kategorieë: In die nuusJou lewe

Donderweer, vuurwerke en jou angstige troeteldier

Donderweer, vuurwerke en jou angstige troeteldier. Saamgestel deur Catherine Schenck. Hooffoto: the_guitar_mann/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis weer Feestyd en tussen Guy Fawkes-dag in November tot ná Nuwejaar is dit ook geraas- en vuurwerktyd. Dis boonop reënseisoen in groot dele van die land, wat donderstorms beteken. Die eienaars van angstige troeteldiere sien glad nie uit na hierdie gebeurtenisse nie, maar tog gebeur dit elke jaar en jy moet daarop voorbereid wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Hoe om jou hond se ore skoon te maak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vuurwerke

Die gebruik van vuurwerke in Suid-Afrika word deur verordeninge onder die Wet op Plofstowwe van 1956 gereguleer wat onder andere stel dat geen vuurwerke geskiet of ontplof mag word binne 200 meter van enige hospitale, klinieke, petrolstasies, ouetehuise, verpleegeenhede of  dierewelsynsorganisasie nie, en dat dit onwettig is om vuurwerke te gebruik om troeteldiere af te skrik.

“Al is die vuurwerkvertoning ’n redelike ent van jou huis af weg, is honde en katte se gehoor baie skerper en sensitiewer as ons s’n, en die geraas kan steeds ’n angstige reaksie veroorsaak,” sê dr. Guy Fyvie van Hill’s Pet Nutrition. “As jy ’n angstige troeteldier het, is dit belangrik om te weet wat jy kan doen om die spanning te verlig wat hulle dalk kan ervaar,” sê hy.

Foto: Pexels

Hoe weet ek my dier is angstig?

Volgens Fyvie moet troeteldiereienaars oplet na die volgende tekens wat daarop kan dui dat jou troeteldiere angstig is:

  • Jou troeteldiere kruip weg
  • Die diere wat gewoonlik nie in die huis urineer nie, maak glipse (urine en ontlasting)
  • Jou hond of kat hyg oormatig
  • Jou troeteldier kan nie rustig raak nie
  • Jou diere is bewerig
  • Jou troeteldier gaap aanhoudend
  • Hy kou of lek oormatig aan goed
  • Die diere probeer om aan hul omgewing te ontsnap
  • Die honde blaf, of tjank, meer as gewoonlik

Foto: Image Source/istock images

Wat jy kan doen om jou dier voor te berei

Eerstens kan jy jou troeteldiere vooraf leer hoe om angswekkende ervarings soos donderstorms en vuurwerke te hanteer, skryf Karin Pienaar vir epetstore. Sy skryf dat jy klein hondjies of katjies van ’n jong ouderdom af op hierdie ervarings kan voorberei. Hondjies se vensterperiode om hierdie vaardighede te leer is sowat sestien weke, en katte s’n slegs agt. Die belangrikste is om hulle na sosialiseringsklasse toe te neem, waar hulle leer om met ander diere te sosialiseer, maar ook voorberei kan word om ongemaklike situasies te kan hanteer.

Sy noem dat jy stelselmatig jou troeteldier aan harde geluide moet blootstel, soos deure wat klap, harde musiek, en vreemde klanke – als in ’n veilige omgewing. Sy stel voor dat jy byvoorbeeld die diertjie vryf, hul gunstelingspeletjie met hulle speel, of hulle voer sodat hulle positiewe assosiasies met hierdie klanke kan ontwikkel.

Lees ook: Troeteldiere en hul tande

Volgens Pienaar kan jy ouer én jonger diere op die volgende manier vir angswekkende ervarings voorberei: Gee vir jou troeteldier (of dit nou ’n hond of ’n hamster is) ’n veilige, private plek van hul eie.

  • Hierdie plekkie moet liefs klankdig en veilig wees.
  • Jy moet jou troeteldier vooraf gewoond maak dat hierdie hulle veilige plekkie is, en dat hulle gemaklik is om dit te gebruik. Diere sal instinktief iewers wil wegkruip wat beskut is, so maak seker dat hierdie plekkie so voel.
  • Elke troeteldier moet hul eie plekkie hê.
  • Hierdie plek moet te alle tye beskikbaar wees om gebruik te word.
  • ’n Goeie manier om jou troeteldiere gewoond te maak aan hierdie plekke is om hulle daar te voer en om hulle aan te moedig om snags daar te slaap.
  • Wanneer jou troeteldier in hul veilige plekkie wegkruip, mag jy hulle nie steur nie. Dis hulle spasie, en nie jy of die kinders moet hierop indring nie.

Foto: pexels

Wat jy kan doen om jou diere tydens ’n donderstorm of vuurwerkvertoning te help

  • Maak seker dat jou dier ’n ingeplante mikroskyfie het, of dat hulle ’n halsbandjie met jou besonderhede dra. Die idee is om te vermy dat jou dier weghardloop, maar daar is steeds ’n kans daarop en indien dit gebeur, is dit goed as jou dier terug besorg kan word.
  • Gaan stap of speel vroeër die dag met jou troeteldier sodat hulle stokflou in die aand is.
  • Maak seker dat jou diere ’n draai geloop het voordat hulle in die huis kom.
  • Voer hulle behoorlik vooraf, maar maak seker dat hulle heeltyd toegang tot water, kos en bederfies het.
  • Laat hulle al teen sononder, of voordat die storm begin, in die huis toe sodat hulle gewoond kan raak aan binne wees. Hou hulle heelaand binne sodat hulle nie probeer ontsnap en seerkry nie.
  • Skep ’n rustige atmosfeer in die huis deur dit soos ’n normale dag te laat voel. Sit die TV aan, speel musiek, en gesels, of doen wat julle op ’n gewone dag sou doen.
  • Maak die gordyne toe sodat die flits van vuurwerke nie sigbaar is nie
  • Maak seker die veilige plekke waarheen jou hond of kat kan gaan wanneer hulle angstig voel, is binne die huis. Maak seker hulle het ’n veilige speelding om aan te kou sodat hul aandag van die geraas afgelei kan word.
  • Probeer om geraas uit te blok deur vensters en deure in die huis toe te maak.
  • Maak seker dat alle deure en openinge toegemaak is sodat jou dier nie weghardloop nie.
  • Sit ’n sandbak in die huis vir katte wat buitentoe kan kom en gaan soos hulle wil, en maak alle deure, vensters, en kat-deurtjies toe sodat hulle nie daardie aand kan uitgaan nie.
  • Kleiner diere soos hamsters en voëls se hokke moet ook bedek en beskerm word.
  • Bly tuis. As jy nie tuis kan bly met jou troeteldiere nie, maak seker dat daar iemand wat hulle vertrou by die huis is om hulle te kalmeer. Hoe minder verandering daar in hierdie tyd is, hoe beter.
  • Jy mag maar jou diere kalmeer. Vryf hulle, sit langs hulle, of gesels met hulle.
  • Vra jou veearts oor kos wat spesiaal geformuleer is om te help om stres te verminder, soos die Hill’s* Prescription Diet i/d Stress for dogs en Hill’s Prescription Diet c/s Stress for cats. In ernstige gevalle kan jou veearts medikasie voorskryf. Let wel dat jy eers met die veearts moet gesels voordat jy jou troeteldier medikasie kan gee.

As jy wonder of jou troeteldier angstig is, vul die Hill’s troeteldier-spanningstoets in. Klik hier vir die skakel.

*As jy verwag dat jou troeteldier binnekort ’n stresvolle ervaring gaan meemaak, soos vuurwerke of om in die vakansie in die hondeherberg te gaan bly, is dit beter dat jy jou troeteldier vier weke vantevore stelselmatig aan hierdie kos bekend stel. Troeteldiereienaars het wel gerapporteer dat hulle reeds positiewe resultate gehad het ná net ’n paar dae se gebruik. As jou troeteldier angstig is, kan jy oorweeg om jou dier in die lang termyn hierdie kos te voer.

Lees ook: Rond is nie gesond vir kiets en woefie nie

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.