kategorieë: Bekendes

Blind én outisties, maar dit hou hom nie terug nie

Blind én outisties, maar dit hou hom nie terug nieDeur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Rexfeatures/Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die wêreld is in rep en roer oor Kodi Lee se emosionele uitvoering in die 14de seisoen van America’s Got Talent (AGT). Gedurende die première-episode het die 22-jarige sanger, wat blind is én outisme het, miljoene kykers van regoor die wêreld in trane gelaat. Kodi het sy weergawe van Donny Hathaway se liedjie “A Song for You” foutloos uitgevoer, ’n staande applous van die gehoor en beoordelaars ontvang en daarmee saam boonop Gabrielle Union se eerste Golden Buzzer (en die eerste een van dié seisoen) ontvang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

View this post on Instagram

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

@kodileerocks is going STRAIGHT to live shows! ? #AGTPremiere

A post shared by America’s Got Talent – AGT (@agt) on

Na ses seisoene het die beoordelaars, Heidi Klum en Mel B  America’s Got Talent verlaat. Hulle word in die nuwe seisoen vervang deur die aktrise Gabrielle Union en die danser Julianne Hough, wat ook tevore ’n beoordelaar op Dancing With The Stars was. Verder is daar ook in Desember 2018 aangekondig dat Tyra Banks haar rol as gasheer (seisoen 12 en 13 van AGT) verlaat. Sy word weer vervang deur die akteur en voormalige NFL-speler, Terry Crews.

Gabrielle Union het in die première-episode van America’s Got Talent – wat op 28 Mei 2019 op NBC gewys is – haar eerste Golden Buzzer vir Kodi Lee gebruik en só een van die mees emosionele oomblikke in die AGT-geskiedenis geskep. As jy nog nie Kodi Lee se hartroerende oudisie op America’s Got Talent gesien het nie, kan jy hier daarna kyk:

Nuus oor Kodi se uitvoering en sy ongelooflike sangvaardighede het soos ’n veldbrand versprei, en hy het duisende gelukwense en boodskappe van aanhangers van regoor die wêreld gekry. Simon Cowell het gesê dat hy daardie oomblik (Kodi se opvoering) vir die res van sy lewe sal onthou. En hope bekendes insluitende Oprah Winfrey, Ellen DeGeneres, Calum Scott en Donny Osmond het via Twitter na die sanger uitgereik om hom geluk te wens met ’n wonderlike oudisie.

In reaksie op al die liefde en ondersteuning wat Kodi ontvang het, het hy ‘n spesiale boodskap met sy meer as 29 200 volgelinge op sy persoonlike Twitter-profiel gedeel:

Verder het Kodi op sy Instagram-profiel, waar hy tans meer as 216 000 aanhangers het, ’n foto gedeel waarop Gabrielle vir hom ’n stywe drukkie gee, en daarby geskryf “Heck yeah! Thank you Gabrielle, I love you.”

Gabrielle Union verduidelik waarom sy haar Golden Buzzer vir Kodi Lee gegebruik het, en die gevoel wat sy gehad het tydens sy uitvoering:

Noudat Kodi deurgedring het tot by die live shows, sal dit waarskynlik ’n rukkie wees voordat aanhangers hom weer sien. Die ses voorafopgeneemde AGT-oudisies sal voortgaan op NBC  tot en met 9 Julie. Daarna sal dit tyd wees vir die vier “Judges’ cuts”-episodes waarin die beoordelaars moet besluit oor wie tot by die live shows deurdring. Ten slotte begin die lewendige kwartfinaal-episodes op 13 Augustus en sal die tweedelige finale episode op 17 en 18 September op die lug wees.

Wanneer AGT-kykers hom weer sien, is ons seker dat die wag die moeite werd sal wees. Maar intussen kan julle na van sy ongelooflike uitvoerings deur die jare op YouTube kyk.

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.