kategorieë: Ons menseBekendes

Brett Shuttleworth op ‘Laataand by Rian’: “Vandag leer ek mense om gelukkig te wees”

In sy jonger dae was hy ’n model wat in New York op ’n advertensie op Times Square gepryk het. Hy het professioneel rugby gespeel en ’n loopbaan in Hollywood het gewink. Maar vandag skets die 53-jarige Brett Shuttleworth se lewe ’n heel ander prentjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Brett was Rian van Heerden se gas op Laataand by Rian, en hy het openlik gepraat oor sy soeke na meer in die lewe. “Jy raak heeltemal in jouself vasgevang,” het hy erken oor sy lewe as model.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hy het vertel van ’n keer wat hy met ’n goue deurtrekkertjie op ’n loopplank was en gedink het: Hierdie is nie wie ek is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy was in sy vroeë dertigs toe hy in San Diego, Kalifornië, ’n paar aande in die tronk geslaap het nadat hy vir oproerige gedrag in hegtenis geneem is. In die tronk het hy ’n Meksikaanse man genaamd Javier ontmoet en by hom het Brett ’n belangrike lewensles geleer: Jy is die skepper van jou realiteit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deesdae is Brett terug in Newcastle in KwaZulu-Natal waar hy ’n spirituele leermeester en motiveerder is. “Vandag leer ek mense om vreugdevol en gelukkig te wees,” het hy gesê.

Die ander gas op die program was Cobus Visser wat ook as “The Viking” bekend staan. Cobus is ’n bloeier, en dié siektetoestand het hom in ’n rolstoel laat beland. Maar met deursettingsvermoë en ’n ysere wil het hy met krukke begin loop en selfs Kilimanjaro uitgeklim. “Ek is op daai berg hergebore en het ’n nuwe mens teruggekom met nuwe passie,” het Cobus gesê.

Cobus is ’n motiveringspreker en spanbouer en glo mense sien mekaar nie genoeg nie. “Jy moet iemand in die oë kyk, hart teen hart staan en diep asemhaal,” was sy raad. “Jy het net een lewe – lewe hom voluit.”

Brett was diep geraak deur Cobus se verhaal en het met hom saamgestem dat selfaanvaarding uiters belangrik is.

“Om te leer om jouself lief te hê, is die betekenis van die lewe,” het Brett gesê.

Die volledige episode is op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Laataand by Rian word op Dinsdae om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Rolanda Marais oor vrouwees en nuus lees in Die nuusmakers

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy rooi rose se Junie-uitgawe móét lees!

  Waar rustigheid, vrede en liefde heers Hulle het op die stel van ’n…

18 hours Gelede

Raar kultivars by Kirstenbosch-proe vertoon

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts      Die wynwinkel, Wine Concepts se takke, het…

19 hours Gelede

Winterpastei

Hierdie basiese winterpastei bevat beesskenkels en word met skilferkorsdeeg gemaak. Stook solank die kaggel, gooi…

20 hours Gelede

Kaneelrolletjies met koffieroom

Begin reeds die vorige dag met die deeg, want dit moet oornag in die yskas…

20 hours Gelede

‘Die brug’ se twee nuwe deelnemers gooi die appelkar om

In episode 4 van kykNET se Die brug, net nadat Noord- en Suidhuis begin het om…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Lizelle Pike oor haar terugkeer na die verhoog as Ingrid Jonker

Daar is kunstenaars wie se woorde bly vlam vat lank nadat hul stem stil geraak…

21 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.