kategorieë: Ons menseBekendes

Brent Lindeque: Mnr. Goeie Nuus

*Hierdie artikel het in die November 2015-uitgawe van rooi rose verskyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Brent Lindeque (30) is ’n bondel energie. Ná twee uur in sy geselskap voel jy verfris, geïnspireerd en vol nuwe planne vir ’n beter Suid-Afrika. Hy het immers gewys dis moontlik om 90 miljoen mense by ’n sosiale mediaveldtog van goeie dade te betrek deur een enkele video van ’n paar minute lank.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nou is hy bekend as die Good Stuff Guy wat weekliks ’n program met goeie nuus op die aanlynstasie CliffCentral aanbied, en wat mense inspireer met sy blog waar hy skryf oor aangrypende, goeie nuusstories van oor die hele wêreld. Brent is ook een van twaalf #NissanMagic-ambassadeurs wat die volgende twaalf maande saam met dié motorreus duisende Suid-Afrikaners in nood se lewe wil help verander. Hy is ook die brein agter SouthAfriCAN.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

En wat wil hy met al hierdie projekte bereik? “Ek wil die wêreld verander,” sê hy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar het jou #ChangeOneThing-veldtog begin?

Ek het op 30 Januarie 2014 ’n #Neknomination op facebook gekry. Jy weet, een van daardie uitdagings waarin jy moet kyk hoe vinnig jy ’n bier kan afsluk, en dan plaas jy ’n video daarvan op facebook en daag iemand anders uit om dieselfde te doen. Maar sosiale media is so vol negatiwiteit, en enige iemand kan ’n bier wegslaan – wat is nou moeilik daaraan? Toe dink ek ek wil eerder die kans gebruik om iets anders te doen, iets wat ’n verskil aan iemand se lewe kan maak. Ek het toe ’n toebroodjie, sjokolade en ’n koeldrank vir ’n bedelaar gekoop en die video daarvan op YouTube en facebook gesit. Ek het twee vriende uitgedaag om iets soortgelyks te doen en dit Random Acts of Kindness (RAK) genoem. En so is die RAK-beweging gebore. #ChangeOneThing is daaruit gebore.

Lees ook: RAK-nomination: Verander een ding, verander alles

Was jy verbaas oor die reaksie op jou RAK-video?

Verstom! Dit was die eerste video wat ek aanlyn geplaas het, en binne ’n halfuur het 301 mense daarna gekyk. Ek het gedink dis nogal nie sleg nie, en met my dag aangegaan. Daardie aand het ’n vriend my gelukgewens daarmee dat meer as 10 000 mense al na die video gekyk het. Die volgende oggend het meer as 100 000 mense al daarna gaan kyk. Daardie dag het my lewe vir altyd verander, want toe het internasionale media wêreldwyd my begin bel. Die volgende drie weke was ’n warboel van mediaonderhoude. Uiteindelik het meer as 780 000 mense gekyk, en al die nuusdekking daaroor het meer as 90 miljoen mense bereik. Onderhoude daaroor is onder meer op Ellen DeGeneres se program en The Today Show uitgesaai.

Jy het ook besef jy hou van radiowerk …

O, ja! Ek het besef hier is ’n geleentheid wat dalk net vir ’n rukkie na my kant toe gekom het, en ek moet dit deeglik gebruik as ek die wêreld wil verander. Ek het Gareth Cliff gekontak, en so is die Good Stuff-program op sy radiostasie gebore. Ek gebruik dit as ’n platform vir goeie nuus en liefdadigheidsaksies. Ek ervaar dat baie mense wil help, maar dat hulle nie altyd weet waar nie. Suid-Afrikaners is taamlik moeg vir slegte nuus, en dis wonderlik om al die stories van goeie dinge en goeie mense met hulle te kan deel. Ek doen ook ’n insetsel vir die televisie-kanaal CNBC.

Jy werk onverpoosd daaraan om minderbevoorregtes se lot te verander. Waar kom dit vandaan?

Ek het in Alberton grootgeword. Ek het ’n doodgewone, gelukkige kinderlewe gehad. Maar my ouers en my ouma het almal ’n groot invloed op my lewe en denkwyse gehad. My ouma het altyd mense in nood gehelp. My ma, Cheryl, is ’n wonderlike mens, en ek praat seker dertig keer op ’n dag met haar. My ouers is geskei, en ek is net so lief vir my stiefpa, Fred MacDougal. Ek noem hom ook pa. My eie pa, Phillip, was ’n wonderlike rolmodel. Hy het my geleer om die lewe voluit te leef, maar is tragies dood van serebrale malaria ná ’n vakansie in Mosambiek. As ek iets nuuts aanpak, vra ek my altyd af: sal dit wat ek nou doen, hulle trots maak?

Jy gebruik sosiale media meesterlik om jou projekte te bevorder, maar voel tog sterk oor die negatiewe aspek daarvan …

Mense besef ongelukkig nie dat iets wat jy aanlyn deel, die res van jou lewe kan beïnvloed nie. Ons het geen idee hoe magtig die Internet is nie. Wil jy regtig daardie video waar jy ’n bier wegslaan vir die res van jou lewe op die Internet hê? Of daardie gewaagde foto? Mense het al hul werk verloor en selfs selfmoord gepleeg nadat iets wat hulle op die Internet geplaas het, skeefgeloop het. Deesdae google werkgewers selfs die mense wat hulle vir aanstellings oorweeg. Voordat ek iets op die Internet plaas, vra ek my eers af of ek bereid sou wees om dit op die voorblad van ’n koerant te doen. As die antwoord nee is, plaas ek dit nie.

Lees ook: Pasop vir kuberskelms!

Lees ook: Facebook en die dood

Jy sê jy wil die wêreld verander. Waar sal jy begin?

By die uitroei van armoede. Het jy geweet dat 53% van Suid-Afrikaners daagliks moet kies tussen ’n toebroodjie vir middagete en geld vir ’n taxi? Daar is geen rede waarom mense so swaar moet kry nie – daar is meer as genoeg van alles in hierdie land dat ons mekaar kan help. Ons moet leer om anders na mense te kyk, om diegene te help wat hulself nie kan help nie. Al gee jy net ’n bietjie van dit wat jy het, kan jy die wêreld help verander. Ek wil malaria help uitroei – te veel mense sterf nog daaraan. En korrupsie! Ek kan dit nie verdra nie! En ek voel baie sterk oor kinders. Te veel van hulle verdwyn net in die spiraal van armoede. Ons moet hulle opvoed, en sorg dat hulle kos en blyplek en familie het. Al word jy ook net ’n vrywilliger by ’n kinderhuis – doen net iets!

Kinders en familie lê jou baie na aan die hart …

Seker omdat ek uit ’n hegte gesin kom. My lewensmaat, Andrew Ross, het die wonderlikste kinders wat ek as my eie beskou. Maxine is 17 en Matthew 11. Ek is mal oor hulle. Ek is op skool geboelie omdat ek gay is, en praat daarom ook by baie skole oor boelies. As ons kinders se lewe kan verander, kan ons die wêreld verander.

Lees ook: Kuberboelies

Wat geniet jy die meeste van jou bekendheid?

Dit gaan nie vir my oor my bekendheid nie. Die lekkerste is dat ek al hierdie wonderlike, inspirerende mense ontmoet – mense wie se stories regtig saak maak. Hulle inspireer en motiveer my en maak dat ek meer wil doen, meer wil wees en net nog meer vasberade is om van Suid-Afrika ’n beter plek te maak.

Jy is op die Mail & Guardian se 2014-lys van 200 invloedryke jong Suid-Afrikaners en is ’n LeadSA-held. Het jy ’n boodskap vir ons lesers?

S.A. is ’n land met baie geleenthede, maar ons moet dit ontgin. Wees positief – omring jou met positiewe mense, sorg dat jy positiewe mense op sosiale media volg. Moenie net dink en praat oor wat jy wil doen nie. Doen dit net! En jy hoef nie geld te hê om ’n verskil te maak nie. Gee van jou tyd, leer iemand ’n vaardigheid.

Lees ook: Sosiale media: Bang vir blootstelling

Lees ook: Sosiale media se flaters

Lees Brent se inspirerende blog by www.goodthingsguy.com.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.