kategorieë: Bekendes

Bok van Blerk: ‘Ek is wie ek is’

Toe Bok van Blerk, klein was, het sy ma, Salome, gedroom sy sien sy naam in ligte op bemarkings-borde in Hollywood. En nou het die “De la Rey”-sanger pas sy eerste romantiese hoofrol gespeel in Leading Lady, ’n fliek wat internasionaal uitgereik gaan word. Hy het ook twee hoofrolle in plaaslike flieks vertolk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Met sy eerste, versigtige treë as romantiese held in die musiekfliek Platteland (2011) het regisseur André Odendaal, wat Bok onder hande geneem het en van die sanger ’n akteur gemaak het, al voorspel daar wag groter dinge op hom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Miskien is sy ma se droom besig om waar te word …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bok gee sy handsome, skewe glimlag en proe-proe aan sy gesonde rooibos-en-kruisement-tee by die Karoo Café in Lynnwoodweg, Pretoria. Buite dreig ’n donderstorm en binne gaan dit jolig by ’n feestafel. Hulle het juis met Bok se verbystap gejil: “Hei Bok, kom sing vir ons ’n liedjie!”

Hy is al gewoond daaraan en groet net vriendelik. Hy bly ’n skamerige ou. Met ’n vorige onderhoud in sy destydse Sambok-bar buite Pretoria het ’n “Wil tannie koffie hê?” uitgeglip. Toe voel ek maar die saak is reg, dit beklemtoon net vir my Bok is ’n opregte, goeie Afrikanerseun.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hy is lank en lenig met lagplooitjies om sy groenbruin oë. Gooi sy skeut terughoudendheid by en jy het ’n wenresep vir ’n boere-hunk. Maar noem net dié etiket en hy raak erg verleë en ’n verergde klankie slaan deur. “Ag, nee wat, ek is regtig nie ’n hunk nie.”

En jy weet hy bedoel elke woord.

Bok het ’n besige 2013 gehad. Dit was sý jaar! Hy het drie flieks geskiet. Naas Leading Lady het hy ’n effe militante ou in As Jy Sing saam met Bobby van Jaarsveld gespeel. Hy het ook Vrou Soek Boer voltooi. Sy CD, Steek die Vure aan, het binne twee weke ná die bekend-stelling daarvan die goudkerf verbygeskiet.

Die liedjie, “Land van Melk en Heuning,” het reeds nommer-eenstatus op verskeie radiostasies bereik. Bok is nou deel van die span by Johan Vorster Songs. Johan skryf die meeste van Bok se liedjies.

“Dis nie meer so maklik om hoë verkoopsyfers te haal nie. CD-verkope het die afgelope jaar drasties gedaal.
Roofkopiëring laat sangers jaarliks derduisende rande verloor. Jy maak maar jou geld uit konserte. Tog is CD’s steeds die moeite werd as jy eers naam gemaak het.”

Hoewel die Afrikaanse musiekmark die afgelope tien jaar ontplof het, word nie almal groot sterre nie. Dis duur vir platemaatskappye om ’n nuwe kunstenaar te vestig.

“Idols het net enkele name soos Heinz Winckler en Elvis Blue bekend gemaak. Dit bly harde werk vir elke sanger om bo te bly.”

Hy is ook ’n bietjie verbaas dat sy akteursloopbaan ná Platteland so koers gekry het.

“In Platteland was ek in my gemaksone, want my vriend Sean Else was regisseur. Ek het baie by André Odendaal en Sean geleer, maar nie gedink ek is nou ’n akteur nie. Ek was verbaas toe ek daarna aanbiedinge van ander regisseurs kry.”

Hy was huiwerig om hom buite sy gemaksone saam met ’n ander reggiseur en vervaardiger te begeef.

“Ek was maar skrikkerig toe ek by Mynard Kraak se stel vir Vrou Soek Boer aankom. Maar binne dae het iets gekliek en ek het tuis begin voel.”

Ná die kleinerige rol in dié liefdesdriehoek tussen Lika Berning en Nico Panagio was sy verbasing nog groter toe vervaardiger Henk Pretorius van Bakgat-faam hom nader vir die hoofrol in Leading Lady teenoor die internasionale ster Katie McGrath.

“Dit het vir my na ’n groot sprong gevoel.”

Hy was self verbaas oor sy toenemende gemak in sy gedaante as akteur.

“Ek kon regtig nie voorsien dat ek akteur sou word nie. Ek het wel van kleins af daarvan gehou om mense te vermaak. As ek saam met my pa, Louis, en sy vriende by Rooiberg in die Bosveld gaan jag het, het ek graag saans vir die manne stories vertel.”

Bok is ’n produk van die “Brat Pack” – die groep talentvolle akteurs en sangers wat uit Hoërskool De Wilgers in Pretoria kom.

“Ja, ons was ’n bevoorregte groep. Dis miskien vreemd dat ons almal uit dieselfde skool kom. Ons was lekker tjoms. Ook lekker stout. Veral Hykie!”

Hy verwys na sy groot vriende, musiek- en rolprent-vervaardiger Sean Else, akteur en Survivor-wenner Hykie Berg, Michelle Botha, aktrise en rolprentvervaardiger Anel Alexander, asook Pierre Breytenbach en Franja du Plessis. Franja is Juanita du Plessis se dogter en was saam met Bok in As Jy Sing. Daar moet iets in die water wees by dié skool, want Sean se rolprent Platteland en Anel en haar man, James, se rolprent Semi-Soet was die afgelope paar jaar onder die topvyfrolprente in die land.

Bok glo ambisie het ’n groot invloed op loopbaansukses, asook die bereidwilligheid om te leer, soms te struikel en weer te probeer.

Hy het baie geleer uit die blitssukses van “De la Rey”: Eerstens oor hoe verkeerd mense ’n liedjie kan opsom en ook hoe belangrik dit is om voorbereid op die onvoorsiene te wees.

“Soms was ek voorbereid op ’n groepie van 200 mense, maar kom ek by die konsert, is daar 4 200 mense. Natuurlik is die klank wat jy vir 200 mense saamgebring het, nie voldoende nie.”

Net daar het die nood leer bid, en toe sy destydse bestuurder onverwags sy deure moes sluit, het hy saam met Johan Vorster en Sean Else ’n onderneming, Mozi Artists, begin wat kunstenaars se optredes bestuur. Mozi behartig steeds sy en talle ander kunstenaars se sake.

Bok is propvol bespreek vir die jaar wat voorlê. Sang bly maar sy voorkeur en hy beplan nie om voor die kameras te verskyn nie. Tensy ’n groot aanbod kom …?

Daar is niks so lekker as om te hoor hoe ’n skare op Loftus “Ons vir Jou Suid-Afrika” sing nie,” sê hy. Dit laat sy Afrikanerhart warm klop en besef hoekom hy hier aan die suidpunt van die vasteland wil bly. Daar is goed in die land wat hom pla, ja, maar hier wil hy sy kinders grootmaak. Hy voeg vinnig by sy liedjies is “nie politieke kom-mentaar nie, dis maar soos ek voel”.

Hoe voel hy oor sy status as ’n Afrikaner-ikon? Dis ’n saak waar- oor Bok erg beskeie is. Hy dink nie hy is ’n hunk of ’n ikon nie, maar hy dink wel hy is geseënd. “Daar is nie waarborge dat ’n liedjie ’n treffer gaan wees of ’n fliek gaan werk nie. Vir my is dit net belangrik om my bes te doen en te wees wat ek is.”

BOK VAN BLERK
die man en sy talent

Gewilde solo-kunstenaar:Vier solo-albums
De la Rey, Afrikanerhart, My Kreet en Steek Die Vure Aan
2007 – Drie Huisgenoot-Tempo-pryse
2007 – Vyf Vonk-pryse
2007 – MK Musiekvideo van die Jaar (De la Rey)
2007 – Betrokke by die vervaardiging van die rugby-musiekalbum, Ons Vir Jou, waarvan meer as 90 000
eenhede verkoop is
Afrikanerhart, sy tweede album, het baie vining
dubbel-platinumstatus behaal
2010 SAMA – album wat die meeste verkoop het (Afrikanerhart)
2010 – Topverkoper: SA Kunstenaar van die Jaar
Multi-Platinum- CD-verkoper
Nuwe album: Steek Die Vure Aan, Oktober 2013. Die eerste enkelsnit “Land Van Melk en Heuning” was met ons ter perse gaan reeds op die Top 10/Top 20 van ’n paar radiostasies!
53 000 Twitter-volgelinge (5 Des. 2013)Sy loopbaan as akteur
2011 – Hoofrol in Platteland
2013 – Rol in die musiekprent As Jy Sing
2014 – Hoofrol in die fliek Vrou Soek Boer
2014 – Hoofrol in Leading Lady

Gaan loer wat doen hy alles
www.bokvanblerk.co.za/
facebook: Bok Van Blerk Twitter: @BokvanBlerkReal

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.