kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Bonsai vir beginners

Bonsai vir beginners Deur Cornel Dunn Hooffoto Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Probeer hierdie bome

Daar is soveel bome om van te kies. Hier is ’n paar wat goed werk vir bonsai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Serissa

Hierdie gewilde boompie, wat deur die jaar mooi wit blomme dra, is ook bekend as die snow rose. Die spesie hou van hoë humiditeit, en enige verandering in die klimaat kan veroorsaak dat die boom sy blare verloor. Beslis een van die mooiste bonsais ter wêreld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: iStock. Serissa Bonsai

Jade

Dié boompie word beskou as een van die beste binnenshuise bonsais vir beginners omdat hulle minder onderhoud verg. Die bome groei op enige plek in vol son en moet verkieslik byna uitdroog tussen watersessies. Hulle gebruik water uit die blare. Die Jade groei stadig en kompak wat dit ’n geskikte keuse vir binnenshuise gebruik maak.

iStock  Jade Bonsai

Asalea

‘n Baie gewilde keuse danksy die pragtige blomme. Die asalea met sy groot blomme en klein blare is veral gewild onder beginners. Die boom is ook geskik vir binnenshuise gebruik. Hulle hou van son en kan buite groei, mits dit nie te koud word nie.

Bonsai vir beginners iStock Azalea Bonsai

Chinese Elm

Die Chinese elm is sinoniem met bonsaibome en het die kenmerkende eienskappe van ’n bonsai, soos ‘n dik stam en klein blaartjies. Die boompies is geduldig met ’n onervare hand, en is ook geskik vir binnenshuise gebruik.

iStock Chinese Elm Bonsai

Ficus

Hulle gedy binnenshuis danksy die matige temperatuur en humiditeit eie aan hul natuurlike omgewing. Die ficus het klein, wasagtige blare en ’n mooi stam. Hulle groei vinnig, wat hulle ‘n gewilde keuse maak.

iStock Ficus Bonsai

Hoe om ’n binnenshuise bonsai te laat gedy

In die winter moet die boompie in die helderste hoekie in die huis geplaas word maar verkieslik nie naby ‘n warm voorwerp soos ‘n televisie of verwarmer nie.

Goeie daglig is van uiterste belang, maar vermy direkte sonlig omdat die bonsai kan oorverhit.

Die regte hoeveelheid water is net so belangrik. Kyk twee keer per dag of die boompie water nodig het. As die grond donker is, het hy genoeg water. Gee water as die grond ligbruin lyk. Maak deeglik nat – tot die water in die opvangbakkie dreineer. ’n Bonsai gedy as hy klam is – dus nie nat of droog nie.

Moenie vergeet van kos vir jou boompie nie! Gaan gesels met ’n kenner by jou naaste kwekery.

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

21 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

23 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.