kategorieë: InspirasieJou lewe

Plek van stilte: Temenos, McGregor

1. In ons leefwêreld is stilte nogal skaars. Wat is die waarde daarvan?

Omdat Temenos nie aan spesifieke geloofsoortuigings verbind is nie, kom gaste om ’n wye verskeidenheid redes hierheen – onder meer om van spanning ontslae te raak, op ’n “mindfulness practice” te fokus, of ’n kontemplatiewe Godsbelewenis te verdiep. Eenvoudig gestel beteken stilte om vrede en rustigheid (die sagter stel van die volumeknoppie van die lewe) te omhels. Watter verligting om ’n keer die “Af”-knoppie te druk en diep asem te haal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hier is enkele van die talle voordele van stilte:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • Stilte laat jou toe om jouself te vertrou. Jy skep die ruimte om na jou binnestem te luister. As jy jou hart “hoor”, leer ken jy jou unieke stem. Jy word jou eie leermeester.
  • In stilte vind jy rus. Jou liggaam neem ’n rustiger ritme aan. Jou hart klop stadiger. Jy word uitgenooi om in die oomblik te wees en met jou essensiële self kontak te maak. Die behoefte om iets te doen of iewers heen te gaan verdwyn. In ’n sekere sin is dit salig om die eindelose beheer wat ons oor onsself uitoefen te laat gaan.
  • Stilte laat ’n innerlike sekerheid ontwikkel. Die wêreld mag om ons ore lawaai, maar as ons vriende is met stilte, ontdek ons ’n innerlike toevlugsoord – ’n plek van ongewone veiligheid.
  • Stilte kan balans herstel. Ons word so gedryf deur dit wat ons moet doen, dat ons vergeet om somtyds net te wees. Dikwels word ons “human doings” pleks van “human beings”.
  • Stilte vuur ons kreatiwiteit aan. Wanneer die meedoënlose beheer van ons alledaagse lewe skiet gee, stel ons ons oop vir nuwe idees. In die stilte is daar ruimte om te wonder, en vir die spontane om na vore te kom.
  • As ons ’n “mindfulness” of kontemplatiewe dissipline volg, laat die stilte ons besef hoe meedoënloos ons vasklou aan afleidings (distractions) en pynlike gedagtes wat ons alledaagse lewens baie keer saboteer.
  • In die stilte hoor ons die roeringe van ons harte, en drome wat na volvoering hunker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Watter rol het stille kontemplasie deur die eeue gespeel?

In beide die oosterse en westerse spirituele tradisies is die behoefte aan stilte en stilword nog altyd gerespekteer. Of jy op soek is na ’n praktiese manier om innerlike vrede te vind, en of jy begeer om jou verhouding met jouself en met God te verdiep, sluit jy aan by mans en vroue wat deur die eeue besef het dit doen hulle goed doen om hulle in stilte terug te trek.

3. Hoekom het ons innerlike kontemplasie nodig?

Dis ’n grootse vraag. Een eenvoudige antwoord is dat innerlike kontemplasie ’n manier is om van die valse self na die ware Self te beweeg. Om dit nog eenvoudiger te stel: ons leef almal met gedagtes en idees wat pyn en lyding veroorsaak. Die kuns om weg te staan van hierdie gedagtes en met die vrede ín ons  kontak te maak, is lewensveranderend. Dis soos om wakker te word en die “vrede wat alle verstand te bowe gaan” te vind. Ek dink nou aan die pragtige woorde uit die evangelie: “Be still and know (experience) that I am God.”

4. Wat is ’n “retreat”?

Dis ’n geleentheid om die holderstebolder aspekte van die alledaagse lewe te systap en te luister na stilte, na die lied van die hart, na die diep vrede wat ons bedoel is om te omhels. Party mense vind hierdie vrede in die natuur (soos in die berge of die woestyn), maar eeue lank word dit ook gevind in kloosters, ashrams, gevind, of plekke wat daarop ingestel is om innerlike groei of vervulling te voed. “Retreats” moedig meestal eenvoud, stilte en afsondering aan.

5. Vertel meer van die individuele “retreats” wat ’n mens by Temenos kan ervaar, asook die rol van spirituele leiding of begeleiding.

By Temenos het ons verskeie soorte “retreats”.  Hulle fokus meestal òf op ’n “mindfulness practice’ óf op ’n innerlike groei-ervaring. Die stil “retreats” begin gewoonlik met ’n openingsessie waartydens die deelnemers die stilte sagkens omhels. Elke dag het ’n program wat meditasie en joga-sessies insluit, stil oordenking en gebed, vroegoggendwandelinge in stilte, en spesiale rustye.  By Temenos moedig ons gaste aan om die liggaam, siel en verstand te ag, en daarom bied ons stil liggaamsterapieë aan. Niemand word gedwing om enigiets te doen wat hulle ongemaklik laat voel nie. Die doel van die program is om ’n “sagte” ritme aan die dag te gee. Balans is ’n kuns wat nagejaag en gekoester moet word.

Daar is heeltyd “retreat directors” beskikbaar indien iemand die behoefte sou hê om oor hul ervaring hier by Temenos te praat. Wanneer stilte jou omhels, kom nuwe idees of uitdagings soms na vore. Ons wil graag hê ons gaste moet vry voel om hul belewenisse te deel. Ons probeer ook om gaste wat met meditasie of kontemplatiewe gebed sukkel te help. Ons is nie voorskriftelik nie, en ons lewer insette as “helpful companions”.

6. Hoe sou jy ’n formele “retreat” beskryf?

Dis wanneer daar ’n formele program (’n daaglikse roetine) is, en ’n direkteur wat die “retreat” fasiliteer. Op ’n formele “retreat” val die deelnemers gewoonlik in by die program. Daar is altyd ’n doel of intensie agter die “retreat”, soos om ’n meditasiepraktyk, jou bewustheid, of jou verhouding met die Goddelike te verdiep.

7. Vertel asb van julle verskillende soorte “retreats”

Ons bied ’n wye verskeidenheid “retreats”.  Sommige is stil en “gentle”, ander is op ’n “mindfulness practice” gegrond.  Ons bied talle innerlike groei-“retreats” asook joga, Nia, Alexandertegniek en kreatiewe  “retreats”. Gaan kyk gerus op die webwerf www.temenos.org.za

8. Watter voordele lys deelnemers na ’n formele “retreat”?

Ek dink elke “retreat” is by uitstek ’n persoonlike belewenis. Dis meeste van ons deelnemers ervaar ’n diepgaande innerlike verskuiwing in die rigting van vredigheid of kalmte, of die gewaarwording dat hulle meer in die oomblik is, meer lewendig voel, of “wakkerder” voel.  Party verwerf nuwe insigte in hulself of beleef genesing op verskillende vlakke.

In die westerse tradisie gebruik Christene stil “retreats” om hul bewustheid van en verhouding met God te verdiep. Meestal voed en hernu die stilte hul geloof. (By Temenos verwelkom ons mans en vroue van verskillende spirituele rigtings. Die skoonheid van stilte stel besoekers in staat om nie vasgevang te raak in redenasies of vergelykings nie.) Ek noem Temenos baie keer ’n ‘Garden of the Beloved’ – hier waar stilte en die hart voorop staan, praktiseer ons verdraagsaamheid en deernis vir mekaar.

9. Watter voordele lys deelnemers na ’n individuele “retreat”?

Dagbesoekers en dié wat nie “retreat” nie, word aangetrek deur die stilte en rustigheid van ons tuine. Interessant genoeg kom ongeveer 60% van ons besoekers na Temenos om hul eie ding te doen, en stil te wees. Ons het daagliks meditasie, wat altyd opsioneel is. Ons het ook talle gewyde, stil ruimtes wat vir refleksie en gebed opsy gesit is. Die enigste reël by Temenos is om jou eie innerlike reis stilweg te eerbiedig – en dus ander se reis ook te eer.

10. Vertel wat jy voor Temenos gedoen het, hoe dit ontstaan het, en wat dit vir jou beteken.

Ek het baie jare studeer om ’n priester te word en ’n ruk lank saam met Moeder Teresa se orde gewerk. Ek het egter besluit om nie met ordinasie voort te gaan nie, aangesien ek altyd ’n wye visie in my siel ervaar het. Deur die loop van baie jare se studie en spirituele praktyk het ek besef elkeen van ons word genooi om ’n “sacred way” te bewandel, en dat goedheid en deernis en liefde diep in ons harte gewortel is – as ons onsself net die tyd en spasie (die stilte en stil-heid) gun om hierdie gawes te laat blom en floreer.

“We support and nurture the gift of silence for in silence we begin to know ourselves and rediscover our deepest longings”

Meer inligting en foto’s by www.temenos.org.za – gaan kyk gerus na “About”, en klik op “our name” om iets van die gees van Temenos te ervaar.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.