kategorieë: Ons menseBekendes

Boer Soek ’n Vrou se nuwe aanbieder is Marciel Hopkins!

Boer Soek ’n Vrou se nuwe aanbieder is Marciel Hopkins! deur Catherine Schenck. Foto’s: Sulet Fourie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die nuwe aanbieder van kykNET se Boer Soek ʼn Vrou is die lewensafrigter en model Marciel Hopkins!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dié werklikheidsreeks is vanjaar in sy dertiende seisoen en beloof om nogeens ʼn boeiende ervaring te wees. Marciel is die sesde aanbieder van Boer Soek ʼn Vrou sedert dit in 2007 vir die eerste keer kykers meegesleur het in die liefdespaaie van talle boere. Sy volg vir Leah op wat dit die afgelope twee jaar aangebied het.

Lees ook: Marciel Hopkins oor body positivity, selfvertroue, en positiewe mense

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meer oor Marciel

Marciel het drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer en daarna  ’n honneursgraad in sielkunde voltooi.  Daarna het sy as lewensafrigter gekwalifiseer  en gee gereeld motiveringspraatjies terwyl sy as professionele model die wêreld vol rondrits. Sy het in 2016 as een van die top-12 finaliste vir Mej. SA gekwalifiseer.

Sy woon deesdae in Kaapstad saam het haar geliefde en twee katte, Krummels en Korsie, maar Marciel, wat in die Boland grootgeword het, sê sy is gereed vir die plaas. Sy het haar kinderjare tussen die wingerde deurgebring as gevolg van haar pa Charles wat nou keldermeester by die bekende wynlandgoed De Grendel is.

Inskrywings open op 24 Februarie en die reeks sal vanaf Oktober op kykNET uitgesaai word.

Lees ook: Leah oor Boer Soek ’n Vrou, haar loopbaan en die liefde

Boer Soek ’n Vrou se nuwe aanbieder is Marciel Hopkins! Foto: Sulet Fourie

1. Dis die eerste keer wat jy ʼn TV-program gaan aanbied! Hoekom het jy spesifiek besluit om aansoek te doen vir Boer Soek ʼn Vrou?

Ek het twee jaar terug ook ’n oudisie gedoen [vir Boer Soek ʼn Vrou]. Hulle het my toe gevra om weer vanjaar ’n oudisie te doen, so dis regtig ʼn voorreg om dit nou hierdie jaar te kan aanbied.

Aanbieding was nog altyd my passie, want ek het drama geswot en in my derde jaar was media my finale projekblok. Ek het drama gestudeer nie met die idee om aktrise te word nie, maar om meer agtergrond te kry om in media soos aanbieding of radio te werk.

Dit is net ’n ongelooflike voorreg om my eerste ervaring as aanbieder op Boer Soek ʼn Vrou te kan doen – dit is ʼn baie groot bonus en ek voel bevoorreg en opgewonde daaroor.

Ek dink dis dieselfde as met my ervaring tydens Mej. SA:  Ek het nog nooit aan ander skoonheidskompetisies deelgeneem nie en toe gaan ek voluit en doen Mej. SA.

So dit voel vir my ʼn bietjie dieselfde hiermee!

2. Wat kan jy as aanbieder bydra tot Boer Soek ʼn Vrou?

Die fokus van die aanbieder op Boer Soek ʼn Vrou gaan nie eintlik oor aanbieding nie. Dit gaan meer oor die fasilitering van menseverhoudinge , en die fokus van aanbieding wat jy doen is eintlik baie klein in vergelyking met die onderhoude wat jy voer.

Dit is my passie, met dié dat ek my honneurs in sielkunde gedoen het en vir twee jaar life coaching gestudeer het. Dis dan die aanbieding, wat my passie was, en die life coaching en sielkunde wat vir my bymekaarkom in die perfekte pakkie.

Daar is nie vir my ʼn beter werksbeskrywing van wat ek graag sou wou doen nie!

3. Waarna sien jy uit om saam met die boere en deelnemers te werk.

Ek dink dit kan ʼn baie oorweldigende proses vir die deelnemers wees, want dis nie mense wat noodwendig gewoond is aan kameras en baie mense in hulle huis nie. En dan moet hulle nog groot liefdesbesluite neem. Dis waar my rol as fasiliteerder inkom om die boere te help met hulle besluitneming, want dis net te veel dinge wat op een slag gebeur.  Dis ’n pressure cooker want jy het min tyd. Jy het nie maande lank tyd om te besluit nie en dis waar die aanbieder se grootste rol inkom. Dis om die boere in daardie sin te ondersteun – om hulle tot die beste van jou vermoë te help om die beste en die regte besluit vir hulleself te neem.

4. Watter raad het jy vir iemand wat huiwer om in te skryf vir Boer Soek ʼn Vrou?

Jy het absoluut niks om te verloor nie!

Elke keer wat mens in ʼn verhouding intree, is dit steeds ʼn kans wat jy waag, en ek dink die mooiste deel van Boer Soek ʼn Vrou is dat dit die potensiaal het om iemand se lewe te verander.

Kyk net na hoeveel suksesverhale daar wel al was! Daar’s soveel huwelike, daar’s kinders gebore vir mense wat mekaar op Boer Soek ʼn Vrou ontmoet het, so jy kan net groei daaruit. Jy kan net leer daaruit.

En dan is daar nog iets: ’n Mens sien nie altyd die sukses van iemand wat dalk gegroei het na die program en nou genoeg selfvertroue het om buite sy gemaksone te beweeg nie, en dan ontmoet hy dalk iemand daarna, te danke aan die program wat hom uitgedaag het en hom gehelp het om ’n bietjie buite sy gemaksone te beweeg.

So, ja, ek sou sê dit kan dalk net jou lewe verander.

5. Jy is self in n gelukkige verhouding.  Watter verhoudingsraad het jy vir die deelnemers?

Aan die begin van die verhouding is dit baie belangrik om net jouself te wees. Dit is nogal moeilik want ’n mens is op jou senuwees en jy wil jou beste voetjie voorsit, en nou is die deelnemers nog bietjie onder druk ook want hulle wil natuurlik graag gekies word. Maar jy moet net regtig probeer om so na as moontlik aan wie jy is te bly, want dit help nie hy sien een kant van jou en dan oor drie weke is dit iets heeltemal anders nie.

So ek sou se dis regtig belangrik om eg aan jouself te bly.

As jy ’n bietjie langer in ’n verhouding is, is eerlike, oop kommunikasie belangrik, al is dit partykeer seer en ongemaklik, om iets te sê, om iets te kommunikeer.  Maar ’n mens moet, as jy op die lang termyn ’n verhouding wil laat werk.

Boer Soek ’n Vrou se nuwe aanbieder is Marciel Hopkins! Foto: Sulet Fourie

6. Was daar iets op ʼn vorige seisoen wat jou hartsnare geraak het?

Ek dink die eerste storie wat my geraak het was Tiekie en Selmé-Louise. Ek onthou dit so goed.

Hulle het sulke klein stukkie gewys na hulle eerste blitsafspraak, en hy was basies sprakeloos.

Dit was so mooi want hulle het op die ou einde getrou.

So as mens regtig mooi kyk kan mens al partykeer by die blitsafsprake sien wie hulle voete onder hulle uitslaan.

’n Mens kan mense op papier saamsit en dink hulle gaan bymekaar pas, maar ’n mens kan eers sien wanneer hulle ontmoet of hulle ’n konneksie of ’n spark het.

7. Sien jy uit na al die tyd op die pad?

Ek sien baie uit. Ek is reisfiks. Ek is drie maande van die jaar oorsee vir die laaste 3 jaar al, so ek is gewoond daaraan om nie by die huis te wees nie. Ek het verskriklik baie gevlieg die laaste 3 jaar so dit gaan eintlik nou maar geruil word vir ry.

En ek het so baie van Europa en Amerika gesien die afgelope 3 jaar en nou is dit eintlik baie opwindend vir my om meer ’n toeris in my eie land te wees en hier plekke te sien wat ek nooit andersins sou gesien het nie.

8. Gepraat van reis – jy is op pad New York toe …

Ek vlieg Maandag!  Ja!

Ek het ʼn ruk gelede my werksvisum gefile – wat ’n hele R45 000 kos! – voor ek geweet het daar is weer ’n Boer Soek ʼn Vrou oudisie. Ek het glad nie eens geweet dis weer op die kaarte nie. Ek het nie geweet hulle gaan my weer vra nie.

Binne twee weke het dit toe gebeur sodat ek toe omtrent gelyk hoor die visum is goedgekeur én ek is die nuwe aanbieder van Boer Soek ’n Vrou!

Nou moet ek maar hierdie twee maande voordat ons begin verfilm gebruik, want ek het hierdie visum vir slegs drie jaar en ek is ’n voltydse model. Dit is op die oomblik my hoofinkomste. So ek gaan nou New York toe vir werk.

9. Gepraat van jou werk. As model is jy uitgesproke oor body positivity en selfvertroue. Wat kan jy vir deelnemers sê wat dalk op TV blootgestel sal voel?

As jy eerlik is, is mense baie vergewensgesind. So as jy dalk nie op jou beste lyk of voel nie, en jy embrace dit, sal jy ver kom.

Vir my is selfvertroue iemand wat gemaklik is in hul eie vel. Niemand van ons is perfek nie, so ek dink die beste raad wat ek vir deelnemers sal gee is ”just own who you are” en wees net wie jy is. Dis darem nou nie live TV nie so al slaan jy ’n blank of iets, daar is altyd weer ’n kans om iets te sê.

Dis nie veronderstel om stresvol te wees nie. Want dit gaan nie eintlik oor hoe lyk jy op TV nie, dit gaan oor jou liefdesreis …

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.