kategorieë: KosWinterkos

Blits groentesop met brosgebraaide worsies

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 60 ml (¼ k) olyfolie
• 1 pakkie (500 g) klaar gesnyde sopgroente, of 2 wortels, 2 uie (geskil), 2 preie (gewas) en ’n bossie seldery, ruweg gekap in ’n voedselverwerker, of gerasper.
• 2 x 410 g-blikkies heel, geskilde tamaties
• Bouquet garni van: 3 lourierblare, ’n bossie tiemie en ’n bossie pietersielie, saamgebind
• sout en gemaalde swartpeper
• 1 liter hoenderaftreksel
• 1 x 410 g-blikkie botterbone
• 1 x 410 g-blikkie lensies
• hand vol pietersielie
• 6 beesworsies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Braai die wortels, uie, preie en seldery in die verhitte olyfolie in ’n groot, diep kastrol tot bruin.
2 Voeg die tamaties saam met die sous by en druk fyn met ’n vurk.
3 Voeg die bouquet garni en aftreksel by en laat vir sowat 20 min. kook. Geur na smaak.
4 Braai intussen die worsies in ’n pan met ’n bietjie olyfolie tot gaar. Sny in stukkies.
5 Voeg die bone en lensies by en roer die pietersielie en worsies deur. Sit voor met plaasbrood.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

3 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.