Nuwe avonture
Ons het die voorreg om maandeliks sketse saam met Stephan Bredell van King Price Insurance te doen en bietjie rond te speel met karakters wat ons skep. Die groter doel is sommer net om met King Price Insurance hande te vat en bietjie materiaal daar buite te sit wat anders is en waaroor mense sal gons terwyl hulle lag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }So toe ‘Movember’ nader kom het Stephan-hulle voorgestel dat ons saam met Peter de Villiers werk, omdat hy die toonbeeld is van die ideale snor. Ons het dit toe goed gedink om sy snor as ’n metafoor vir rugby te gebruik. Dit is ’n lekker manier om te sê wat almal dink oor die huidige toestand van SA-rugby en om dit in ’n snaakse manier te doen werk nog beter.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Dit begin altyd met ons twee wat bymekaarkom om idees rond te gooi. Daar is gewoonlik een of twee wat uitstaan en dan explore ons dit ’n bietjie verder. Dit werk lekker om saam te werk, omdat ons mekaar op ons tone hou – ons challenge mekaar baie wat komedie aanbetref en ons probeer ook altyd vis vir die snaaksste oomblik.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Ons het geweet hier gaan iets groot gebeur met dit, maar glad nie hierdie herrie verwag nie.
Dit wat gesê word in die sketse is alles wat almal te bang is om te sê. Vir die eerste keer is daar iemand wat reguit en eerlik praat oor dinge rondom SA-rugby en ons dink dit is wat mense so laat gons; hulle relate met dit omdat hulle dit self ook al gedink het.
Dit was ’n ongelooflike voorreg, hy het die beste stories van sy tyd as Bok-afrigter en hy is sommer net ’n lekker mens. Plat op die aarde, baie eerlik en iemand wat weet dat mense die belangrikste ding in die wêreld is, niks anders nie. Dit was baie humbling om in sy teenwoordigheid te wees.
Jy moet hom snoei sodat hy kan groei. Dit is soos om ’n kind pakslae te gee; jy doen dit sodat hy kan leer en groei.
Magnum PI asook Colonel Saunders van KFC.
Lipbesem, Liplapa, Mondgras, Neusbesem …
Daar is nog twee op pad wat binne die volgende twee weke die lig sal sien. Kyk uit vir hulle want hulle is baie stout!
Dit is die video wat almal laat gons!
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.