kategorieë: Reis

Breek weg na die lang roete huis toe

As jy van die Moederstad na Gauteng reis en met die N12 oor Kimberley ry, kan jy asem skep by die Mokala Nasionale Park.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op dié manier vermy jy nie net die tolhekke nie, maar jy kry ’n kans om vakansie te hou op jou roete na jou vakansie. Die park bied ’n heerlike twee tot drienag oorstop as jy op pad is na van die meer noordelike parke. Daar is twee ingange na Mokala op pad van Kaapstad op die N12. Die eerste afrit van die N12, op die regterkant ry na Lilydale (37 kilometer suid van Kimberley) en die tweede afrit is by die Heuningneskloof kruising – jy draai regs tot by Mosu en die hoof ontvangs (57 km van Kimberley). In die park is daar ’n grondpad (26 km) wat Lilydale aan Mosu verbind. Die park kan gekontak word by 053 204 0158.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Voel jy na ’n tweede stop? Die Karoo Nasionale Park is ’n gerieflike oorstop op die N1-roete tussen Kaapstad en die binneland. Kaapstad is 500 km suid van die park terwyl Johannesburg sowat 1 000 km noord van die park is. Die ruskamp van die park is 12 km van Beaufort West in die Wes-Kaap net af vanaf die N1 hoofweg. Die park kan gekontak word by 023 415 2828 / 9.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir besprekings besoek www.sanparks.org of gegruik die sentrale besprekingsdiens by 012 428 9111 of 082 233 9111.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.