kategorieë: Sukses en geld

Blogs: jou eie seepkis

Hoe begin jy?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Besluit wat jy wil bereik. Wil jy ’n blog begin om jou onderneming of beroep te bevorder, of wil jy bloot oor ’n onderwerpskryf waaroor jy passievol is? Daar is verskeie bloggingwerwe waar jy ’n blog kan registreer. Dis gratis, of kos ’n klein bedraggie per jaar. Jy kan jou eie blog skep op werwe soos Blogger, WordPress of host4africa.com Laasgenoemde kos vanR40 tot R390 per maand en jy kan jou domein registreer vir R100 wat jy jaarliks teen R75 hernu.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Top-Blogger

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Diana Moss van Kaapstad se blog, Miss Moss, het 90 000 unieke besoekers elke maand en 500 000 bladsybesoekers per maand – hoofsaaklik van Amerika en Europa. Selfs Diane Keaton is een van haar Pinterest-volgelinge. Advertensies op haar blog vul haar salaris as grafiese kunstenaar aan. Miss Moss is al in 2012 as een van The Telegraph se top-20-interieurontwerp-blogs aangewys en verlede jaar was sy ook Harrods in Londen se “Blog of the week”. Haar wenke vir beginners: “Ek dink baie mense blog deesdae by uitstek om geld te maak. Dit was nooit my uitgangspunt nie en ek dink nie my blog sou wees waar dit vandag is as dit my dryfveer was nie. Ek dink jy moet ’n aanlyn-teenwoordigheid vestig omdat jy werklik passievol oor iets is. Opregtheid trek lesers en dis wat jou van die ander gaan onderskei. En moenie vergeet van Instagram, YouTube en Pinterest nie – van my gunstelingmense om aanlyn te volg het nie blogs nie.

Hoeveel keer per week?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die meeste suksesvolle bloggers pos Maandag tot Vrydag elke dag iets. As jy eers in die roetine is, word dit makliker omdat jy dan bedag is op nuwe dinge wat jou blog sal kan laat werk.

Wenke

• Kom in die roetine om te blog sodat jy heeltyd op die uitkyk is na vars materiaal.
• Baie mense hou daarvan om blogs op hul mobiele toestelle te lees. Maak seker dat jou blog-werf ’n weergawe het wat versoenbaar is met slimfone en tablette.
• Sommige werwe laat jou toe om geld uit jou blog te maak deur Amazon Associates ID te gebruik, of deur Google AdSense-advertensies te plaas. As besoekers op jou skakel klik, kan jy geld verdien.
Feite moet korrek wees. As jou blog inligting verskaf, maakseker elke ding is korrek.
• Voor jy jou blog begin, maak seker dat jy nie ’n naam gebruik wat reeds in gebruik is nie, of dat jou domeinnaam met ander verwar kan word nie.
• Hou nuusverwante items werklik nuut en vars, en tydlose stukke van so ’n aard dat dit relevant bly.
• Kry reëls vir jou blog sodat kommentaar sosiaal aanvaarbaar bly.
• Hou jou ore oop, lees koerant en kyk op sosiale media waaroor mense praat. By www.talltweets.com/ trends/ kan jy sien watter twiets die gewildste in SA was.
• As jy ’n blog vir jou onderneming wil begin, maar nie genoeg vertroue in jou skryfvernuf het nie, betaal ’n kundige om dit te doen. Swaktaal en spelfoute doen jou geen guns nie.

Weet waaroor mense praat

Dis maklik om op Twitter te kyk wat die dinge is waaroor mense praat, maar daar is heelwat ander maniere ook.

• Buzzfeed: inspirerende pop-kultuur.
• Google Trends het ’n nuwe manier om tendense te soek en stel jou in staat om sommer terselfdertyd
na ’n klomp tendense gelyktydig te soek. Jy kan besluit of jy vir ’n spesifieke land of wêreldwyd wil soek. • “What’s Hotseksie” op Google+. Dit gee jou die trending hashtags, (kernwoorde wat mense in ’n twiet gebruik), gewilde posts en blaaie wat vir jou interessant sal wees. http:/plus.google.com/explore
• Op “Reddit” kan jy grappies, nuus en interessante stukkies lees wat op die internet versamel is en in volgorde van gewildheid geplaas word.

Interessante SA Blogs

Miss Moss
The Pretty Blog
I want That
Lucky Pony
SimplyDelicious
Scrumptious
Drizzle and Dip
Domestic Goddesses
Wolf and Wood

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.