kategorieë: Sukses en geld

Boedels: ’n selfdoengids

“Haar testament is deur haar bank opgestel. Dit klink so gerieflik dat hulle jou testament gratis opstel en alles namens jou hanteer. Maar in werklikheid het hulle my ma tien jaar gelede ’n standaardvormpie in die hand gestop. En toe dit by die afhandel daarvan kom, het ’n klerk met min entoesiasme die minimum gedoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ék moes rondhardloop om my ma se motor van haar naam af te haal, haar bankrekening sluit, reëlings tref vir haar aftrekorders, en die dokumentasie vir een van haar polisse by haar lewensversekeraar gaan aanvra. Die bank het al die detail gehad, maar het my kort-kort gebel om dié of daardie te doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek het ook aanvaar dat ek alles sommer by ons naaste tak sou kon doen. Dit werk toe glad nie so nie. Ek moes vir elke bakatel inry stad toe, ’n groot persoonlike guns omdat ek iemand daar ken dokumente ontvang en stad toe gestuur – ook net een keer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“En was dit duur! Op my ma se eenvoudige, doodgewone boedel van R2 miljoen moes ons R70 000 opdok. ’n Vriendin van my se pa is in dieselfde tyd oorlede. Sy boedel was by die R10 miljoen, waarvoor hulle maar R38 000 aan hul prokureur betaal het vir die afhandeling daarvan – en dit was ’n meer gekompliseerde boedel met ’n grondtransaksie wat ná die afsterwe gefinaliseer moes word.

“Boonop het ek eers agterna verstaan waarom hulle letterlik elke teelepel in haar huis kom tel het. Dit het die boedelwaarde opgestoot, en hul 3,5% bedrag daarmee saam.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir die meeste van ons is dit ’n eerste keer as ’n ouer of ’n eggenoot sterf. Testamente en boedels is bra onbekende terrein, en jy wonder of jy regtig knap genoeg is om as eksekuteur op te tree? Sonder ’n regs- of finansiële kwalifikasie? Waarvoor laat jy jou regtig in?

Marius, wat eksekuteur van sy pa se boedel was, is ’n besige fabrieksbestuurder. “Buiten wat ek van my eie en fabrieksfinansies weet, het ek geen spesiale kennis van boedels nie. Maar eintlik is dit maklik genoeg.

“Jy voer in elk geval nie die regsaspekte uit nie. Jy wys bloot ’n prokureur aan. Verder monitor jy die situasie en handel ’n paar take af.

“’n Goeie wenk: Jy teken nooit die kontrak met die prokureursmaatskappy nie, maar met ’n spesifieke prokureur. Die verskil is dat jy die prokureur se eie diens en kundigheid kry. Anders word jou boedel deur die prokureursklerke afgehandel. Maar min groot prokureursfirmas laat dit toe, en ek moes hiervoor gaan soek.”

Wat het hy uit die ondervinding geleer?

“Die eerste punt is dat die testateur die persone wat hy as eksekuteurs oorweeg persoonlik moet vra of hulle beskikbaar is. Dit gaan net probleme veroorsaak as jou benoemde eksekuteur nie kans sien nie.

“Tweedens is dit, na my mening, belangrik dat jy as eksekuteur goed ingelig is oor die testament wat jy moet deurvoer sodat jy weet wat die oorledene regtig wou hê en hoekom. Jy moet ook weet waar hy al sy amptelike dokumente, van sy ID tot sy kontrakte, hou.

“Derdens is dit belangrik dat jy tot aan die einde van die proses in kontak met al die erfgename bly sodat jy weet wat regverdig vir elkeen is.

“Ek het ook geleer hoe belangrik dit is om op al jou polisse en pensioenfondse jou langslewende en familielede as begunstigdes te benoem. Die geld wat uitkeer, kom dan nie in die boedel nie maar direk in hul eie rekenings, wat die eksekuteersfooi verminder.

“Maar ek dink my hooftaak was om my ma te beskerm. In hierdie stadium is die langslewende baie broos. Hulle kan maklik uitgebuit, omgepraat of gedruk word om groot finansiële besluite te neem wat regtig nie tot hul eie voordeel is nie. Dit is ongelooflik hoeveel mense my ma genader het om geld te leen en met voorstelle vir beleggingsplanne.”

Jou amptelike take

1 Die begrafnisondernemer reik ’n doodsertifikaat uit. Neem dit na die polisiekantoor, saam met die oorledene se ID en paspoort. Hulle stempel dit dan as “Deceased”.
2 Maak tien tot twintig afskrifte van die ID, paspoort en doodsertifikaat en laat dit deur ’n kommissaris van ede (die polisie en predikante wat gelisensieer is om huwelike te voltrek) waarmerk.
3 Gaan na die bank om die oorledene se bankrekening te sluit. Reël met die bank sodat julle eers soveel moontlik kontant uit die rekening haal om die afhanklikes deur te dra tot die boedel afgehandel is.
4 Neem die testament na verskeie prokureurs, as jy nie jou eie een het nie, en kry ’n kwotasie vir die afhandel daarvan.
5 Laat die prokureur ’n brief opstel waarin versoek word dat die meester van die hof jou amptelik as eksekuteur aanwys. Jou aanstellingsbrief is baie belangrik, want dit gee jou die reg om die res van jou take uit te voer. Dit, saam met die testament, moet binne 14 dae ná die sterfdatum by die meester ingedien word.
6 Maak by die bank ’n boedelrekening oop. Slegs die eksekuteurs het tekenregte op die rekening.
7 Stel die oorledene se pensioenskema en lewensversekeraars in kennis van die sterfte sodat alle polisse in die boedelrekening inbetaal word. Verskaf aan hulle afskrifte van jou eksekuteursbrief en ID en die oorledene se gestempelde ID.
8 As daar groot bedrae geld in die boedelrekening inkom, reël dat dit op die voordeligste manier moontlik belê word, soos op die geldmark of as 32 dae- vaste deposito, waar dit toeganklik is maar darem maksimaal rente inbring.
9 Gaan na die verkeersdepartement om reëlings vir die oorledene se motor/s te tref – met jou eksekuteursbrief, ID, die oorledene se ID en afskrifte van elkeen.
10 Reël met al die oorledene se diensverskaffers vir die afhandeling van sy dienskontrakte, soos selfone, TV-lisensie, DSTV, korttermynversekering, mediese fonds, munisipale rekenings, klererekenings, huisverband, huurooreenkomste, huurkoopkontrakte en so meer. Elkeen sal ’n afskrif van die oorlede se ID, jou ID en jou eksekuteursbrief verlang.
11 Reël terselfdertyd dat die dienskontrakte wat moet voortgaan, na die langslewende se naam oorgaan.
12 Reël vir die verkoop van bates, soos motors en eiendom as dit nodig is.
13 Stel ’n batelys op en oorhandig dit aan die prokureur. Dis onnodig om elke vurk en teelepel te tel. Die meester aanvaar ’n oorhoofse waarde soos R20 000 of R100 000 as huisinhoud, mits dit realisties is. Jy sal ook eiendom moet laat waardeer. Meestal aanvaar die meester die munisipale waardasie, of ’n waardasie soos gegee deur twee eiendomsagente. Jy hoef nie die koste van ’n eiendomswaardeerder aan te gaan nie.
14 Die prokureur sal van sy kant af take uitvoer, soos om te adverteer vir uitstaande skuld, ’n likwidasie- en distribusierekening opstel en aan die meester voorlê. Jy behoort ingelig te word van elke stap en dit goed te keur.
15 Jou laaste taak is om die bates te verdeel, soos in die testament bepaal.
16 Hoewel jy as eksekuteur kan eis vir groot uitgawes wat jy aangaan, word aanvaar dat jou dienste gratis is.

Wie om as jou eksekuteur te kies?

• Kyk wie in jou kring is regverdig en betroubaar.
• Vermy liefs iemand wat finansieel baat gaan vind deur kommissies op beleggings en ander transaksies te verdien.
• Hy/sy moet ’n onbesproke finansiële rekord en sonder ’n kriminele geskiedenis wees. Die meester van die hof het die reg om eksekuteurs af te keur as hy glo meen die persoon is onbevoeg.
• Wys verkieslik twee eksekuteurs aan. ’n Familielid en ’n buitestander kan goed werk. Dit verlig die las op elkeen, keer misdrywe en as een sou wegval, is minstens een beskikbaar.

Handige bron
Lees meer op die Prokureursorde se webwerf by www.lssa.org.za

My totsiens-lêer

“Ná my man oorlede is moes ek rondhardloop om alles bymekaar te kry. Dit gaan ek nie aan my kinders doen nie. Dus het ek ’n lêer saamgestel met al my dokumente daarin. Ek het ook ’n mooi, persoonlike groetbriefie aan elkeen van my kinders bygesit. Ek hoop dit sal vir hulle maklik en lekker wees om al my goed eendag uit te pluis. Ek het die volgende goedjies in my lêer:

• my testament (daar is ’n ekstra afskrif by die prokureur wat dit opgestel het)
• die kontakdetail van my eksekuteurs.
• al my “nommers” van my ID, pensioenfonds, mediese fonds, koop-, klere- en bankkaarte, bankrekening tot wapenlisensie en paspoort
• al my sleutelkodes soos dié van my Internet, selfoon (ook die PUK-kode), e-pos, motorsleutels. Ek het ook my kluissleutel se bêreplek hier ingeskryf.
• my amptelike dokumentasie soos my ID, geboorte- en huweliksertifikaat. Ek was binne gemeenskap van goedere getroud. Dus is my man se doodsertifikaat ook hierby.
• my lisensies soos my motorlisensie en wapenlisensie
• al my kontrakte, soos vir my motor, huis, selfoon, my korttermynverskeringsdetail en my TV- huurkoopkontrak.
• bewyse vir al my beleggings en lewensversekering, aandelesertifikate, poliskontrakte, bankdeposito’s
• ’n lys van my bates
• al my werksbesonderhede, soos my personeellidnommer en my pensioenfondsnommer
• telefoonnommers van kontakte wat sake kan vergemaklik, soos die nommers van die pensioenfonds, mediese fonds, my beleggingsadviseurs, die personeelbestuurder by my werk en die eksekuteurs van my boedel.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.