kategorieë: Ons menseBekendes

Janina Oberholzer gesels oor Wêreld Kankerdag

Wat verkies jy, radio of televisie?

My groot liefde is radio. Ek het op my eerste dag van universiteit by Tuks FM aangesluit. Drie jaar later het ek die geleentheid gekry om by Jacaranda FM te gaan werk. Ek was eers agter die skerms, en ’n paar maande later het ek weer agter die mikrofoon ingeskuif. Ek was van dag een af verlief op die medium. Deur net klank te gebruik om die luisteraar vasgenael te hou, is vir my die lekkerste uitdaging. Ek is ook dankbaar dat ek in my 10 jaar in die bedryf saam met wonderlike mense kon werk. Martin Bester, Barney Simon, Darren Scott en Rian van Heerden om net ’n paar te noem. Ek sal dit wat ek by hulle geleer het altyd koester. Wie weet, dalk is my terugkeer na radio net om die draai …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is die lekkerste deel van jou werk by Toks ’n Tjops?

Die wonderlike span saam met wie ek elke week kan werk. Ons is regtig soos ’n klein TV-familie. Vrydae op stel is altyd vir my ’n hoogtepunt. Ek is ook baie bevoorreg om van ons land se top sportmanne en -vroue, asook kunstenaars te ontmoet. Ek dink die lekkerste deel vir ons gaste is beslis Vaatjie se kos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Het jy nog altyd van rugby gehou?

Ek was nog altyd lief vir sport. Alle sport. Maar my liefde vir rugby het beslis tydens die 2007 Wêreldbeker versterk. My Pa was ook erg verbaas dat in ’n gesin vol WP-ondersteuners, en met my eerste besoek aan Nuweland op die ouderdom van 9, ek steeds die Blou Bulle ondersteun.

Hoe verseker jy dat mense jou ernstig opneem?

Ek doen my huiswerk. Ek lees baie en doen my navorsing. Wanneer ek in die ateljee instap, wil ek voorbereid wees … Sodat ek nie met ’n mond vol tande sit nie, en sodat ek selfvertroue het.

Hoe bly jy nederig?

My vriende, familie en my geloof hou my plat op die grond. My suster, Lianne, is eerste in die ry om my gou weer aarde toe te bring. Ons is beste vriendinne. Sy ken my baie goed. Ek is ongelooflik dankbaar dat ek my droom elke dag kan uitleef, en ek besef ook dat dit nie vir ewig is nie. Ek probeer hard dat die bedryf my nie verander nie. Roem was nog nooit iets waaroor ek gedroom het nie. Waaroor ek wel gedroom het, was om mense te vermaak. Ek is steeds dieselfde mens binne as wat ek op skool was, en dis te danke aan die mense naby aan my.

Hardloop en ry jy nog fiets? Wat is jou volgende uitdaging?

Wat is ’n nuwejaar sonder ’n nuwe uitdaging? Ek pak in Maart die Cape Town Cycle Tour aan. Dis te danke aan ’n “dare” deur Breyton Paulse. Ons is ’n groot groep wat die Cycle Tour vir liefdadigheid aanpak. Bobby van Jaarsveld, Breyton Paulse, Victor Matfield, Je-ani Swigelaar en Cindy Swanepoel (van Binnelanders-faam), onder andere. Vir iemand wat Graad 3 laas op ’n fiets was, is ek hard aan die oefen. Die week bestaan uit draf, spin-klas en fietsry. Maar my grootste uitdaging is om die fietsryskoene (cycling cleats) te bemeester. Alles vir liefdadigheid.

Jy is ’n ambassadeur vir PinkDrive. Vertel ons meer daarvan.

Ek het in 2016 vir Noelene Kotschan, die CEO van PinkDrive, by ’n Pick n Pay Womens Walk ontmoet, en het dadelik betrokke geraak. Ek het geweet dit is iets wat ek moet doen. Dis baie naby aan my hart. In September 2016 het my Ginekoloog abnormale selle op my serviks gevind. Ná ’n operasie en ’n biopsie het hy bevestig dat kankerselle wel teenwoordig is. Dit is dadelik verwyder. Ek is so dankbaar dat dit vroeg verwyder is, en dat geen verdere behandeling nodig was nie. En dit is die hoof leuse van PinkDrive: “Early detection saves lives”. Ek is “living proof” dat dit regtig die waarheid is.

Dames, maak seker jy besoek jou Ginekoloog gereeld. Kry ’n papsmeer. Gaan vir ’n mammogram. Indien jy nie een kan bekostig nie of jy weet nie wat die eerste stap is nie, besoek gerus www.pinkdrive.co.za. Hulle sal kan help.

Dink jy mense (veral vroue) is genoeg ingelig oor Borskanker?

Glad nie. Vroue moet ’n punt daarvan maak om maandeliks selfondersoek te doen. Weet wat die waarskuwingstekens is. Dis hoe jy jouself beskerm. Gaan vir jou mammogram. Moet dit nie uitstel nie. En dis nie net dames wat borskanker kry nie. Mans moet ook weet waarvoor om op die uitkyk te wees. Dis baie belangrik. Van jonk tot oud. En sodra jy dalk iets voel of sien wat nie pluis is nie, besoek dadelik ’n dokter. Hoe vroeër hoe beter. Dit kan jou lewe red.

Het jy al iemand aan kanker verloor?

My ouma is aan kanker oorlede. En my goeie vriendin se ma het aan die einde van 2016 haar stryd teen kanker verloor. Dis nooit lekker om iemand aan die dood af te staan nie. Ek bid vir elke persoon en gesin wat teen die groot K baklei. Mag kanker binnekort vir almal iets van die verlede wees.

Watter verskil hoop jy om met PinkDrive te maak?

As ek net een vrou of man se lewe kan red deur hulle aan te moedig om vroegtydig hulp te kry, dan is dit genoeg. Ek kan nie meer klem op dit lê nie. Early detection saves lives!

Wat gaan jy vanjaar op Wêreld Kankerdag doen?

Wêreld Kankerdag vind op 4 Februarie plaas. As PinkDrive-ambassadeur gaan ek die PINK DAY Eendag-wedstryd tussen die Proteas en Sri Lanka by die Wanderers-stadion bywoon. Dis die 5de PINKDAY ODI hierdie jaar, en ons hoop dit gaan groter wees as ooit.

Jy kan jou deel doen deur jou kaartjies vir die wedstryd te koop en op die dag pienk te dra. Jy kan ook ’n R20 donasie maak deur “CRICKET” na 40158 te SMS.

Wat wil jy nog bereik?

Oe! Daar is so baie dinge op my “bucket list”! Waar sal ek begin? Dalk net by die top 3 dinge op my lys: Om vir Roger Federer in aksie te sien. Om my eie reisprogram aan te bied. En om regtig ’n verskil in iemand se lewe te maak.

Wat is jou lewensmotto?

Moet nie bang wees om jou drome met mense te deel nie. Sê dit hardop. Jy weet nooit wie luister nie.

*Besoek pinkdrive.co.za om meer oor die waarskuwingstekens van borskanker uit te vind.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.