kategorieë: Ons menseBekendes

Brad Pitt skitter in Ad Astra

Brad Pitt skitter in Ad Astra deur Corlia Fourie. Foto’s verskaf deur Nu Metro/ 20th Century Fox

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Na die sterre!

Daar is deesdae al hoe meer belangstelling in ruimtereise, waarskynlik omdat dit nou lyk of dit dalk binnekort binne bereik van gewone mense gaan wees. In 2021 bv. sal dr. Adriana Marais (Suid-Afrikaanse teoretiese fisikus) saam met haar Proudly Human-span vir die hele winter (nege maande) in Antarktika gaan deurbring ter voorbereiding van die eerste buite-aardse nedersetting.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

AD Astra (Latyn vir “na die sterre”) is die naweek in die spesiale Nu Metro 4DX-teaters uitgereik, asook in gewone fliekteaters landswyd. Wanneer die verhaal begin, leef ruimtereisiger Roy McBride (puik vertolk deur Brad Pitt) in die skadu van sy legendariese pa Clifford (Tommy Lee Jones). Hy is melankolies, in ’n tyd dat ruimtereise ordinêr geword het, veral omdat Clifford hom as kind verlaat het. Clifford het nie net vir Roy nie, maar inderdaad die aarde verlaat om in ’n ver deel van ons sonnestelsel  – in ’n ruimtestasie anderkant Neptunus – na kunsmatige intelligensie te gaan soek. Clifford het alle kommunikasie met sy seun en ook met almal op aarde verbreek en niemand weet eintlik wat hy doen en of hy nog leef nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Toe elektriese golwe uit die ruimte die aarde tref en verwoesting saai, moet Roy na sy pa gaan soek. Dié soektog is vir pragtige ruimtetonele sowel as heelwat spanning verantwoordelik. Daar is onder meer ’n roekelose gejaag met maan-buggies en onverwagse aaklige dinge in die ruimte.

Anders as baie ander onlangse ruimteprente wat bitter vreemde wêrelde optower, is die tonele in dié prent geloofwaardig. Tonele wat op die maan verfilm word, lyk soos foto’s van die maan wat ons al almal gesien het.

Die 4Dx-teaters met spesiale bewegende stoele en effekte soos blitse, water, wind en mis om die kyker te laat voel asof hy binne-in die aksie is, is in die Nu Metro Waterfront (Kaapstad), The Pavilion (Durban), Menlyn Park (Pretoria), Hyde Park Corner en Emperors Palace (Johannesburg) en Cornubia Mall (Umhlanga/Mount Edgecombe).

As jy elke paar sekondes vreemde wêrelde en avontuur verwag, is dit dalk nie die prent vir jou nie. Maar as jy ’n goeie spannende rolprent met voortreflike kamerawerk en goeie spel sowel as ’n geloofwaardige verhaal wil beleef, is dit ’n prent wat jy nie moet misloop nie.

Brad Pitt skitter in Ad Astra

Loer hier na die amptelike lokprent

Vir nog lekker doendinge, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.