“’n Lae selfbeeld, onsekerheid, en kulturele, sosiale of gesinsverwante knelkwessies vind op verskeie manier uiting,” sê Brian Helsby, die hoof van Youth Mobilisation by die sosiale nieregeringsorganisasie Heartlines. “Boeliegedrag is een daarvan.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Heartlines het onlangs ’n nasionale inisiatief met die naam What’s Your Story geloods. “Ons leef in ’n wêreld van stereotipes, en tot ons mekaar se stories hoor en verstaan sal ons mekaar volgens blote opinies en aannames hanteer. What’s Your Story wil die onderliggende kwessies wat op negatiewe gedrag soos rassisme en boelie uitloop deur die vertel van persoonlike stories aanspreek.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Stories vorm die manier hoe ons na die lewe kyk. Dis deel van ons gemeenskap, en daarom die perfekte platform om verdraagsaamheid, empatie en begrip te bevorder. ’n Eenvoudige manier om boeliegedrag en wedersydse onverdraagsaamheid by skole of in jeuggroepe aan te spreek, is om jongmense na mekaar se stories te laat luister.” Wanneer jy iets van iemand se agtergrond verstaan, agterkom dat sy drome met joune ooreenstem, en na sy vrese luister, gaan ‘n ander wêreld vir jou oop. Jy kan nie weer met dieselfde gesindheid na hom (of haar) kyk nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Heartline se doelwit is om uiteindelik meer as tien miljoen mense dwarsoor die land deur die deel van persoonlike verhale te bereik.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Gaan kyk self! Op www.whatsyourstory.online kan jy die stories lees, luister en sien wat reeds daar gedeel is. Kry meer insig in die lewens van mense wat armoede, siekte, gestremdheid in die gesin of ander uitdagings ervaar het. Dalk is dit heeltemal anders as jou storie; dalk is daar ooreenkomste. Jy kan ook jou bydrae lewer!
By Brian@heartlines.org.za is daar die volgende hulpmiddels (in Engels) vir jeuggroepe van hoërskoolouderdom beskikbaar:
’n DVD met:
• vier Lewensoriëntasie-lesse om begrip, vertroue en rekonsiliasie in die klaskamer te bevorder
• hoe om die vertel van persoonlike stories verder as die klaskamer te neem
• ’n Heartlines-film, The Miners, wat tot besprekings oor diversiteit en kulturele bewustheid kan lei
• ’n Ware verhaal van twee hoërskoolvriende wat mekaar se wereld betree en begrip bevorder.
“Stories kan vrees oorkom, weet jy … Hulle maak die hart groter.” Ben Okri
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.