kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 5

Soet tee

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Hier is vir jou soet tee. My ma sê altyd mens kan die wêreld se probleme oplos met ‘n koppie soet tee.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Liesl kyk op na die veearts se assistent. Haar hare is geteez. Soos die haarstyle van die sestigs. Die stywe jean en toppie beklemtoon wulpse, gespierde kurwes. Van agter kan mens ‘n G-string met diamante-detail by die jean sien uitsteek. Sy het ‘n skoenlapper-tatoe op haar rug, nes Isa.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek is Roxy. Moenie worry nie, Dok Harry sal jou hond deurtrek. Hy het ‘n pel van Onderstepoort laat kom wat n goeie chirurg is. Kan ek iemand bel om jou te kom troos?”

Liesl besef vir die eerste keer die ander rower is weg met haar rugsak met haar beursie en foon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“My foon, ek het nie meer my foon nie.”

Roxy kom sit langs haar en haar swetterjoel armbande klingel terwyl sy haar bruin gepierde arm om Liesl se skouers sit.

“Dis ok jong, wie kan jou kom help om die bankkaarte te stop. Ek sien jy is bietjie gerattel. Wat van jou kar? Waar is dit? Nog by die park?”

Liesl kan nie Emily se nommer onthou nie. Al nommer wat haar skokbenewelde brein kan produseer, is Konrad s’n. En Konrad is die laaste mens wat sy nou wil sien. Maar dit kan nie anders nie. Sy skryf die nommer neer.

“Meneer Bruwer? Dis dr Van Wyk se spreekkamer. Daar was ‘n rooftog. Ons het Liesl hier …Nee sy is nie beseer nie, dis die hond… sy is ok, net baie skok …”

Na ‘n halfuur bars Konrad by die deur in. Isa trippelend op sy hakke.

“Liesl! Wat het gebeur? Wat de hel soek jy in daardie deel van die park!”

Roxy is ‘n lang meisie. Sy kom plant haar voor Konrad en druk een van haar nail art vingers onder sy neus.

“Hokaai Cowboy! Die girl ly aan skok. Is jy hier om te help of om te skree!”

Konrad retereer voor die aanslag van die jong Action Barbie. Isa trippel senuagtig agter Konrad rond.

“Jy kan nie so met hom praat nie!” Kef sy.

Roxy is in beheer van die situasie. Sy kyk Konrad stip.

“Is jy Meneer Bruwer?”

Konrad vererg hom duidelik. “Ja en gee pad dat ek … my eee … eksvrou help.”

“Ja, gee pad,” Kef Isa.

Roxy kyk na Liesl.

“Dis… eeee… Isa, Konrad se vriendin,” stel sy voor.”

“Oraait, Liesl, laat weet my as jy hulp nodig het.”

Liesl sit gelate en luister hoe Konrad haar bankkaarte stop.

Herman kom die vertrek binne en Liesl spring op.

“Maks het baie seergekry. Die koeël het sy kolon gepenetreer en sy heupbeen gebreek. ‘n Vriend van my, Ignatius Van Rooyen van Onderstepoort, is hier om te help, dit gaan ongelukkig duur wees. So R25 000. Kan ons voortgaan met die operasie of moet ons hom laat slaap?”

Liesl bars in trane uit. Sy probeer praat, maar Konrad onderbreek haar.

“Ek sal alle onkoste betaal… ekskuus, ek is Konrad Bruwer, Liesl se man … eksman.”

Isa gaap van skok. “R25 000! Konrad! Is jy mal! Dis nie ons hond nie!”

Sy kwetter histeries en Liesl kyk na die enigste oord van hulp binne haar beskikking. Roxy.

“Kom nou, kom nou, Skat, laat die grootmense hulle besigheid klaar praat…” Sy kyk waarskuwend neer op Isa.

“Konnie! Hoor hoe praat sy met my… Konnie?”

Maar Konrad staan eenkant met Herman en praat.

Liesl probeer opstaan, maar al die opwinding is waarskynlik te veel vir haar. Sy sak op die vloer inmekaar…

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.