kategorieë: ReisOntspanning

Beplan jy ’n wintertroue?

’n Troue moet veral mooi wees. As jou definisie van “mooi” panoramiese uitsigte oor wit strande, asemrowende bergreekse of ruwe Afrika-landskappe insluit, bied die Wes- en Oos-Kaapse kus jou wonderlike keuses.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Cape Country Routes (CCR) is ’n groep voorste hotelle, gastehuise, natuurreservate en aktiwiteite met lede in die Wes- en Oos-Kaap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Arniston-troue

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Drie voorbeelde vir ’n voornemende bruidspaar

  • Ontdek vrede by die Arniston Spa Hotel, ampertjies op die suidelikste punt van Afrika. Walvisse wat laatwinter in die beskutte baai bymekaar kom, skep ’n agtergrond vir treffende selfies of foto’s met familie en bruidsgaste. Die vierster-hotel is ’n gawe opsie vir ’n troue, bachelorette, of ’n laaste wegbreek voor die huweliksklokkies lui.
  • As ‘intiem’ een van jou gunstelingwoorde is, kan jy jou spesiale dag saam met nabyvriende en familie vier by die Agulhas Country Lodge. Die 360 grade-uitsigte oor die oseaan vanaf ’n hoër vlak en uitsonderlike trouspyskaarte (om by jou begroting te pas) is dalk net wat jy begeer.

Agulhas Country Lodge

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Die Kagga Kamma Game Reserve in die suidelike Sederberge is nommerpas vir ’n “anderste” paartjie-wegbreek. As jy die man is wat haar met ’n verloofring wil verras, kan jy gerus uitvind watter oulike proposal packages hulle bied.

Kagga Kamma sonsopkoms (hooffoto: Kagga Kamma sterrekyk)

Reis veilig

Volg hierdie wenke van CCR-lede wat hul gaste graag lewendig en gesond wil sien:

1 Versien jou motor voor jy wegspring

Dit klink na ’n cliché, maar dit kan tyd, geld en fisieke en emosionele pyn spaar as jy vroegtydig jou kar se filters, vloeistofvlakke, olie, bande, ligte, ruitveërs, waaier- en dryfband, asook wielsporing laat nagaan. Veral voor die Groot Dag.

2 Is die pad oop?

Wanneer jy jou roete beplan, kan jy gerus seker maak of daar padwerke is wat jou skedule kan raak. Jy wil nie laat wees of naels byt oor laatkom nie!

3 Bespreek vooraf

Dis heerlik om op die ingewing van die oomblik te besluit waar jy gaan oorslaap, maar as ’n huweliksfees betrokke is, is dit beter om seker te maak jy het blyplek. Beplan ’n opwindende roete met interessante stopplekke, of slaap oor op pad na jou bestemming. Loer gerus in by www.capecountryroutes.com vir wenke.

4 Laai betyds

Maak seker jou selfoon se battery is gelaai en jou laaier is ingepak, of neem ’n vol kragbank saam. Niks is so erg as om op ’n donker, nat pad vas te val en nie hulp te kan ontbied nie.

5 Maak dit pret

Op die lang pad kan verveling maklik uit die weg geruim word. Speletjies is nie net vir kinders nie. Wittebroodherinneringe kan aangevul word deur ‘I spy with my little eye’ in die kar – die passasier neem natuurlik die voorwerp af! Woordspeletjies kan julle ook lekker laat lag, soos om woorde te vorm met die motor voor julle se nommerplaat, of woorde te laat rym.

6 Erken dit maar …

Vertel gastehuis- en hoteleienaars as julle op ’n laaste wegbreek voor die Groot Dag of op wittebrood is. Julle kry dalk net spesiale behandeling en ’n ekstra porsie gasvryheid!

Meer inligting by www.capecountryroutes.com

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

21 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.