kategorieë: ReisOntspanning

Boekresensie: Geological wonders of Namibia

Deur Mariette Snyman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die boek

“Die oppervlak van die aarde het eens heeltemal anders gelyk: die grootste deel van die planeet is bedek deur uitgestrekte oseane, bespikkel met eilande en vroeë landmassas wat cratons genoem is.” Só begin Geological wonders of Namibia (Struik Nature, 2017, aanbevole prys R200). Gebeure wat oor miljoene jare strek, vou voor jou oop, en jy lees dat Namibië “at the heart of the action” was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Elk van die hoofstukke handel oor ’n spesifieke gebeurtenis of proses wat uitgeloop het op die betrokke landskap of formasie. Die hoofstukke is in chronologiese volgorde, en die verhaal begin 13.8 biljoen jaar gelede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die skrywers

Die Franse paartjie Anne-Marie en Michel Detay leef deels in die suide van Frankryk en deels in Hong Kong, maar as reis- en natuurfotograwe en skrywers is hulle dikwels op die pad. Hulle het die prag van verskeie streke gedokumenteer, onder meer dele van Asië, Ysland, Ethiopië en Namibië.

Michel Detay het ’n doktorsgraad in geologie en het reeds talle publikasies die lig laat sien, van wetenskaplike referate en naslaanboeke tot populêre artikels. Hy en sy vrou, Anne-Marie, was albei in korporatiewe loopbane betrokke – totdat hul liefde vir die aarde hulle laat besluit het om natuurwonders wat die gevaar loop om te verdwyn, in woord en beeld vas te vang.

Noordoos van Omaruru kan jy die versteende voetspore van ’n dinosourus besigtig

Het jy geweet?

*Die Namib-woestyn is een van slegs tien internasionale dark sky reserves in die wêreld; weens die relatiewe afwesigheid van industriële en stedelike ligbesoedeling bied dit van die donkerste nagte en dus helderste sterrehemele op aarde.

*Die Namib-woestyn word beskou as die oudste woestyn op aarde en strek meer as 2000 km langs die Atlantiese kus, van die Olifantsrivier in Suid-Afrika tot by die Carunjamba-rivier in Angola.

*Sowat 131 miljoen jaar gelede was die huidige Etendeka-plato in die Kunene-gebied die verhoog waar een van die grootste en gewelddadigste vulkaniese uitbarstings ooit plaasgevind het.

*Namibië bied besoekers van die beste besigtigingsgeleenthede van meteoriet-landingsplekke op aarde, asook die kans om aan hierdie “verskietende sterre” te raak.

*Noordoos van Omaruru kan jy die versteende voetspore van ’n dinosourus in die Etjo Sandsteenformasie besigtig.

*Die Visrivier-canyon is Afrika se grootste, en slegs die Grand Canyon in die VSA is groter en imposanter.

*Die Namib-Naukluft Park se sandduine is van die hoogste ter wêreld.

Kry meer inligting oor Geological wonders of Namibia (uitgewersprys R200) by penguinrandomhouse.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

4 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.