kategorieë: KosWinterkos

Sampioenkragsop

Genoeg vir 8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 15 ml (1 e) olyfolie
• 1 ui, gekap
• 1 prei, gekap
• 2 wortels, gekap
• 4 knoffelhuisies, gekneus
• 25 g droë porcini-sampioene (kry dit by supermarkte soos Checkers en Woolworths)
• 5 ml (1 t) sout
• 500 g sampioene (soos sjiïtake en portobellini), liggies skoongevee en gesny
• Bouquet garni, gemaak van 2 takkies tiemie, 3 salieblare, 2 lourierblare, 2 takies orego en 2 takkies pietersielie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Opdiening
• 250 g gemengde, eksotiese sampioene
• 15 ml (1 e) olyfolie
• sout en gemaalde swartpeper

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die ui oor hoë hitte tot goudkleurig. Voeg die prei, wortels en knoffelhuisies by. Braai vir nog 8-10 min. of tot goudbruin.
2 Voeg die porcini-sampioene, sout, sampioene, 4.5 liter water en bouquet garni by.
3 Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 1 uur.
4 Opdiening: Braai die sampioene vinnig oor hoë hitte in die verhitte olyolie, geur met sout en swartpeper. Gooi die sop in ’n sopbakkie en skep die gebraaide sampioene bo-op.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.