kategorieë: Reis

Blaaskans by De Hoek

Waar ons was
De Hoek Country Hotel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ligging
Net buite Magaliesburg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soort akkommodasie
Uiters weelderige landelike omgewing met vyfster-fasiliteite

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tariewe
Kontak Lihandrie du Plessis (besprekingsbestuurder):  014 577 9600, 082 893 3787 of reservations@dehoek.com
of www.dehoek.com

Atmosfeer
Van die oomblik wat jy die small bruggie kruis en De Hoek in jou visier kry, voel jy of jy myle ver van die stad en sy gejaag is. Oudwêreldse elegansie met ‘n moderne inslag koester jou van begin tot einde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer
13 September 2014

Die nuwe gedeelte met twee rolstoelvriendelike kamers.

Waar ons oorgeslaap het
In een van die nuwe moderne kamers, waar die monochromatiese kleurskema met grys as agtergrondkleur en dowwe geelgroen spatsels kleur in die bedootreksel en kussings baie rustig en knus voel. Ek het gehou van die kunswerk en kwotasie van George Bernard Shaw teen die muur deur Louis Wilsenach : “Life is not about finding yourself. It’s about creating yourself.”

Chef Michael Holenstein se kos is altyd ’n vreugde

Waar ons geëet het
In die Conservatory Restaurant waar fynproewersgeregte onder leiding van bekende chef (en mede-eienaar van De Hoek) Michael Holenstein voorberei word. Alle souse en aftreksels word vars in die kombuis van meet af voorberei, en die kruie kom alles uit die kruietuin. Vars produkte word van heinde en verre so vars as moontlik verkry. Ek het oor die jare al ‘n paar keer by De Hoek geëet en is telkens in vervoering.

Wat het dit onvergeetlik gemaak?
Die eerste ding wat jou opval is die rustige en weelderige atmosfeer. Hoewel De Hoek net een uur buite Johannesburg en Pretoria is, het ons ‘n dagreis ver gevoel van die stad se gewoel en die huis se sleurwerk en verpligtinge. Dis een van die groot pluspunte; dat jy nie ure moet reis om hierdie rustigheid te smaak nie. Verder is diens een van hul voortreflikhede. Onder die bekwame hand van hoofkelner Henry Sisya word elke versoek met ‘n glimlag en sonder versium uitgevoer: iets wat byna ongehoord is binne die raamwerk van baie swak diens waaraan verbruikers daagliks uitgelewer is.

Wat omtrent die plek of die mense het jou gefassineer?
Ons was in 2012 laas by De Hoek en is dadelik by die naam welkom geheet deur Henry. Dis die soort diens wat jou spesiaal laat voel.

Spesiale aanbod
Besoek hul webwerf by www.dehoek.com

Die ouer kamers se agterkant kyk uit op ’n bos waar dit wemel van die voëls.

Blaaskans
As jy vuisvoos is van jaag en werk , is hierdie die ideale wegbreek. Die bonus is dat jy nie ure aan reis moet afstaan of saam met die voëltjies moet opwip vir ‘n vroegoggendvlug nie. As jy in ag neem hoeveel geld jy op reiskoste spaar, maak dit die tariewe meer gunstig. Die pad uit na Magaliesburg is ‘n rustige uur se ry uit Pretoria of Johannesburg en is net genoeg om jou kop op ‘n nuwe bladsy te kry. In die somer is die wêreld boonop lieflik groen en is die rit deel van jou wegbreek.

Nuwe kamers
Die hotel het heelwat uigebrei met ‘n hele gedeelte met nuwe kamers. Die bestaande kamers het ‘n lieflike uitsig op ‘n groen bos met hoë bome, maar die nuwe kamers se moderne dekor en boustyl het my bekoor. Twee van die nuwe kamers is ook rolstoelvriendelik. Daar is nou 32 kamers waarvan twee eenhede “penthouse suites” is met ‘n aparte sitkamer en eetkamer.

Uitgebreide konferensiefasiliteite beskik oor alle moderne tegnologie om 60 gaste te hanteer. Alle kamers het satelliet-televisie, Nespresso-masjiene, ‘n mini-kroeg, i-pod “docking station” en CD-spelers. Wi-fi is vir alle gaste beskikbaar.

Die nuwe restaurant, The Bridge Bistro, maak voorsiening vir ‘n minder formele ete, maar handhaaf steeds die hoë standaarde waarvoor die Conservatory bekendheid verwerf het. Die Bistro is perfek vir dagbesoekers wat ‘n spesiale Sondagete wil geniet sonder om oor te bly.

Spesiale tee
“High Tea” is ‘n sonderlinge geleentheid by De Hoek en met ons besoek was die tema boonop sjokolade. Sjoe, sjokolade in al sy verleidelike vorms is opgedis met kelners wat gedurig nuwe geregte gebring het. Sjokolade fondue, dekadente klam swartwoud sjokolade koek, bruintjies wat jou laat swymel… Ons moes net keer of ons het nie plek oorgehou vir die vyfgang-aandete nie.

Besprekings:
Lihandrie du Plessis (besprekingsbestuurder): 014 577 9600, 082 893 3787 of reservations@dehoek.com

Besoek hul webwerf by www.dehoek.com vir nog foto’s en inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.