kategorieë: VelsorgSkoonheid

Probiotika in velsorg

Probiotika beveg inflammasie deur sekere gifstowwe te neutraliseer en ander te blokkeer, daarom is dit belangrik dat jy produkte gebruik op jou vel wat probiotika bevat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Amerikaanse dermatolaag, dr. Whithney Bow, sê dat dit wat jy eet ’n uitwerking op jou vel het. Die plaaslike wetenskaplike en stigter van Esse, Trevor Steyn, verduidelik dat probiotika die vel se ekologie kan verander om ’n veelsydige en harmonieuse ekostelsel te skep wat skerp genoeg is om teenslae (veral van vrye radikale) af te weer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Probiotika versterk jou vel, verlaag spanning en balanseer die vel se pH. ’n Gesonde omgewing vir goeie bakterieë help ook om vrye radikale te beveg. Trevor meen lewende probiotika in velsorgprodukte is die voordeligste, maar dit is ’n baie moeilike proses en daarom is Esse in die stadium om lewende probiotika bevat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Esse Plus Probiotic Serum

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Esse se Plus Probiotic Serum (R1 250)  is die eerste produk ter wêreld wat lewende probiotika bevat. Trevor sê dit is al manier waarop probiotika waarlik voordelig vir jou vel kan wees. Die serum bevat meer as ’n miljard lewende mikrobes per mililiter en help om die vel fermer en sterker te maak.

Gatineau Paris Melatogeinine Aox Probiotic Activating Serum

Die Gatineau Paris Melatogeinine Aox Probiotic Activating Serum (R1 095) bevat ’n unieke mengsel van probiotika en antioksidante.

Elizabeth Arden Superstart Skin Renewal Booster

Die Elizabeth Arden Superstart Skin Renewal Booster (R995) is gemik daarop om die vel se sperfunksie te herstel en te verseker dat die res van die produkte die vel beter binnedring. Die room bevat probiotikakompleks wat die natuurlike weerstand van die vel se mikroflora versterk.

Pure Beginnings Sensitive Cream Wash

Hierdie Pure Beginnings Sensitive Cream Wash (R99,99) is nie net ’n lyfwas vir babas nie – volwassenes kan dit ook gebruik. Dit bevat probiotiese bestanddele asook aloe-ekstrak wat help vir sensitiewe velle. Dit bevat ook marula-saad wat die vel voed, help met inflammasie en die herstel van die vel wanneer jy bad.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.