kategorieë: Ontspanning

Wynmakers se nuwe Calcrete-handelsmerk laat terroir die praatwerk doen

Foto’s en woorde: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die naam Calcrete sal voortaan op etikette gebruik kan word, mits die produsent aan sekere voorwaardes voldoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Calcrete se loodsfunksies is in Johannesburg gehou en daarna in Kaapstad, by die bekende Silo Hotel van die V&A Waterfront.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die luukse Silo Hotel se uitstekende ligging was heel gepas vir die bekendstelling van die premium Calcrete-wyne.

Die bekende wynstreek sowat twee uur se ry oos van Kaapstad, is veral bekend vir puik Chardonnay en daarom is die fokus van die kategorie om die suiwerste vorm van hierdie wyne ten toon te stel. Die hoofvoorwaardes is dus dat Calcrete uit ongehoute Chardonnay sal bestaan, wat as Robertson Wyn van Oorsprong gesertifiseer is. Wyne moet ook deur deelnemende lede volgens kwaliteit goedgekeur word.

Vyf van die ses stigtings-wyne van die Calcrete-groep. Met die loodsfunksie hierdie week was Bon Courage se wynbottels nog in die proses om etikette te kry.
Die loodsing van Calcrete is gevier met die streek se Cap Classique-vonkelwyne, wat op hul eie manier ‘n vertoonkas is vir die streek se uitstekende Chardonnay.

“Ons mik vir die beste,” sê Philip Jonker van Weltevrede, stigterslid saam met De Wetshof, Van Loveren, Bon Courage, Excelsior en Rietvallei. “Hierdie gaan oor premium-kwaliteit Chardonnay op sy egste.”

Die wyne sal steeds elkeen hul eie subtiele en unieke aromas, geure en tekstuur kan vertoon danksy ander elemente wat op druiwe en die wynmaakproses ‘n impak het. Dit sluit byvoorbeeld in hoeveel sonlig ‘n wingerd in sy ligging kry; verskille in temperature en water deur ‘n wingerd se groeiseisoen; en hoe lank die sap op die doppe toegelaat word om te lê.

Die grootste oorvleueling is dat hulle almal die voordele van die kalkreet-grondstowwe in die Robertson-omgewing geniet. Grond met kalkreet is meestal lig en amper wit van kleur danksy hoë vlakke van kalsium. Hierdie verskynsel is danksy ‘n prehistoriese mariene omgewing en die oorblyfsels van skulpe ensovoorts.

“Daar is verskillende teorieë oor hoe die kalsium deur die grond bewerk is. Een van hulle is dat termiete daarvoor verantwoordelik was,” verduidelik Philip. “Vandag nog kan ‘n mens sien waar termiete voorheen aktief was omdat hul steurings die pH van grond verander het. Net sekere plante kom in hierdie ronde ‘kraaltjies’ voor en jy kan dit veral goed uit die lug uit sien.”

Die kalkreet is voordelig vir veral Chardonnay-wingerde omdat dit nie net ‘n gesonde, natuurlike chemiese bydra maak nie, maar ook ‘n strukturele een. “Kalkreet is korrelrig, goed-belugte grond, met goeie dreinering,” sê Philip.

Alhoewel die ongehoute Chardonnays onder die Calcrete-vaandel aan sekere riglyne moet voldoen, is elkeen steeds uniek.
Die konsep van Calcrete is tydens die loodsfunksies deur Philip Jonker van Weltevrede aan joernaliste en wynskrywers verduidelik.

Dit is ‘n ooreenkoms wat Robertson met Chablis – die Boergondiese-streek wat dikwels as die maatstaf vir uitmuntende Chardonnay gebruik word – deel.

Die idee vir Calcrete is juis tydens ‘n besoek aan Frankryk gebore, vertel Philip. Hy het lank getop oor hoe om die terroir van Robertson op ‘n nuwe en nuttige manier ten toon te stel. “Toe tref dit my hoe wynkenners altyd ons Chardonnays aan hul mineraliteit uitken. Ons moes toe net alles aanemekaar sit!

Die stigterslede van Calcrete is van links: Chris Crafford (Van Loveren), Kobus Burger (Rietvallei), Johan de Wet (De Wetshof), Philip Jonker (Weltevrede) en Pieter de Wet (Excelsior).

“Calcrete definieer ons streek met sy kristalagtige mineraliteit, smaak van nat klippe en see-sproei, ‘n soutagtigheid en oester-skulp karakter.”

Die funksie in Kaapstad is afgesluit met ‘n middagete in die hotel se swierige restaurant.
Die spyskaart vir die middag.

Onder die disse met Calcrete-wyne bedien is lynvis met garnaal-wontons, pak choi, sprietuie, en Sjinese five-spice bry; en vir nagereg, tiramisu.

Onder die disse met Calcrete-wyne bedien is lynvis met garnaal-wontons, pak choi, sprietuie, en Sjinese five-spice bry; en vir nagereg, tiramisu.

Lees ook: Land se bestes by Woordfees te sien en nou benoem

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

7 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.