kategorieë: In die nuusJou lewe

Berei só voor vir Dag Zero

Dag Zero vind plaas op 12 April 2018, en nie meer op die 21ste soos aanvanklik deurgegee deur die Western Cape Water Supply System (WCWSS) nie. Kaapstad se waterbeperkings is ook geskuif tot vlak 6B, wat in werking gestel sal word vanaf 1 Februarie 2018.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Indien alle Kapenaars egter water spaar, is daar ’n kans om steeds Dag Zero te vermy of dit ten minste uit te stel. Maar dit vereis verantwoordelikheid van almal se kant af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tans moet inwoners daagliks minder as 50 liter water per persoon gebruik. As jy minder as 50 liter kan gebruik, is dit nog beter. Dis dalk selfs goed om te oefen om reg te kom met 25 liter water per persoon, aangesien dit die hoeveelheid water is wat per persoon toegelaat sal word na Dag Zero. Hier is ’n paar wenke sodat jy water kan bespaar, beide voor en na Dag Zero.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  1. ’n Daaglikse stort is uit. As jy nie aan ’n aktiwiteit deelgeneem het wat jou baie vuil gemaak het nie, hoef jy nie te stort nie (bad is lankal uit!) Tap eerder water in ’n skotteltjie en spoel jouself met ’n waslap en seep af, of gebruik wet wipes. As jy jou hare moet was, gebruik ’n beker om water uit die skotteltjie te skep en oor jou hare te spoel. Jou persoonlike higiëne sal nie verswak nie. Onthou ook om die skotteltjie se water weer te gebruik om byvoorbeeld die toilet mee te spoel.
  2. Gebruik ander alternatiewe tot sjampoe en opknapper. Produkte soos droë sjampoe en babapoeier werk goed om jou hare skoon te kry. Om jou hare minder gereeld te was, kan eintlik positief wees want dit laat jou toe om natuurlike olies te produseer en nie jou vel uit te droog nie. Op dae wat jou hare baie vuil is, kan jy dit in ’n styl bind wat jou hare wegsteek. Lees ook ons skoonheidswenke vir Dag Zero
  3. Indien jy móét stort, hou dit kort. Draai die water net aan wanneer dit nodig is – soos om jouself vinnig af te spoel. Vang hierdie water op deur emmers in die stort te sit en gebruik dan weer die gryswater.
  4. Maak dit dadelik reg. As jy lekkasies in jou huis opmerk, maak dit dadelik reg. Sodoende voorkom jy dat water onnodig gemors word. As jy lekkende krane of pype in ander geboue sien, rapporteer dit dadelik aan bestuur.
  5. Moenie water uit jou kraan spaar vir later nie. Alhoewel ons almal gereed wil wees vir Dag Zero, is dit teenproduktief om kraanwater te stoor, aangesien jy dan reeds al die water opgebruik wat ons moet spaar. Indien jy water wil spaar, gaan koop dit eerder aan of installeer ’n reënwatertenk wat jou sal help om water op te vang as dit reën. Lees ook: Waterwys met watertenks
  6. Gebruik gryswater om jou tuin mee nat te lei. Koop wasmiddels wat omgewingsvriendelik is. Onthou ook om vroegoggend, laatmiddag of saans jou plante nat te lei sodat water nie onnodig verdamp nie. Lees ook: Plant slim, bespaar water
  7. Gebruik gryswater om jou toilet mee te spoel. Daar word aangeraai dat niemand meer skoon water moet gebruik om toilette te spoel nie. Skakel die kraan af en gebruik gryswater om die toilet se waterbak op te vul. Plaas ook ’n baksteen in die waterbak sodat minder water gebruik word. Probeer om die toilet so min moontlik te spoel aangesien elke trek meer as 9 liter water gebruik.
  8. Maak die kraan toe. Moenie krane onnodig laat tap nie. Selfs klein stappe, soos om ’n koppie te gebruik om jou tande mee te borsel en jou mond mee uit te spoel, sal jou reeds heelwat water laat bespaar.
  9. Ontvries jou kos oornag of in die yskas. Probeer om nie kos te ontvries in ’n bak warm water nie.
  10. Pak die wasmasjiene vol. Indien jy was- en skottelgoedmasjiene gebruik, probeer om dit eers vol te pak voordat jy was. Andersins, was met die hand en gebruik die gryswater in die tuin.
  11. Dra jou klere weer. Probeer, waar moontlik, om jou klere weer te dra. Katoen, linne en natuurlike vesels raak moeiliker vuil as sintetiese materiale.
  12. Vind maniere om jou swembad se waterverbruik te stop. Swembaddens kan nie meer vol getap word nie. ’n “Ertjiesop”-swembad is beter as geen water in jou kraan nie.
  13. Implementeer waterbesparing by die werk. Sekere kantore het reëls oor toiletspoel en ander tipes watergebruik. Party werksplekke moedig selfs hul werknemers aan om twee dae in ’n ry dieselfde uitrusting te dra! Onthou dat waterbesparing ’n spanpoging is.
  14. Maak seker van jou feite. Moenie enige vals nuus glo nie. Doen jou navorsing. Lees wyd. Vra vrae aan kundiges as jy wonder oor iets. Ja, #DagZero kom nader, en ja, dit gaan onaangenaam wees – vir almal. Dit is ’n werklikheid, so water moet gespaar word. Pasop vir diegene wat jou probeer oortuig dat die waterprobleem nie bestaan nie, of wat aan die ander kant paniek probeer saai.
  15. Moenie skelm wees nie. Moenie toelaat dat persone wat as loodgieters hulself voorstel jou probeer oortuig om watermeters te fnuik nie. Dit is onwettig en boonop antisosiaal.
  16. Elke druppel tel. Elke druppel water wat jy spaar, sal bydra tot die vermyding of uitstel van Dag Zero. Boonop sal dit in die toekoms help. Hierdie waterkrisis sal vir ’n lang tyd duur omdat kenners glo die Kaapse sal eers weer oor ongeveer drie jaar vol wees – as daar genoeg reën kom. Om water te spaar moet nie net in krisis-situasies gebeur nie. Om water te spaar moet ’n leefstyl word.

Om water te spaar moet ’n leefstyl word

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer Dag Zero wel gebeur

  1. Om Douglas Adams in The Hitchhiker’s Guide to the Galaxy aan te haal: “Don’t Panic.” Dag Zero is iets wat almal gaan affekteer en hoe ons die situasie hanteer, sal baie invloed hê op hoe almal dit ervaar.
  2. Weereens, maak seker van jou feite.
  3. Hierdie is die eerste keer dat so iets in Kaapstad gebeur. Daarom gaan dit dalk in die begin ’n rukkie neem om uit te werk hoe om dit die beste te hanteer. Tog sal ons ’n suksesvolle manier uitwerk om hierdie proses glad te laat verloop.
  4. Wees geduldig en tegemoetkomend. Indien Dag Zero gebeur, gaan ons almal in rye staan om water te kry. Ons is bevoorreg dat ons tot dusver nog nie waterprobleme gehad het nie – vir baie mense is moeilike toegang tot water ’n daaglikse ervaring. Wees geduldig. Maak die beste van hierdie geleentheid: hierdie tyd in die ry is die ideale tyd om jou rooi rose te lees.
  5. Help ander. Vind uit of daar mense in jou omgewing is wat hulp nodig het om toegang tot water te kry. Maak seker dat bejaardes, siek persone, persone met gestremdhede, swanger vroue, enkelouers en enige ander persone wat hulp nodig het, dit kry. Moet ook nie bang wees om vir hulp te vra nie – daar sal iewers ’n gawe buurman wees wat kan hand bysit.

Saamgestel deur Catherine Schenck. Hooffoto Pexels

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.