kategorieë: Ontspanning

Onderhoud: Bottomless Coffee Band

DAAR IS IETS OPWINDENDS AAN DIE ROER aan die Kaapse front. ’n Nuwe jong multi-instrumentele folk-duo, die Bottomless Coffee Band, se eerste CD, Room with a View, het pas die lig gesien. Hulle bestaan miskien net uit twee lede – Lourens en Esté Rabé – maar hulle sorg vir ’n reuse, werklik unieke klank- en verhoogbelewenis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hulle het die groep reeds in Augustus 2010 gestig toe hulle nog albei studente was met dieselfde drome vir ’n sekere klank in die musiekbedryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vandag is hulle nie slegs vennote in musiek nie, maar ook getroud. Hul styl is ’n kombinasie van akoestiese folk-rock en afroblues. Esté noem dit “gourmet musiek”. Dit beskryf ook hul visie vir albei se kuns: die skep van ’n organiese klank wat ook getrou aan hulself is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lourens en Esté beskou hul plek in die musiekomgewing as hul roeping, soos ’n gawe van Bowe. Hulle wil ook ander inspireer en bly soek. Die oogmerk is goeie tye, hoop, liefde en verandering …

Die twee speel saam agt instrumente, wat beteken hulle kan die klank van ’n volle band skep. Hul eie musieksmaak sluit in The Beatles, The Beach Boys, Johnny Cash, The Lumineers, Mumford and Sons en nog uit dié kader.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hulle is vars en opwindend, gewis.

Ons het hulle ’n paar lekker vrae gevra.

Gee my asb so ’n klein oorsig oor hoe jul bymekaar gekom het…

Ons het ontmoet as studente in die Stellenbosch Universiteitskoor. Op Stellenbosch het ons onderskeidelik B.Drama (Esté) en B.Comm Regte en Beleggingsbestuur (Lourens) studeer. Vir ses maande was ons net vriende. ’n Week nadat Lourens my uiteindelik uitgevra het, is hy en ’n paar musiek-vriende genader om ’n “once off” optrede by n spoggerige geleentheid op ’n wynplaas te doen. Hy het vir my gevra of ek graag sou wou deel wees van die aand en ek het ingestem om sommer net hier en daar ’n paar note te sing. Na hierdie aand het ons besef dat ons dit baie geniet om saam musiek te maak. Uit die geleentheid het meer navrae gekom en ons het besluit om voort te gaan daarmee! Dit is al vier en n half jaar gelede!

Waarom die spesifieke folk-instrumente? Is jul albei geskool in musiek?

Ons is mal oor die klank van die instrumente, veral in ons spesifieke kombinasie en die aard van ons stemme. Ons geniet dit ook om konstant nuwe instrumente aan te leer om sodoende iets vars na die tafel te bring. Ons wou graag ook ’n klank skep wat nie te algemeen op die publieke oor val nie. Ons wil ook baie graag die “old school” klank en styl van folk en blues musiek bewaar en tot herlewing bring. Ons het ook aanvanklik totaal verskillende aanslae tot musiek gehad en die middeweg was die klank wat ons nou so goed gevorm het! Lourens is self-opgelei en is ’n absolute musiekmeester as gevolg van die ure wat hy al van kleins af met sy instrumente spandeer het. Hy was aanvanklik ’n dromspeler in n metal band en het later by sy broer leer kitaar speel. Ek het klassieke sang en musiek teorie saam met B.Drama studeer, maar is ook self-opgelei wat die instrumente betref. Ons glo daarin om nie musiek te veel in ’n akademiese boks te plaas nie.

Julle is ook lewensmaats – help dit vir die ‘band’?

Mees beslis. Baie mense is van mening dat ’n mens nie saam kan werk as lewensmaats nie. Vir ons is dit juis die teengestelde; ons kan nie sien hoe lewensmaats nie saam kan werk nie. Ons is beste vriende op alle vlakke en ons voel uiters bevoorreg om ons grootste passie met mekaar en die wêreld te kan deel. Dit was nie altyd so maklik nie, ons het aanvanklik baie vasgesit oor ons verskillende aanslae en opinies, snaaks genoeg, veral ons verskillende aanslae tot musiek en die produksie daarvan. Ons moes beslis leer om mekaar se verskillende style van werk te leer ken en te verstaan, maar toe ons dít eers kon doen, het ons besef dat dit ons net nader aan mekaar trek om mense saam te vermaak. Musiek is so persoonlik en intiem. Mense is mal oor die “chemistry” tussen ons as ons speel en ons glo die huwelik skep ’n wonderlike platform vir mense om ons musiek op n ander manier in te neem en te ervaar!

Wat is die groot droom?

Ons glo regtig dat ons geroep is vir die musiek en vermaaklikheidsindustrie en ons altwee, insluitend ons families, weet dit al vandat ons klein is. Ons sal graag nog baie gehore wil vermaak deur ons musiek, maar ook deur ons storie. Ons hoop ook dat ons nog internasionale verhoë sal sien en dat nog ’n paar jaar se harde werk sal sorg dat ons ook ander sub-divisies en projekte onder die Bottomless-sambreel kan begin!

Dra jul musiek ’n ‘boodskap’?

Beslis. Dit dra verskillende boodskappe. Soms is dit net stories oor die lewe waarmee almal kan assosieer en ander kere is dit sosiale kommentaar. Ons wil nie net musiek skryf wat ons geniet om te sing en te speel nie; ons wil ook mense se harte raak deur wat ons sing en speel. Ons glo regtig dat musiek baie meer krag dra om te genees en te rehabiliteer as wat dit soms voor erkenning kry. Die oomblik as n mens kan sien dat jou musiek iemand raak, is al die harde werk die moeite werd!

Het julle al ’n CD? Hoe kan mense jul musiek te hore kry of koop?

Ja, ons debuut album is bekend gestel op 11 November 2014. Die album se naam is Room With a View*. Dit is op iTunes beskikbaar of by verskillende winkels soos gelys op ons webtuiste: bottomlesscoffeeband.com. Gaan luister ook gerus daarna op Soundcloud.

En die naam?

Ek (Esté) is verskriklik lief vir koffie. Toe Lourens my net ontmoet het, was dit vir hom vreeslik fassinerend dat ek so baie koffie drink en so lief is daarvoor. Toe hy dink aan ’n naam vir musiek het hy onmiddelik aan dit gedink; dat koffie en die geselligheid en kuns daarvan so baie ooreenstem met goeie, lekker musiek. Eintlik het ons musiek niks met koffie te doen nie, maar is dit n baie goeie atmosfeer bepaler! Vandag is ons altwee redelike koffie-snobs!

*LW, in die Januarie 2015-uitgawe van rooi rose is die titel van die album verkeerdelik as ‘Little Pink Book’ aangedui, as gevolg van een van die treffer-snitte op die album. Die regte titel is ‘Room with a View’

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.