kategorieë: Bekendes

Bill Paxton: die man sonder brieke

M-Net Movies Showcase, kanaal 107 op DStv, het vroeër die week die film Twister gewys ter herdenking van die oorlede Bill Paxton wat op 25 Februarie as gevolg van komplikasies met ’n operasie oorlede is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Paxton het vir baie jare as akteur in Hollywood gewerk en boonop in hope flieks met groot name verskyn, onder meer Titanic, Aliens, Twister, Tombstone, True Lies, Apollo 13, U-571 en Vertical Limit. Paxton was ook ’n vervaardiger in die kenmerkende film Traveller en regisseur van Frailty en The Greatest Game Played.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Paxton het op 18 van Fort Worth in Texas na Hollywood verhuis en sy loopbaan as stel-pakker op Roger Corman se fliek Big Bad Mama begin. Nadat hy vir ’n tydjie in die departement gewerk het, het hy na New York getrek om drama te studeer. In 1980 is hy terug Los Angeles toe en daar het hy vir James Cameron ontmoet toe hy as stel-pakker op Galaxy of Terror, ’n sci-fi film met ’n klein begroting, gewerk het. Daarna het hy sy eerste rol in die gruwelfilms Mortuary en Night Warning gekry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nadat hy aandag getrek het in die John Hughes-komedie, Weird Science, het Paxton se optrede as die kleindorpse balju in Carl Franklin se One False Move sy opkoms as hoofrol gemerk. In 1998 het Roger Ebert Paxton aangehaal as sy beste keuse vir sy beurt as Hank Mitchell in Sam Raimi se A Simple Plan. Hy het boonop ook daardie jaar ’n Golden Globe-nominasie vir sy rol as Colonel John Paul Vann in HBO se A Bright Shining Lie ontvang.

Paxton was ook bekend as ’n gunsteling vir sy werk in flieks soos Near Dark, Boxing Helena, Street on Fire, The Dark Backward en Broken Lizard’s Klub Dread. Ander flieks sluit ook in Mighty Joe Young, Thunderbirds, Trespass, Indian Summer, The Evening Star, Pass the Ammo, Frank and Jesse, Navy Seals, Predator 2 en The Vagrant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Paxton is boonop ook die eerste en enigste akteur om die wrak van die Titanic saam met James Cameron te besoek vir die dokumentêr Ghost of the Abyss. Hulle het vier keer twee en ’n half myl afgesak na die bodem van die Noord Atlantiese Oseaan.

Mag jy in vrede rus, Bill.

’n Video oor Bill Paxton:

Storm Chaser’ regoor Oklahoma, Texas en Kansas het saamgekom om ’n virtuele herdenking en hulde aan Paxton te bring. CNN News en ABC News het onder andere hieroor getwiet:

Hollywood Reporter het ’n video met Paxton se beste rolle deur die jare gedeel:

Bekendes en aanhangers het op Twitter hul mooi boodskappe oor Paxton met die wêreld gedeel:

Jennifer Aniston moes die trane terug hou toe sy voor die Oscars hulde bring aan Bill Praxton. ABC News het daaroor getwiet:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.