie gehalte ritssluiters – een van die belangrikste komponente van ’n duursame handsak. Die meeste ritssluiters is geneig om mee te gee wanneer die materiaal aan die kante van die ritssluiter deurgewerk is. Daarom is ’n geharde ritsbandmateriaal met ’n egalige rits-funksie die beste oplossing.

• Alle metaalkomponente moet deeglik vasgestik wees en ook die geskikte grootte wees vir die dra-kapasiteit en gewig van die sak. Hierdie is ’n belangrike aspek om in ag te neem aangesien alledaagse gebruik die metaalkomponente op die proef gaan stel.

• Die handvatsels is gewoonlik die eerste indruk wat jy van ’n handsak kry en die toets is of dit ’n goeie indruk maak. Die handvatsel moet gemaklik voel in jou hand – nie te groot nie, maar ook nie te dun nie. Dikwels pas die een handvatsel onder die ander een, wat spesifiek so ontwerp is vir gemak.

4 Kies die kleur en styl noukeurig

Helder kleure en flambojante sakke is opwindend en kan jou voorkoms meer beklemtoon, maar kan later jou uitrustings beperk soos wat mode met tyd verander. Oorweeg neutrale kleure soos swart, bruin of donker grys om die meeste nut uit jou handsak te kry.

Lees ook: Die vleiendste denimromp vir jou figuur

5 Hou dit eenvoudig

Subtiele modes sal die toets van tyd gemaklik deurstaan en is gewoonlik baie meer sjiek en elegant. Eenvoudige ontwerpe wat nie oormatige handelsmerk-elemente bevat nie, verteenwoordig styl en klas, en sal veel langer mooi bly.

Lees ook: Lyk vleiend in lospassende klere

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.