Lugkasteel
– Annelie Botes (Penguin)
In 2004 het Annelie Botes op die vliegtuig geklim Engeland toe om ’n ouma te gaan soek wat sy kan oppas. Dit was haar “boete-reis vir agterweë skuld” en die boek se naam was Sabbatsreis. Sy het toe haar Granny gekry en die ervaring was hels en hemels.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dié keer is haar reis terug Engeland toe effe anders. Sy word die oppasser van vier onhebbelike, ongemanierde en bedorwe seuns uit die adelstand. Maar tot haar skok bevind sy haar eerder in ’n Aspoester-posisie: skoonmaker, bediende, onderling. Sy kry koud, sy ly honger. Sy kry skuiling in ’n ou Merc wat verlate in ’n plaat onkruid op die landgoed staan en maak dit haar toevlugsoord; ’n plek waar sy droom en dink. Tien jaar later sit sy by haar ou lessenaar en dink weer oor daardie tyd. En leer: ondanks ons stukkende vlerke is dit moontlik om weer te leer vlieg. Botes se vermoë met die woord is lieflik, soos in al haar boeke bewys.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Uitgewersprys R220
rooi rose R200
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.