kategorieë: Reis

Bewonder Namibië. Leer ken jouself.

Deur Krisjan Fourie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Moenie die hele Namibië in twee weke probeer sien nie. Dit sal voel of jy van ’n burgeroorlog vlug. Namibië is GROOT! Vlieg met Kulula vanaf ORT retoer na Windhoek. Dis ’n goedkoop twee uurlange vlug. Sien met ’n volgende besoek die suidelike dele.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Mens se paspoort verklap baie. Doopname, of jy gestem het, waar jy vandaan kom. Veral waar jy al was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die doane-dame op Hosea Kutako-lughawe stempel myne die vyfde keer. Meer ’n tattoeer-merk as ’n toegangsbewys. As reisiger is ek nou hier ’n hardebaard en het uiteindelik my ervaringspermit tot ’n wereld.

Google is handig as jy ’n besoek na ’n onbekende land beplan, maar is egter vergelykbaar met internet dating: die foto’s stem selde ooreen met die persoon wat op die ou end oorkant jou aan tafel sit!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Juis daarom het ek in April in Namibië gaan rondreis, om die ideale twee weke-reis te kan voorstel. Dikwels benader ’n mens ’n vreemde land met die verkeerde verwagtinge of op die verkeerde maniere.

Die volgende beproefde wenke sal verseker dat jou vakansie in Namibië ’n lewenservaring word, eerder as om te voel jy’t vir 40 jaar in die oudste woestyn op aarde verdwaal.

Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou vakansie beplan:

  • Geen visum word benodig nie. Jy’t wel ’n SA paspoort nodig wat geldig is vir 6 maande
  • Kies jou kamerade versigtig! Maak seker jou mede-reisigers kan hulself besig hou in ’n land met oop ruimtes, waar eie-tyd belangrik is
  • Vind uit watter inentings ’n vereiste is, indien enige
  • Huur met ’n geldige SA bestuurslisensie ’n motor met lugversorging. Dis nie die Alpe nie, en kan baie warm word! Neem volle ongeluks- en windskermversekering uit. As mens van die hoofroetes afwyk, kan paaie minder aangenaam raak. Dan kom spyt dalk te laat
  • Neem ’n data-stokkie met jou gunsteling persoonlike musiek saam. Gehuurde motors het nie almal CD-spelers nie en radiostasies in Namibië is nogal vreemd. Laat iemand wat weet hoe vir jou die trefferlyste oplaai
  • Laat weet jou bank jy laat waai na die woestyn. Trek ook vooraf genoeg Rande (R1 = N$1) Dis duur om enige kitsbank te gebruik
  • Stel jou selfoon sodat jy net kan SMS. Dis redeliker as R6 per minuut om te bel. As jou slimfoon verveeld raak en opdaterings doen, is dit ook teen R17 per MB!
  • Pak snoep. Jy mag een stuk baggasie van 32kg neem, en gaan definitief presente wil terugsmokkel.    : )
  • Jy kan nie met jou kaartjie by Duty Free op die lughawe koop nie. Jy kan ook net twee bottels wyn of 750ml spirits inpak. ’n X-straal kiekie sal jou uitvang as jy land, en dan beland jou KWV dalk in die verkeerde keelgat!
  • As jy vir besigheid reis, vind uit watter werkspermit jy benodig
  • Padkaarte van Windhoek en Swakopmund is ’n moet, en beskikbaar op Hosea Kutako-lughawe
  • Laat die pelgrimstog begin! Beplan so die ideale reis-skedule:
  • Bly verkieslik 3 aande op ’n plek. Gee jouself kans om rustig al jou parfuum en oogrome in die badkamer uit te stal
  • Ry van Hosea Kutako-lughawe deur Windhoek tot by die GocheGanas natuurreservaat. Dis sowat 25 km buite die stad, en jou eerste plek van verblyf. Dis die perfekte spa om enige stres van jou skouers af te skud! Lees meer oor GogheGanas by ons eksklusiewe RR-lesersaanbiedinge hieronder.
  • Vanaf GocheGanas is die beste om weer deur Windhoek en Okahandja die 370km na Swakopmund te ry. Dis ’n mooi rit op ’n goeie pad. Elke keer as ek daarlangs ry, staan ek verstom oor hoe die bosveldlandskap stelselmatig in spookagtige platwoestyn verander!
  • Spandeer ten minste ’n week in Swakopmund. Die dorpe Hentiesbaai en Walvisbaai is beide 30km ver, dus kan jy elke dag persoonlikheid gee met unieke aktiwiteite naby jou sonder om heeltyd tasse te moet rondsleep. Twee plekke wat ek as verblyf kan aanbeveel, is The Seaside Hotel & Spa en Atlantic Villa & Guesthouse. Lees meer daaroor by ons eksklusiewe RR-lesersaanbiedinge hieronder.
  • Die laaste paar dae van jou reis speel in Windhoek af. Ervaar ’n klein bietjie van Kimberley en baie van Bloemfontein! Hier bied Hotel Heinitzburg ’n weelderige kersie op jou vakansiekoek, met ’n indrukwekkende uitsig oor die stad. Lees meer oor Hotel Heinitzburg by ons eksklusiewe RR-lesersaanbiedinge hieronder.
  • Die rit lughawe toe sal ’n vinnige een wees, en jy kan twee ure voor die tyd inboek. Net na doeane is daar ’n besigheidsklas-area, waar jy teen voorafbetaling vir oulaas oor jou wedervaringe kan nadink. Dis die koste werd!
  • Eksklusiewe RR-lesersaanbiedinge!
  • Noem “rooi rose” as jy hierdie aanbiedinge wil gebruik. Terme en voorwaardes geld en die aanbiedinge geld elk net vir ’n beperkte tyd.


1. GocheGanas

Omring deur natuur wat soos bosveld voel, is GocheGanas die beste manier om jou siel tot verhaal te laat kom. Die handjievol private en-suite eenhede het elk ’n onvergeetlike uitsig. Tot ’n bad met ’n koepel waar die melkweg vir jou kan loer!

Die spa is baie redelik met ’n verskeidenheid professionele pamperlange wat liggaam en siel sal vertroetel. Daar’s ’n binne- en buiteswembad, klipsauna, sitkamer-area en restaurant wat tuur oor berge en vlaktes. Jy kan saans om die kampvuur die melkweg gebruik om jou oerdier los te laat. Wildsritte en sterrekyk verseker ook dat jy dalkies net daai nuwe roman sal neersit!

reservations@gocheganas.com
www.gocheganas.com <http://www.gocheganas.com>

2. Seaside Hotel & Spa

Soos ’n majesteuese skip het The Seaside Hotel & Spa haar permanente nedersetting by Myl 4 in Swakopmund gekry. Die hotel is op die strand en elke kamer asook die restaurant spog met ’n see-uitsig. Die spa se pryse is baie redelik, en die Griekse mineralebad is iets wat jou tone kloksgewys sal laat krul. Die derduisende voëls wat heen en weer langs die kuslyn migreer, vlieg jou sommer saam na hul bestemming! Daar¹s konferensiegeriewe en hierdie hotel leen haarself as die perfekte bestemming vir ’n woestyntroue. Dis baie sentraal en binne 15 minute se bereik van die meeste gewilde Swakopmund aktiwiteite.

manager@seasidehotelandspa.com
www.seasidehotelandspa.com <http://www.seasidehotelandspa.com>



3. Atlantic Villa & Guesthouse

Meer boetiek sal ’n mens sukkel om selfs in New York te kry! Die nuwe suites kyk uit oor die see en is tegnologies, esteties en luuks uitgerus. Daar’s tot elektriese blinders! Die kroeg en sitkamer-area is by die oorspronklike, meer klassieke deel van die gastehuis. Daar’s uitkykpunte na die see en woestyn en tot ’n vleuelklavier vir ingeval jou vingers ywerig raak. Konferensiegeriewe is beskikbaar en dis ideaal vir ’n groep kollegas wat wil brainstorm. Die gastehuis is naby aan ongelooflike restaurante, en die belangrikste is dat daar BAIE goeie koffie in die kamers is!

bookings@atlantic-villa.com
www.atlantic-villa.com <http://www.atlantic-villa.com>

4. Hotel Heinitzburg

Ek’s maar eenmaal ’n siel wat hou van ’n stadsuitsig. Kombineer dit met klassieke styl, goeie wyn en uitsoekdisse en ek is in my noppies! Die oorspronklike kasteel is in die jare 90 deur die Raith-familie gekoop en tot dié spoggerige hotel ontwikkel.

Daar’s ’n verhitte swembad met ligte wat van kleur verander en baie plek om son en smoothies op te slurp. Die restaurant het ’n ongelooflike uitsig oor die middestad en word geloof as die beste in Windhoek. As jy ’n wynkenner is, kan jy die langtafel in die kelder bespreek, met ’n wynversameling wat beindruk. Die hele hotel is in 2011 ten duurste oorgedoen met die beste linne, eetgerei, kandelare en Duitse glans.

heinitzburg@heinitzburg.com
www.heinitzburg.com <http://www.heinitzburg.com>

Dinge wat ’n mens definitief in Namibie moet doen:

Windhoek

Skemerkelkies by Hotel Heinitzburg as die son wegkwyn
Eet ’n enorme eisbein by Joe’s Beer Garden
Besoek die township waar strate na dissipels vernoem is
Besoek Okahandja  se mark propvol inheemse tjierrem-tjorroms

Swakopmund

Eet nog ’n eisbein met ’n konka bier by Brauhaus
Besoek die kristalmuseum se reusagtige kristal
Loop die soutstrate en tel jou seëninge
Stap op die promenade vergesel deur die mooiste, skoonste see
Klim ’n ligtoring uit
Eet oesters op die Jetty

Hentiesbaai

Besoek Wlotzkasbaken se vreemde huise met hul eienaardige argitektuur
Besoek die galg in die midde-dorp
Eet ’n vissie by die Henties-mall (’n volle 8 winkels)
Parkeer langs die pad en loop rond die platwoestyn
Besoek die skeepswrakke en let op hoe die see hulle verteer

Walvisbaai

Eet rou maalvleis op roosterbrood by die blou bakkery
Ry tot by die soutpanne en verkyk jou aan die baie pienk sout
Klim Duin 7 en weet waar jou kuite sit
Ry quad bike oor die duine en lag vir Hompie Kedompie

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.