kategorieë: InspirasieJou lewe

Brain Harmonics-gevallestudie: ons vyfjarige sê “Mamma”

“Kry jou brein in rat” in die Mei 2017-uitgawe van rooi rose handel oor Brain Harmonics. Hieronder beskryf Amelia Gibson in September 2014 die rol wat Brain Harmonics gespeel het toe hul vyfjarige seuntjie die eerste keer “Mamma” gesê het:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vyf en ’n half jaar terug is ons lewendige babaseuntjie gebore.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons het presies geweet hoe ouerskap sou werk. Ons sou hom onvoorwaardelik liefhê, sy suikerinname beheer, elke dag met hom speel, en deur boeke ’n spesiale band met hom vorm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het my ’n geselserige seuntjie voorgestel – nes ek en my man, Stanford, kleintyd was – ’n klein ontdekker, ’n miniatuursamestelling van sy ma en pa. My man het gesê ek moet ophou om ’n lewe vir hom te skep voor hy nog kans gehad het om dit ’n jaar lank self te doen! En toe … het hierdie waarskuwing nie eens ter sprake gekom nie.

Een dag het my seuntjie doodstil op die bed gelê. Ek het iets laat val en terwyl hy intens op my fokus, het ek gesê: “Uh oh!” en vir hom geglimlag. Sonder om terug te glimlag, het hy “uh oh!” ge-eggo. Vir my was dit ’n uitgemaakte saak dat ek ’n geniale seunskind in die huis het. Maar dit was die laaste “woorde” wat ek jare lank uit sy mond sou hoor. Hy was drie maande oud.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit was die laaste “woorde” wat ek jare lank uit sy mond sou hoor.

Voor hy twee was, is ons seun met serebrale gestremdheid en mikrokefalie gediagnoseer. Dis pynlik om aan die trauma van daardie jare terug te dink, omdat ek my kan voorstel dat ander ouers vandag nes ons daardeur gaan – alleen. Verskeie duur kenners kon ons nie veel meer bied nie as donker, angswekkende voorspellings van ons kind se toekoms. Volgens hulle sou hy die beste vaar in ’n tehuis vir mense soos hy.

’n Sprong na ’n paar jaar later bring my by ’n “toevallige” kennismaking met Brain Harmonics op die internet. Omdat mikrokefalie ’n breintoestand is, lees my oog die woord “brein” oral raak.

Ons seun is geëvalueer en het met Brain Harmonics-sessies by Lize Maritz begin. Hy het daaraan gewoond begin raak. Was daar enige verbetering, enige verandering? Niks wat ons kon sien nie – maar ons het al geleer om geduldig te wees met ons bondeltjie vreugde. Ná ’n paar sessies het hierdie seuntjie, hierdie wippende, huppelende seuntjie, my egter “Mommy” begin noem! Daar is maar min woorde, miskien ’n sekere soort traan, wat kan beskryf wat ’n ma ervaar wanneer haar seunskind van vyf en ’n half daardie woord vir haar sê. Hy het stadig begin en dit hier en daar gebruik, maar elke keer het dit my ontroer.

Tuis het die proses om hom van die doeke af te haal egter tot stilstand gekom. By die skool het dit nog voortgegaan en ek veronderstel dit was darem iets, maar die gedagte aan ’n twaalfjarige wat doeke dra, was geen plesierige vooruitsig nie.

Aan die ander kant was daar nou ’n meer gefokusde kind in die huis. ’n Kalmer kind. ’n Groot kontras met die kind wat fisiek nooit vir langer as ’n minuut gaan sit het behalwe om na ’n DVD te kyk nie. Ons seun was altyd besig om te hardloop, te wip, te spring, te klim, op te skeur, af te breek, te skree, te lag, te strek, te spoeg, te blaas, te gryp … heeldag lank, elke dag. Dis nie dat hy stout was nie; hy het net soveel kompulsies en afleidings beleef dat dit moeilik was om veel met hom uit te rig.

Ons het elke dag soos idiote geglimlag. Dit was wonderlik.

Daarom het ons die kalmer, meer gefokusde kind met ope arms verwelkom. As ons daagliks by hom gesit het om sy huiswerk te doen, het ons mekaar saggies geroep “om te kom kyk wat hy nou kan regkry.”

Ons het elke dag soos idiote geglimlag. Dit was wonderlik.

En toe – onvoorsiens – het die sessies tot stilstand gekom. Vir vyf sessies in ’n ry wou ons seun glad nie deelneem nie. Hy het die proses keer op keer beveg en net toe ek begin wonder of dit die einde was, het Lize, ons wonderlike Lize, ons gehelp om “oor die hobbel te kom”, soos sy dit genoem het.

Verbeterings

Hier is ’n paar dinge wat verbeter het en sedertdien so gebly het:

  • Harper se woordeskat het vergroot en ook sy begrip van wat hy sê. Hy herhaal woorde nie meer soos ’n papegaai nie.
  • Sy uitspraak het verbeter.
  • Hy boots meer na.
  • Hy is onafhankliker en het meer selfvertroue – hy wag nie net dat hy gehelp word nie.
  • Sy sosiale vaardighede is soveel beter. Hy maak meer dikwels oogkontak en kommunikeer en interreageer met sy ouderdomsgroep. Vroeër het dit gelyk of hy ander kinders as voorwerpe beskou, en hulle meestal ignoreer.
  • Harper leer om sy speelgoed en tablet te deel, en om sy beurt af te wag.
  • Sy frustrasievlak is laer. Voorheen het sy onvermoë om te kommunikeer hom geweldig frustreer omdat hy dit geniet om verstaan te word en sy behoeftes vervul te kry.
  • Harper is meer bewus van homself, en sy ruimtelike persepsie van sy liggaam het verbeter.
  • Hy klim nou trappe een vir een, pleks daarvan om albei voete op elke trap te sit.
  • Sy ooghandkoördinasie is beter.

Die Brain Harmonics-sessies is nou weer goed aan die gang. Laas Vrydag het ek hom by die skool gaan haal, en toe hy my sien, skree hy: “Mommy!” Hy het na die juffrou gedraai met: “My mommy!” My oë was vol trane omdat my seun – wat ek geglo het vasgevang, geïsoleer en uitgesluit is deur sy kondisie – besig is om ’n pad na ons te vind.

Ons het nooit moed opgegee met hom nie, en duidelik het hy ook nie.

Kinders met spesiale behoeftes is so spesiaal dat ek nie kan glo dat ons die etiket “verkeerd” om hul nekke hang nie. Daar is soveel uitdagings, en soos enige ander ouer begeer ons maar net ’n kind wat in hierdie wêreld kan funksioneer en op sy eie bene kan staan.

Ons het nooit moed opgegee met hom nie, en duidelik het hy ook nie.

Ek kan Lize en Brain Harmonics nooit genoeg bedank vir wat ons alreeds ervaar het nie. Mense wonder oor die tyd en geld wat in die sessies ingaan. Wat sou ’n ouer nié doen om hul kind te help kom waar hulle hom graag wil sien nie? Hoeveel ure is te veel? Ek voel asof ons uiteindelik ons séún ontmoet, nie net sy kompulsies nie. Sover was dit ’n ongelooflike belewenis.

Die toekoms lyk helderder as ooit. Ek het geweet hierdie dag sou kom solank ek nie moed opgee nie. Ek het net nie geweet die sleutel na hierdie deur sou Brain Harmonics wees nie.

Stanford en Amelia Gibson, September 2014.

Brain Harmonics-praktisyns Kerry Rudman en Lize Maritz werk in Kaapstad, Durban, Johannesburg en Pretoria en reis ook volgens behoefte: 076 4343 252, brainharmonics@gmail.com of Facebook – sien ook Twitter (@brainharmonics). Agentskapgeleenthede beskikbaar.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.