Genoeg vir 6.
Bestanddele
- 560 g dubbelroomjogurt
- 90 g heuning
- gerasperde skil van 2 lemmetjies
- 250 g frambose
Metode
- Klits die jogurt, heuning en lemmetjieskil saam in ’n middelslagmengbak.
- Skep die jogurtmengsel in lolliehouers met ’n inhoudsmaat van 125 ml.
- Druk die frambose fyn (behou ’n bietjie tekstuur) en vul die houers met die vars frambose.
- Sit ’n teelepel in elke houer en vries vir 4 uur of oornag.
