kategorieë: Blogs

Bloed en water

Dis amper sulke tyd. Met die skole eindelik toe is ons reg om 2014 se stof van ons voete te skud en die nuwe jaar te pak. Daar’s net nog een hekkie . . . of dalk twee, drie . . .

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“As hulle hul nie gedra nie, mekaar in die hare vlieg of enige spanning veroorsaak pak ek my tas. Ek kom huis toe,” sê my universiteitsvriendin oor haar voorhekkie. Sy’s einde-van-die-jaar-bleek, het nou genoeg gehad. “Selfs die dominee het Sondag daaroor gepreek. Dis my vakansie ook.” Reg vir die stil struweling, is sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Só stap familie tydig (en ontydig) oor die Kersdrumpel, ons maak Krismisbeddens vir kriewelende kinders, eet uit Ouma se pruttende potte en verdra skoonpa’s en –ma’s se dikwels ongevraagde raad én daad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Klop julle nie?” durf ’n broer. “Watwou klop? Dis my ma se huis ook dié,” brom ’n swaer. “Wil iemand bietjie koffie en vrugtekoek hê?” red ’n Ouma. “Kyk hoe sit jou kinders met hul voete op Ouma se bank,” roer ’n suster die pot. “Het Ma nuwe tydskrifte?” maak ’n skoonsuster haarself gemaklik. “Gaan jy nie vir Ma met die koffie help nie?” frons haar man, sak dieper stoel in. “Hier’s nie plek vir meer in die kombuis nie,” sêloer Oupa oor sy bril. “Kry ek ook ’n bietjie koffie?” Nóg ’n broer op nóg ’n bank. Dis sy vakansie ook . . .

Stilweg gefokus meet ons die treë versigtig, seil oor die hekkies, maar trap tóg hier en daar een plat. Dis dáárdie plattrap wat die ritme versteur, jou (en die skare) van balans gooi – jy’s midde-in die wedloop, het geen ander keuse nie. Recover. Fokus. Kry die ritme. Die volgende hekkie moet jy oor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Iewers in die huis is dit oorlog. ’n Niggie en neef kry stry, ’n broer en suster kies kant, ’n swaer staar na sy koffie, ’n skoonsuster speel wegkruipertjie tussen die tydskrifblaaie. ’n Ouma red, weer. “Kyk, hier’s chocolates in Ouma se laai.” Sy swaai die vredesvlag, kry kake aan die kou. “Kry ons ook chocolates?” ’n Broer kom regop op sy bank, ’n skoonsuster kyk op, ’n swaer glimlag breed, ’n Ouma dra aan – dis húl vakansie ook.

Algaande leert men. Tussen die chaos van eie familie, aangetroudes en aangelaptes herinner Ma my aan oorle Ouma se hekkie-strategie. “Dié dat ek net sê ‘O!’ en vinnig weer die ritme kry,” verklap Ma dan.

Tuis pak ek die tasse ál vinniger in die kar. Opgewarm, my spikes is in. Ek weet: dis die beste wedloop ooit, hekkies ten spyt. Algaande leert men. Bloed en water. Dis hoe dit moet wees. Nóú wil ek niks anders hê nie.

Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

21 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.