kategorieë: Ons menseBekendes

Borsbeeld van Adam Small onthul

Versoeningsdag 2017 was ’n spesiale dag vir die kunstewêreld. ’n Borsbeeld van die digter, dramaturg, denker en aktivis Adam Small (1936-2016) is by die Kunstekaap-sentrum in Kaapstad onthul. Die beeld is onder kommissie van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans gemaak deur die beeldhouer Johannes du Plessis. Die geleentheid is gehou ter huldiging van die lewe en werk van Small en die beeld is geskenk aan die teater as simboliese terugwinning van die teater wat eens slegs blanke persone toegelaat het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tydens die geleentheid, aangebied deur die Kunstekaap se bestuurder, Marlene le Roux, is ’n boek (Adam Small: Digter, denker, dramaturg – ’n huldiging onder redaksie van Jacques van der Elst) ook bekendgestel wat handel oor Adam Small se werk as digter, dramaturg, filosoof en maatskaplike werker: beide vakrigtings waarin hy doseer het by (onder meer) die Universiteit van die Wes-Kaap. Small, wat studeer het aan die Universiteit Kaapstad en later ook aan die London School of Economics, was een van die stigters van die Universiteit van die Wes-Kaap. Small het in sy werk gefokus op maatskaplike geregtigheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die rymkletser Hemelbesem het van sy eie én van Small se werke opgevoer en hy het gepraat oor die waarde wat Small bygedra het tot die bevordering en bemagtiging van Afrikaans en meer spesifiek van Kaaps-Afrikaans. Persone wat dié geleentheid bygewoon het, het onder meer academici en digters soos Professor Juliana Smith, Professor Michael le Cordeur en Willem Fransman Jnr ingesluit. Skrywers wat bygedra het tot die boek was ook daar asook oud-kollegas van Small en van sy vrou Rosalie, politici en lede van die Kunstekaap se bestuursraad, asook akteurs en regisseurs wat saam met Small gewerk het insluitende Sandra Kotzé en Cobus Rossouw wat die eerste vertolkings van Makiet en Kanna gelewer het in die oorspronklike opvoering van Kanna Hy Kô Hystoe in die voormalige Nico Malan-teater, wat nou die Kunstekaapsentrum is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Uitstalling van argiefmateriaal, genaamd Adam Small: Digter, skrywer, menseregtestryder is tans in die foyer van die Kunstekaapteater te sien wat onder meer handel oor Small se toneelstuk Kanna Hy Kô Hystoe. Hierdie toneel is die eerste keer op die planke gebring in die Nico Malan-teater (nou Kunstekaap) en was omstrede aangesien Small self nie die toneel kon bywoon as bruin persoon nie. Sy toneelstuk Krismis van Map Jacobs word vroeg in Januarie ook in hierdie teater opgevoer.

Hemelbesem, Sandra Kotzé en Cobus Rossouw gesels by die borsbeeld van Adam Small. Foto: Catherine Schenck

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.