kategorieë: Leef gesondGesondheid

Bly gesond: glukose-intoleransie, moesies, ontwurming

Toets jouself vir glukose-intoleransie

Jou liggaam se onvermoë om glukose te verwerk word as prediabetes beskou. Kyk hoeveel van hierdie tekens merk jy op – veral ná jy weggelê het aan soetgoed en koolhidrate. Laat jou bloedsuiker toets as jy bekommerd is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Jy is ongewoon dors.
2 Jou mond bly droog.
3 Jy is moeg.
4 Jy slaap meer as gewoonlik.
5 Jy moet voortdurend ’n draaitjie loop.
6 Jou bril bly dof, wat eintlik daarop dui dat jou oë aangetas is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Núwe moesies is moeilikheid

’n Interessante nuwe bevinding van die American Academy of Dermatology is dat verreweg die meeste melanoma (velkankers) uit nuwe moesies ontstaan, eerder as uit lank-bestaande moesies. Hou veral nuwe moesies dop.

Wenk Trek jou kleinste bikini of onderklere aan en bekyk jouself in die spieël. Gebruik ’n handspieël om jou rugkant en bene ook te bekyk. Neem ’n selfie en hou dit as jou verwysing. Herhaal in Maart, ná die somer. Laat ’n dokter na nuwe, vreemde moesies kyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ontwurm ’n slag

Wurms is so algemeen dat 40% – 90% van laerskoolkinders in ontwikkelende lande geïnfekteer is. Ons Departement van Gesondheid bied ’n ontwurmingsprogram by skole met voedingsprogramme maar selde by ander skole. Dus is jaarlikse ontwurming van jou laerskoolkind jou verantwoordelikheid. Gelukkig is die medikasie baie bekostigbaar en nie onaangenaam nie. Al probleem is om dit te onthou.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.