kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Tina Linder van ‘Die Brug’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In die hartjie van die ruie wildernis naby Buffeljagsdam buite Swellendam, het 12 vreemdelinge ’n avontuur aangepak om ’n brug te bou, letterlik en metafories, in kykNET se aangrypende nuwe werklikheidsprogram, Die Brug. In hierdie tawwe wêreld, staan Tina Linder nie net uit as ’n mededinger nie, maar as ’n simbool van veerkragtigheid en vasberadenheid. Op 45 het Tina, ’n enkelma van drie van Pretoria, ’n moedige sprong in die onbekende geneem. Dit is gedryf deur ’n begeerte om ’n stukkie van haarself terug te kry ná die tragiese verlies van haar man in ’n 2016-kroegvoorval.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die plaaslike verwerking van die internasionaal bekroonde werklikheidsreeks, daag deelnemers uit om binne 20 dae ’n brug te bou om by die gesogte prys van R1 miljoen uit te kom. Buiten die fisieke uitdagings, hou die struktuur kinkels in wat die groep se sosiale vaardighede, morele waardes en uithouvermoë tot die uiterste toets.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Marna van ‘Die Brug’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit weerspieël ook die deelnemers se persoonlike reise om struikelblokke te oorkom en brûe na nuwe moontlikhede in hul lewe te bou.

Tina, wat verkope by ’n privaat ekwiteite-maatskappy doen, sê haar lewe het haar al “’n paar snotklappe gegee,” soos sy dit openhartig stel.

“Daar is baie dinge waaroor ek spyt is. Ek het soms goed verkeerd hanteer as gevolg van my emosies, maar ’n mens tree op soos wat jy in die oomblik optree.”

Toe Tina op die vliegtuig klim om die Die Brug-reis aan te pak, was haar ma in die hospitaal, en die twee het afgespreek dat haar ma vir haar sou wag. Sowat twee maande nadat Tina teruggekeer het huis toe, is haar ma oorlede.

Haar motivering om vir Die brug in te skryf, was om die prysgeld te gebruik om haar drie kinders universiteit toe te stuur. En sy wou haarself herontdek. Sy dink egter nie daar is enigiets in die lewe wat genoeg sal wees om jou integriteit voor in te boet nie, en dit is hoe sy die uitdaging wou aanpak.

Karlien Meiring het meer oor Tina se persoonlike triomf gaan uitvind.

Hoekom het jy besluit om vir Die Brug in te skryf?

Ek het ingeskryf, want ek het gesien ek kan R1 miljoen wen, en net gedink: “Hoe moeilik kan dit nou wees?” Ek het dit aanvanklik gesien as ’n geleentheid om my finansiële druk ’n bietjie te verlig. Ek het kort voor lank ook besef dat ek ’n persoonlike reis het wat ek wil graag wil voltooi. Ek wou myself uitdaag.

Om ’n weduwee te wees en drie kinders alleen groot te maak, is ongetwyfeld uitdagend. Watter raad sal jy aan ander in ’n soortgelyke situasie gee?

Om drie kinders alleen groot te maak, is beslis die grootste uitdaging wat ek nog in die gesig moes staar. My dogter (nou 18), is ’n groot Harry Styles-aanhanger. As gevolg daarvan ken ek natuurlik ook al sy liedjies se lirieke. In een van sy liedjies sing hy: “In this world, it’s just us, you know it’s not the same as it was… As it was.” As jy dit in jou gemoed kan vind om so gou as moontlik te besef, te aanvaar en vrede te maak met die “nuwe normaal”, gaan jy vir jouself en jou kinders die lewe baie makliker maak. ’n Mens sal altyd na die goeie ou dae terugverlang, maar jy kan nuwe goeie dae skep. Ek het regtig baie raad, ek kan ’n boek skryf! Wat vir my goed gewerk het, is om op my kinders se vlak te bly, sodat hulle my ten alle tye kan vertrou en vertel wat in hul lewe aangaan. Tyd is die beste medisyne, wees geduldig met jouself. Ek is soms steeds ongeduldig met myself. Die skuldgevoel wat ’n ma alewig het, is so onnodig, so ‘don’t sweat the small stuff.’ Maak vrede daarmee dat jy nie altyd al die balle in die lug kan hou nie. Jou kinders gaan eendag groot word en verstaan. Tot en met dan, vat ons dit dag vir dag, want as ek glimlag, sal hulle glimlag. It takes a village – daar is ongelooflik baie krag in ’n gemeenskap en vriendinne wat omgee.

Hoe het jy fisiek en emosioneel vir Die Brug voorberei?

Ek is normaalweg in my dag-tot-dag lewe aktief, so ek het geweet ek is fiks en sterk genoeg. Ek het wel Die Brug onderskat. Emosioneel het ek baie hard met myself gepraat. Ek wou dit baie graag deurvoer, en aan myself en my kinders bewys dat enigiets moontlik op enige stadium van jou lewe is. As die deur toegaan, maak ’n venster oop!

Jy het genoem dat jy ’n ooreenkoms met jou ma gemaak het voordat jy na Die Brug vertrek het. Kan jy ons meer daaroor vertel en wat dit vir julle albei beteken het?

My ma was vir die laaste 12 maande voordat Die Brug verfilm is, in en uit die hospitaal. Die dag voordat ek vertrek het, het ek my ma weer hospitaal toe gevat. Sy het aan emfiseem gely. Ek het heeldag by haar in die hospitaal gesit en haar gevra om asseblief nie dood te gaan terwyl ek weg is nie. Sy het my in die oë gekyk en my belowe. Ek glo vas dit was haar redding daardie tyd. Ek glo sy het geweet dit sal my verwoes en ek weet sy was baie opgewonde om die R1 miljoen saam met my te vier – so sterk het sy in my geglo. Sy het my ook laat belowe dat, as iets gebeur, ek nie sal onttrek as gevolg daarvan nie. Sy het haar belofte gehou, soos net ’n ma kan, en het op haar pos vir my gewag tot ek terug gekom het.

Hoe het jou ma die mens wie jy vandag is beïnvloed?

As ek aan my ma dink, is die heel eerste gedagte wat opkom, hoe mooi sy haarself altyd versorg het. Sy het my van selfrespek geleer, sonder dat ek dit besef het – dit was deel van haar daaglikse roetine. Ek het haar as ’n jong ma gesien worstel, sonder dat ek besef het sy worstel. Ek weet dit nou, want ek is self ’n ma wat worstel. My ma was ongelooflik lojaal, en dit is beslis waar ek my lojaliteit vandaan kry. Sy was ’n fighter. Ek sê altyd, die oomblik wanneer iemand sterf, verander hulle in ’n engel, want ’n mens onthou dan slegs die goeie. Maar met my ma is dit regtig so. Sy het bitter min iets sleg oor mense te sê gehad. Sy was lief, en was liefgehad. Sy het soveel lojaliteit, liefde, deursettingsvermoë, geduld, en humor in my gevestig, dat ek regtig nie anders wil wees as wat ek is nie. In my lewe het ek ten spyte van talle hartseer en teleurstellings opgestaan, omdat sy my geleer het – as jy val, blaas die stukkende plekkie droog, staan op, lig jou kop op en gaan aan.

Die Brug word op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit kan ook op DStv Stream gestroom word en is op Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Binnelanders’ se Claudia Jones

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

9 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

14 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

1 day Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

1 day Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 days Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.