kategorieë: InspirasieJou lewe

Borskanker: ’n deel van my lewensreis

Vir ’n klompie aantal jare wik en weeg ek om dié groot operasie te laat doen. Dan is die geld te min, dan pla dit my nie rêrig so baie nie, dan gaan reis ons liewer met die geld, dan is ek te vet … Tot my dierbare eggenoot my eendag aanmoedig om nou vir eens en vir altyd ontslae te raak van die ekstra 12 kg, waarná hy my sal bederf met die geld vir ’n borsreduksie. Ek kon nog nooit t-hemde of swembroeke met gemak dra nie. Net ingevoerde, baie duur bra’s, was my voorland. Nou’s my kans.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2005 was die jaar waarin ek in 12 maande 12 kg verloor het. Ek het nog nooit so goed oor my self gevoel nie. Nou net vir hierdie 34 E-buuste.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Baie tevrede met die oulike plastiese chirurg, gaan die nuwe 38-jarige pasiënt, voor die borsreduksie, vir ’n roetine mammogram. (Ek is nog nie 40 nie, dus is hierdie my eerste mammogram). Nie vreeslik bekommerd nie, drapeer ek my linkerbors vir ’n tweede mammogram, aangesien die radioloog iets gesien het. Na ’n sonar sê sy dat dit net knoppies is en sommer tydens die borsreduksie verwyder kan word. Niks ernstig nie. Die regterbors lyk piekfyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

***

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek word wakker en kyk dadelik af. Sjoe, ek is plat, maar so mooi! Die dokter staan by my bed en deel my mee dat die operasie baie goed verloop het, maar dat hy ook ’n knop aan my regterbors verwyder het. Ek steur my nie vreeslik hieraan nie, die ander bors se knoppe is ook mos net uitgehaal.

Vir die volgende vyf dae kuier familie en vriende by my en hulle kan nie uitgepraat raak oor hoe goed ek lyk nie. Self voel ek só bly en dankbaar dat ek die operasie uiteindelik laat doen het. Nuwe lyf, nuwe ek.

SMS van Mathilda:

“Het jy al uitslae gekry van uitgehaalde knoppe?”

Ek SMS terug, glad nie bekommerd nie:

“Nee, maar geen nuus is goeie nuus! Wanneer kom jy kuier en kyk?”

’n Liewe vriendin kuier die 6de April by my toe my man onverwags by die huis opdaag. Opgewonde ontvang ek hom by die voordeur. Hy wil seker net weer ’n oog or sy mooi vrou kom gooi. Gou kom ek agter dat hierdie nie net ’n inloer is nie. Met ’n wit, geskokte gesig deel hy my mee dat die knop aan my regterbors ’n derde graadse buiskarsinoom was. In ongeloof sak ek op die naaste bank neer en bêre my nat gesig in my hande.

SMS van Adri, my sus:

“Al wat ek vir jou kan sê is, God is in Beheer! Ons dink aan jou.”

In die volgende paar dae besoek ek vele chirurge en onkoloë. Almal se raad is dieselfde: MASTEKTOMIE

“Here, kan dit wees dat ek hierdie mooi borste nou moet verloor?”

SMS van Mamma:

“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”

Ek doen verdere toetse om te kyk of die kanker nie versprei het nie: bloedtoetse, long-x-strale, buiksonars en ’n sentinel-biopsie. Ek ondergaan ook ’n MSI-skandering. Alles is skoon, geen verspreiding.

Dankie God!

Nog steeds beveel die onkoloë ’n mastektomie aan, want ons kan dan geen kanker sien nie en moet net seker maak? Dit maak net vir my en my man geen sin nie. Ek sien een dokter na die ander vir vêrdere opinies.

SMS van my man:

“My liefling, dit pynig my om te sien hoe hierdie beproewing jou ontstel! Ek weet dit is moeilik, maar jy kan nie jou hoop op elke dokter wat jy sien plaas nie. Jy moet fokus op Jesus. En jy moet ’n beginsel-besluit neem om jou bors te behou. As jy nie self daarvoor veg nie, sal niemand nie.”

’n Week voordat ek sou ingaan vir die mastektomie, kontak ’n vriendin my en vertel van ’n sekere dokter wat nie sommer ’n mastektomie doen nie. Volgens haar is ’n mastektomie geen waarborg dat die kanker nie weer gaan terugkeer nie, en dit dus té radikaal is om sommer net ’n bors te verwyder. Hierdie dokter voel soos ’n antwoord op my gebede.

Ons besluit saam op vier sterk chemoterapieë en ses weke se bestraling.

SMS van sus Adri:

“Sjoe, so hartseer oor die pad wat vir jou voorlê. Ons sal elke tree saam met jou stap. Ek begin solank hoede soek …”

SMS van Lorraine:

“Karen, hoe wonderlik om te weet dat die aanvanklike gevoel van volslae, verlammende, bewende, versteende onwerklikheid mettertyd verdryf sal word deur ’n God wat ons donkerste dieptes ken, ons daar wil bystaan en ons daardeur wil lei.”

En so was dit … God was daar met elke hartseer en bang tydens die behandeling. Hy was in die dierbare dokter wat my so behandel het dat ek nie een dag naar was nie, in die verpleegpersoneel wat are moes soek, in ’n dierbare niggie wat ‘toevallig’ die ontvangsdame by die spreekkamer was en soveel spesiale aandag gegee het.

God was in my ongelooflike man wat my so ondersteun het, vir my lief was ten spyte van hoe ek gelyk of gevoel het, in my kinders se net-daar-wees ten spyte van al hul eie vrese, in elke familielid wat kos gebring het en kinders help versorg het.

God was in Francois Stander wat my gehelp het om te sien dat hierdie lyding wat ek nou deurmaak alleen sin en betekenis kan hê as ek dit kan verbind met die lyding wat Jesus moes deurmaak. Dat ek ten spyte van hierdie groot trauma my oog net op Jesus moet hou en nou meer as ooit al die rolle wat God vir my gegee het, nog beter moet vervul.

God was in elke vriendin wat net daar was, my na die chemo-behandelings toe vervoer het, my elke dag gebel het, kos by my huis afgelaai het, stukkies vrugte vir my geskil het in die chemokamer, my tuinbedding vol gesiggies kom plant het, genesing oor my gebid het.

God was in my nuwe buurvrou wat vir ons gesin gratis vakansies gereël het om net weer tot verhaal te kan kom. God was in my haarkapper, liewe Wilna, wat saam gehuil het toe my mooi lang hare in ’n korter styl gesny moes word en ’n week later heeltemal afgeskeur moes word. Wat saam met my gery het om die beste pruik uit te soek …

Ons dien ’n lewende God.

“Here, moet ons dan eers deur ’n krisis gaan om U teenwoordigheid te ervaar?”

Ja, wanneer alles in ons lewe glad verloop ,is dit baie moeilik vir God om ons denke te verander, om aan ons menswees te kom skaaf ,om ons verhoudinge te toets, om ons geloof te suiwer. Eers as ons ’n krisis beleef, moet al die jare se lippetaal en gebrabbel oor ons geloof en godsdiens ’n werklikheid word, dit moet vir ons begin werk … of dalk nie …

“God, ek loof en prys U vir hierdie kanker in my lewe! Dankie dat ons dit heel toe-val- (die)- lig uitgevind het. Dankie dat ek hierdeur kon uitvind dat ek net een absolute verwysingspunt het, naamlik Jesus Christus!

***

SMS van Isolde:

“Ry vanoggend skool toe. Als darem so mooi groen na die reën. Laat my dink aan nuwe lewe, nuwe gesondheid, nuwe afwagtings en nuwe blessings vir jou en my. As ons gevoed word, sal ons groei!”

Vandag, ’n jaar later, kan dokters geen spoor van enige kankersel in my liggaam sien nie!

Ek gee al die eer aan Hom!

1 Oktober 2016

Dit is nou 10 jaar later. Ek voltooi hierdie storie.

Twee jaar na my kanker (vier chemo’s en ek is 40 jaar oud. Wat is die kanse?), raak ek swanger met Misha, die dogtertjie wat ek en Gerhard nog altyd wou hê!

Misha is vandag 7 jaar oud, ek is ’n maatskaplike werker wat spesialiseer in Ouerskap en staan elke dag in verwondering oor my nuwe lewe.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.