Die suksesvolle en hoogs verwagte Brooklyn Bubbles keer in 2017 terug na Pretoria, dié keer uitgestrek oor twee dae – Vrydag en Saturdag (3 & 4 Maart). Die fees sal meer as 20 van Suid-Afrika se beste Méthode Cap Classiques insluit, asook sjampanje wat al die pad uit Frankryk ingevoer is! Vonkelwyne wat getoets sal word sluit in Avondale, Champayne Nicolas Feuillatte, Charles Fox, Domaine des Dieux, Champayne Taittinger, Luc Belaire, Villiera, Montpellier de Tulbagh, Genevieve MCC en Paul Rene.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Musiek, soesji, oesters, charuterie en ’n keuse van plaaslike en ingevoerde kase plaas die kersie op die koek. Dié fees beloof om ’n hoogtepunt op almal se sosiale kalender te wees. Kaartjies vir hierdie BBP (VIP)-gebeurtenis beloop R600 vir die Vrydag en sluit sjampanje en kos in. Saterdag se kaartjies beloop R300 per persoon en sluit toegang tot die fees, ’n komplimentêre proe-glasie en 15 proe-koepons in.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }• Waar: Brooklyn Mall (In ’n markiestent reg langs Tashas in Veale straat)
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }• Datum: Vrydag (3 Maart) vanaf 18h00 tot 22h00 en Saterdag (4 Maart) vanaf 12h00 tot 17h00
• Besprekings by www.webtickets.co.za
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• Sosiale media: #BrooklynBubble
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.