kategorieë: Gesondheid

Moet jou student-kind op PrEP vir vigs wees, net ingeval?

Geen ma sal ooit promiskue seks aanmoedig nie. Ons ook nie. Maar seks op universiteit is meer algemeen as wat ouers dink. ’n Vinnige soektog op PubMed, waar alle erkende mediese navorsing geplaas word, lewer sommer dadelik drie ondersoeke op wat min of meer dieselfde bevind: rondom 30-50% van eerstejaarstudente is seksueel aktief, en teen hul derde, vierde jaar is 70% seksueel aktief. Die navorsers noem dat dit opvallend is dat die patroon oral dieselfde is. Dalk is syfers in ons land laer – of nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

(Jy kan self meer hier lees: artikel 1; artikel 2 en artikel 3).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe ook al, dit gaan nie noodwendig oor los sedes nie maar oor mense wat vir drie, vier maande in ’n verhouding is en dan verbrokkel dit. So beweeg selfs meer konserwatiewe studente binne ‘n gemiddelde studieperiode van drie tot vier jaar tussen twee tot agt  maats.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

En wat as jou kind glo die verhouding is eksklusief maar haar maat kul en/of weet nie wat sy vigsstatus is nie?

Die punt is ons kinders is blootgestel aan vigs. Dit laat mens dus kyk na die nuwe PrEP, wat vigs 90% tot selfs 100% suksesvol met ’n daaglikse pil kan voorkom. Maar vóór jy op pille begin staatmaak, wat moet jy van PrEP as voorkomende behandeling vir vigs weet?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Wat is PrEP?

Dit staan vir pre-exposure prevention. PrEP is nie ’n antibiotika of antivirusmiddel opsigself nie. Dit is in effek ’n voorkomende strategie – soos wat vaksinering ’n strategie is.

Net soos ’n vaksien vir vaksinering gebruik word, word teenvirusmiddels vir PrEP gebruik op ‘n voorkomende manier. Dink so daaraan: jy wag nie tot jy masels kry en probeer dit dan te behandel nie; jy gebruik ‘n vaksien vooraf en keer dat jy masels kry. Net so wag jy nie tot jy HI-virus opdoen nie en probeer dit dan behandel nie. Jy gebruik ‘n pilletjie vooraf en keer so dat die virus vastrapplek kry.

2 Watter medisynes word vir PrEP gebruik?

Die meeste PrEP-middels bestaan uit twee anti-vigsmiddels, wat saam in een pil gekombineer is. Op die oomblik is Truvada die enigste beskikbare middel, maar teen einde 2017 behoort generiese middels ook beskikbaar te wees.

3 Hoe werk PrEP om vigs te keer?

Baie eenvoudig – maar te kompleks om te verduidelik.

Die idee is dat jy jou PrEP-pil daagliks gebruik en so die hoeveelheid antivigsmiddel in jou bloedstroom opstoot na ‘n vlak wat die virus uitwis sodra jy daarmee in kontak kom. Dit kom daarop neer dat jou liggaam ‘gelaai’ is met medikasie, wat die virus vernietig voor hy vastrapplek kry.

Gestel ‘n meisie het onbeskermde seks met iemand wat MIV-positief is. Dit bring mee dat die MI-virus in die vagina beland. Die MI-virus dring die sagte slymvliesselle binne en versprei daarvandaan na die res van haar liggaam. So raak sy MIV-positief, wat mettertyd ontwikkel in vigs.

Tensy sy op ‘n PrEP soos Truvada is. Hierdie pil spring aan die werk en keer dat die virus vermeerder. As die virus nie kan vermeerder nie word dit mettertyd uitgewis. So bly sy HIV-vry.

4 Wat suksesvol keer PrEP vigs?

As dit reg gebruk word is dit bykans 100% suksesvol. Maar in party ondersoeke was die sukseskoers so laag as 50%.

Die navorsers skryf hierdie groot verskil daaraan toe dat baie mense PrEPs nie korrek gebruik nie. PrEPs is net doeltreffend om vigs te voorkom as jy dit korrek gebruik.

5 Hoe moet jy ‘n PrEP-pil gebruik om teen vigs?

Jy moet elke dag een pil op min of meer dieselfde tyd van die dag drink – net soos Die Pil.

Dit is die maklikste as jy ‘n tyd kies wat jy aan ‘n vaste roetine kan koppel. As jy party oggende sesuur opstaan en ander tot elfuur slaap dan is opstaantyd nie ‘n goeie tyd nie. As jy egter altyd min of meer eenuur middagete eet, is dit ‘n goeie tyd om vas te maak vir jou daaglikse PrEP-pil.

6 Hoeveel weke of dae na jy met PrEP begin het kan jy seks hê ?

Dit neem ‘n maand voor PrEP jou goed teen die HI-virus beskerm. Net soos die Pil, moet jy dit minstens vier weke lank elke dag op dieselfde tyd gebruik voor die konsentrasie daarvan in jou weefsel hoog genoeg is om die MI-virus uit te wis.

7 Wat as jy jou PrEP-pil net een keer vergeet het? Of ’n paar dae oorgeslaan het?

Jy verloor jou beskerming baie gou. Net soos met die Pil, is jy tydelik – eintlik vir die volgende maand – onbeskerm teen die HI-virus. Hervat jou roetine en drink op jou gewone tyd weer ’n pil. Maar wag vier weke voor jy weer seks het want dit kan tot ’n maand neem voor jy volkome veilig is.

8 Help PeEP na seks?

Nee, dit is te laat. Die hele strategie is gebou op vooraf-beskerming. Onthou, dit neem ’n maand voordat jou PrEP-vlak hoog genoeg is om die virus af te weer. Gaan liewer dadelik dokter toe, of na jou naaste kliniek, waar jy getoets sal word en op die regte medikasie vir jou omstandighede geplaas sal word.

9 Kan jy PrEP-pille saam met die Pil gebruik?

Ja. PrEPs kan saam met enige vorm van die Pil gebruik word, soos Yasmin, die ondervel-implantaat, die Mirena, die plakker, die O-ring of die inspuiting.

10 Is PrEPs veilig?

Die idee is dat jy PrEP staak sodra jy in ‘n langtermyn, eksklusiewe verhouding of wedersyds getroue huwelik is. Jy gebruik dus PrEP net vir ‘n periode van tot vyf jaar  – veral daardie onverbonde lewensfase waartydens jyekstra beskerming nodig kan kry. Dit is kort genoeg dat dit die meeste jong, gesonde mense nie lewer- of nierskade van PrEP behoort oor te hou nie.

Nogtans is dit verstandig om versigtig te wees. PrEP-middels is dus net op voorskrif te kry is, sodat jou dokter vooraf kan seker maak dat jý nie een van die mense is wat PrEP-middels moet vermy.

Wie kan nie PrEP gebruik nie? In die reël met mense wat reeds MI-positief is, Hepatitis B het of lewer- of nierprobleme PrEP vermy.

PrEP bots ook met verskeie ander soorte pille – nog ‘n rede waarom jou dokter moet uitklaar of dit reg vir jou is.

11 Wat is die newe-effekte van van PrEP ?

Die meeste klagtes gaan oor hoofpyn, moegheid, naarheid, diarree en gewigsverlies. Dit gaan meestal binne ‘n week of twee verby.

12 Wat kos PrEPs en waar kry jy dit ?

Die eerste PrEP-middel wat in Suid-Afrika beskikbaar gestel is, Truvada, kos tans sowat R600 per maand, maar Adco-Entevir kos sowat die helfte daarvan, en selfs goedkoper generiese middels betree tans die mark.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.