Resep deur Vickie de Beer. Foto Lee Schwagele van crphotographic.co.za
Genoeg vir 8.
Bestanddele
- 3 e (45 ml) botter
- 8 dik snye brood
- 1 ui, fyngekap
- 1 t (5 ml) fyngekapte vars knoffel
- 1 e (15 ml) vars tiemie, van die takkies gestroop
- 6 repies spek
- 1 k (125 ml) crème fraîche
- 1½ e (25 ml) Dijon-mosterd
- 2 k (500 ml) melk
- ½ t (2,5 ml) sout
- 12 eiers
- 500 g kersietamaties, op die stingel
- 3 k (200 g) beleë cheddar, gerasper
Metode
Verhit die oond tot 180 ˚C.
- Sit die snye brood op ’n bakplaat en bak vir 3-4 min. of tot goudbruin. Haal uit en hou eenkant.
- Bak die repies spek op dieselfde bakplaat tot net gaar (maar nie bros nie).
- Verhit 1 e (15 ml) botter in ’n pan oor matige hitte en braai die uie, knoffel en tiemie vir 2 min. daarin.
- Klop die crème fraîche, mosterd, melk en sout saam in ’n mengbak. Voeg die eiers een-een by en meng goed.
- Smeer ’n 22 cm x 34 cm-bak met 2 e (30 ml) botter en pak die roosterbrood daarin. Pak die spekrepies tussen die snye en skep die gebraaide uiemengsel en tamaties eweredig oor die brood. Strooi die kaas oor.
- Gooi die eiervla oor die broodmengsel en laat week vir sowat 30 min.
- Bak die broodpoeding vir 1-1½ uur of tot goudbruin en die eiervla gestol het. Bedek met foelie as die bokant te donker bak voor die eiervla geset het.
Lees nog:
Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

