kategorieë: Kos

Brosgebraaide lendeskyf

Alida Ryder se bekende blog, Simply Delicious, is een van my gunsteling-kosblogs. Haar boek, Heerlik en Maklik: Hartskos is ook ’n staatmaker in my kombuis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“My ma was nie baie lief vir kos maak nie, maar so nou en dan wou sy ons bederf en het dan vir ons dié steaks gemaak. Sy het vroegmiddag al begin om die steak plat te slaan en dit was altyd so lekker om by die kombuistafel te sit en toe te kyk hoe sy die steaks vinnig in die meel, eier en dan weer in meel druk voor hulle in die warm vet gebraai word. Wanneer ek na haar verlang, is dit steeds die gereg wat ek die graagste maak.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

My ma se brosgebraaide lendeskyf

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• 4 lendeskywe (sirloin steaks)
• 500 ml (2 k) meel, met sout en peper gegeur
• 2 eiers, geklits
• olie vir braai
• suurlemoenskyfies
• groenslaai om mee te bedien

1 Slaan die steak met ’n vleishamer plat. Voorverhit 60 ml olie in ’n groot pan oor hoë hitte.
2 Druk die steaks eers in die gegeurde meel, dan in die eier en dan weer in die meel.
3 Braai tot goudbruin en gaar.
4 Sit op kombuispapier om die oortollige olie te absorbeer en sit dadelik voor met romerige kapokaartappels of bros gebraaide skyfies en ’n groenslaai.

Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.