kategorieë: Bekendes

Bouwer Bosch se pleidooi

Die laaste onderhoud wat ons met jou gedoen het vir rooi rose digitaal, was oor jou en Bennie Fourie se videoparodie. Ons het ’n voëltjie hoor fluit dat julle aan ’n nuwe projek werk?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons was baie tevrede met die sukses van die videoparodie! Dit was baie pret gewees om die reaksie van die mense te sien. Ek en Bennie het intussen ’n film gemaak met die naam “Vuil Wasgoed” wat in Desember vanjaar uitkom, so ons vriendskap en kreatiewe verhouding staan nog sterk. Daar is ook nog ’n hele paar snaakse video’s wat hierdie jaar gaan uitkom …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Bouwer Bosch & Bennie Fourie gesels oor nuwe projek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Bouwer Bosch bou eerder as breek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer van jou nuwe solo-album, Hopelik.

Ek het saam met die skrywers Peach van Pletzen, Matthieu Auriacombe, Almero Welgemoed en William Loots op die album gewerk. Ek het besluit om myself te omring met mense beter as ek en dit was ’n great spanpoging. Ons het ongeveer 6 maande aan die hele projek gewerk, tussen die opname moes ek nog Jagveld ook shoot so daar was ’n bietjie onderbrekings. Die klank is definitief uniek en iets anders en ek is baie trots op die projek.

Lees ook: Ons is opgewonde oor JAGVELD

Jy beskryf Pleidooi (die tweede enkelsnit op die album) as volg: “Die liedjie gaan oor daardie een persoon wie se liefde jy nie verdien nie. Liefde is kompleks, maar iets wat almal kan gee en ervaar.” Wie het hierdie woorde geïnspireer?  

Ek en Almero het die lied geskryf en dit gaan maar oor almal se insecurities rondom liefde. Ons hunker so na liefde maar tog verwerp ons dit in dieselfde asem. Dis moeilik om weerloos te wees maar dis juis wanneer ons weerloos is wanneer ons in ’n mate genees word.

Kyk hier na die musiekvideo van Pleidooi:

Wat beplan julle vir die bekendstelling van die album?

Ons het ’n hele paar shows wat regoor die land gaan plaasvind, ’n paar feeste wat ons tref asook ’n hele paar video’s waaraan ons werk.

Wat maak hierdie album anders as jou vorige albums?

Ek dink die genre is iets anders, dit is rou akoestieke klanke gemeng met elektroniese klanke. Ons wou iets doen wat anders is en wat mense nog nie gehoor het nie. Peach (vervaaardiger) het my baie uitgedaag om anders te sing, om minder hees en met ’n skreeu-aanslag te sing en dit is iets wat ek van nou af meer probeer doen.

Waarom die titel Hopelik?

Dit gaan maar daaroor om nie die heeltyd te sê “hopelik sien iemand my raak” of “hopelik kry ek die werk” nie. Ons het nogal geneig geraak om te veel ons drome en planne in ander se hande te sit en te hoop iets gebeur. Ek het van vroeg af besef niemand glo in jou nie, en jy moet maar jou eie drome laat waar word.

Jou liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen, is baie gewild. Vertel ons meer daarvan.

Ons verkoop goedere en gebruik dan ’n gedeelte van die winste om projekte aan te pak wat mense se lewens verryk. Die organisasie is nog ’n groeiende een en ons leer nog en maak baie foute. Die beste ding van Liefde Wen is egter dat mense so hardloop met die boodskap, dat mense inkoop in dit en dat mense regtig in die boodskap glo. Liefde Wen glo in baby steps and small victories en al kry ons soms nie die dinge reg wat ons aanpak nie, is dit als deel van die lewe.

Besoek die Liefde Wen-aanlynwinkel hier

Wat wag nog vir Bouwer Bosch in 2017?

Ons bring ons film Vuil Wasgoed in Desember uit, ons skiet ook ’n ander film in Julie en dan tussen dit alles deur toer ek ’n bietjie en probeer ek ’n paar Liefde Wen-projekte aanpak.

Beskryf jouself in 10 woorde.

Opgewonde, hardwerkend, dromer, siener, slaper, pesimis(soms), uitdager, optimis, verkenner, luisteraar.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.