kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Transaksionele Analise

In die artikel “Kry jou lewe terug” in die rooi rose van Februarie 2017 praat persoonlike ontwikkelingspesialis Judy Klipin oor “other-centredness”, of wat gebeur wanneer jy ander mense se behoeftes outomaties bo jou eie stel. In die artikel word daar verwys na Transaksionele Analise. Hier kan jy meer oor dié sielkundige benadering lees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir party van ons is persoonlike ontwikkeling ’n leefwyse; ander word deur ’n krisis na terapie gedryf. Terwyl die verskeidenheid ortodokse en komplementêre terapievorme bly groei, is daar ’n toenemende neiging om tradisionele sielkunde met energiegenesing te kombineer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Een opwindende voorbeeld is die gesamentlike gebruik van Transaksionele Analise (TA) en Touch for Health (TFH). TA het in die jare sestig begin opslae maak toe psigoanalis dr. Eric Berne se Games People Play en ander boeke topverkopers was. Dié sielkundige benadering het wyd aftrek gekry omdat dit persoonlike en kommunikasieprobleme prakties en verstaanbaar hanteer.
TFH is ’n holistiese gesondheidstelsel wat eeue oue kennis van drukpuntterapie en moderne beginsels van fisiologie en biochemie inspan om mense se liggaamsenergie te balanseer. Spiertoetsing – ’n tegniek wat die liggaam laat “praat” – staan sentraal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek werk kognitief en my dogter, Adri, intuïtief,” sê Hendrien Nortjé, maatskaplike werker en TA-terapeut van Pretoria. Adri, ’n media-analis, het ’n deeltydse TFH-privaatpraktyk. “Hoewel ons kliënte nie noodwendig albei terapievorme gebruik nie, is dit verstommend hoe dieselfde kernkwessies wat tydens praatterapie by my na vore kom deur spiertoetsing by Adri uitgewys word – al bespreek ons dit nie vooraf nie. Dit bevestig die beginsel dat ons innerlike wêreld, wat ons gedrag en belewing van die werklikheid bepaal, op sellulêre vlak vasgelê is. Deur dit met terapeutiese gesprekke of liggaamstegnieke na die oppervlak te bring, kan issues nuut benader of deur energiebalansering opgelos word. Dan is ons nie meer die slagoffers van emosionele wonde en gekondisioneerde patrone nie, maar vry om heilsamer keuses te maak. Só kan mense en verhoudings begin blom.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons omgang met mekaar

TA bied praktiese begrippe wat “transaksies” tussen mense – ons omgang in intieme sowel as minder persoonlike verhoudings – en die dryfvere agter ons optrede en sienswyses belig. Die bekendste is seker die drie egostate: Parent, Adult and Child.

Elkeen van ons het ’n innerlike Ouer, Volwassene en Kind: eiesoortige uitdrukkings van denke, optrede en gevoel.

Jou Child verteenwoordig al die “kinders” wat jy ooit was. Soos in jou kinderjare soek dit soms goedkeuring, voel dit angstig of rebels, of dans na ander se pype.

Jou Parent het die gedagtes, gedragswyses en waardes (insluitende vooroordele) van jou versorgers, gesagsfigure en kultuur geabsorbeer. Dit vertel jou graag hoe jy “behoort” te funksioneer.

Jou Adult het uit ervaring van die werklikheid gegroei en kan onafhanklik dink en gepas in die hier en nou reageer. Dis vry van illusies, soos dat ander jou kan beheer.

Soms sê jy vir jouself: “Hoekom het jy dít gaan staan en doen?” of “knap gedaan!” Ander kere raak jy vies vir iemand in ’n magsposisie, en dan wil ’n deel van jou hom toetakel terwyl ’n ander deel sê: “Stop!”

’n TA-analis sou verduidelik dat dit jou Parent was wat jou Child aangeprys of gekritiseer het. In die tweede voorbeeld wou jou Child iemand uit woede bykom, maar jou Adult het halt geroep.
Bewustheid van wanneer jy (en ander) vanuit ’n sekere egostaat reageer, kan nuttig gebruik word om konfliksituasies te ontlont. Transaksies “kruis” wanneer een persoon vanuit die Parent of Child en die ander vanuit die Adult optree.

Die doel van terapie is om jou Adult die meeste van die tyd aan die stuur te kry sodat jy jou éie waarheid leef en ongekondisioneer reageer. Tog bly jou Parent en Child ook in die prentjie.

“Mense wat kleintyd trauma ervaar het, se Child het dikwels reparenting nodig,” sê Hendrien. “Ek gebruik aanvanklik my Parent daarvoor, maar later leer hulle om hul eie Parent in te span.”

TA kyk ook na jou life script, ’n onbewuste lewensteks wat jy as kind begin skep het om “in ’n wêreld soos dié met mense soos dié te kan oorleef”. Dit bepaal wat oor en oor in jou lewe gebeur, of jy nou telkens terugval in ’n verslawing of onsuksesvolle verhoudings manifesteer. “Dalk het jou ouers baklei toe jy twee jaar oud was en omdat kinders op daardie ouderdom egosentries leef, het jy besluit dis jou skuld. Jy is dus sleg. As jy jou script kan verander deur nuwe bane in die brein te vorm, kan jy ander keuses maak. Die oomblik as jy verstáán, is daar vryheid.”

Juis hier kan TFH ’n groot rol speel. “Omdat die script in die liggaamselle gevorm word, word dit nie so maklik deur praatterapie ontsluit nie. Daarby het baie van ons verleer om na die natuurlike intelligensie van ons lyf te luister. Ons word van kleins af aangespoor om ons liggaam met ons verstand te beheer; ons het vooropgestelde idees oor hoe om lief te hê, te eet of te slaap, pleks van om na binne te gaan en te hóór wat ons liggaamswysheid sê. TFH kan die kloof tussen kop en lyf help oorbrug.”

Ander TA-begrippe sluit injunctions en drivers in. Injunctions is nieverbale opdragte of voorskrifte wat ouers weens hul eie verwonding onbewustelik aan hul kinders oordra, wat hul geluk en gesondheid nadelig raak. Injunctions is moenies: moenie bestaan nie, moenie grootword nie, moenie sukses behaal nie, en so meer. Op grond hiervan neem kinders besluite wat hulle lewenslank kan skaad.

Drivers word ook onbewustelik oorgedra, byvoorbeeld: wees sterk, wees perfek, probeer harder. “Baie Suid-Afrikaanse mans kry die ‘wees sterk’-boodskap en leer nooit om hul gevoelens uit te druk nie. Soms word injunctions en drivers saamgegooi om oortuigings te vorm soos ‘ek mag net bestaan as ek perfek is’.”

Met hierdie en ander instrumente help Hendrien individue, paartjies en gesinne om van hul leefwêreld sin te maak en dit positief te verander. “Enige uitdaging, behalwe ernstige psigiatriese probleme, kan doeltreffend hanteer word.”

Klem op die lyf

“Touch for Health kan talle fisieke en emosionele kwessies help verlig,” sê Adri Nortjé. “Soms kom iemand bloot weens spierspasmas, maar my eintlike belangstelling is verhoudings, gewigsverlies en voeding, insluitende allergieë. In die eerste sessie balanseer ek kliënte se postuur, ingesteldheid en lewensenergie. Ek werk met veertien spiere wat die hart, lewer en longe insluit. Kinesiologie of spiertoetsing, waartydens ek ’n ligte drukking op ’n arm of been uitoefen om te sien of ’n sekere spier sluit of nie, dui aan waar blokkasies is en watter tegnieke ek kan gebruik om die energievloei te herstel. Spiere hou met spesifieke emosies verband, wat uiteindelik ’n volledige prentjie van die kliënt se welsyn gee. Hoewel dit nie ’n gewone masseersessie is nie, verlig dit fisieke en emosionele spanning en pyn.”

Tweede en daaropvolgende sessies fokus op diepliggender kwessies. “Hier gebruik ek klank- en kleurterapie. Deur spiertoetsing kry ons maklik toegang tot trauma wat in die selle gestoor is, en deur die gebruik van klank of kleur raak ons daarvan ontslae. Dis verstommend hoe so ’n proses mense die energie gee om agterna lewensveranderings te maak of hul sê te sê.”

Adri se eie verhaal illustreer die geneeskrag van TFH. “Toe ek in die laerskool was, het ’n matriekdogter my seksueel gemolesteer. As tiener het ek gewigsprobleme ontwikkel en deurentyd gevoel daar is fout met my – ek het probeer kompenseer deur ander te plesier, perfek te wees en nooit foute te maak nie.

“Pogings om hierdie trauma deur terapeutiese insette te verwerk, het net ge-deeltelik gehelp. Jare later, toe ek tydens my opleiding as TFH-terapeut die ‘kliënt’ was, het ’n spiertoetstegniek dié verwonding uitgewys. Dit het ook aangedui dat ek die beste op klankterapie sou reageer. Die klank wat ek moes gebruik om die trauma te verwerk, was om te kreun – jy kan ook skree, lag, sing of sug.

“Al het dit ure geneem, kon ek die trauma herleef en laat gaan sodat dit op ’n sellulêre vlak nie meer deel van my was nie. Agterna was ek onbeskryflik verlig, maar ’n week lank doodmoeg en depressief. Dit was ’n gróót skuif nadat my lyf so lank aan daardie negatiewe energie moes dra. Daarna het ek oor ’n lang tydperk die ekstra gewig verloor. Daar was nie meer ’n ‘gat’ wat ek met kos moes vul nie.”

Die ongewone kombinasie van ’n gevestigde sielkundige benadering soos Transaksionele Analise en die liggaamsgerigte Touch for Health maak nuwe deure oop – veral vir mense wat na binne én buite meer geïntegreerd wil leef.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.